Aktuele Ackermann praat padlangs by Harlequins

Johan Ackermann (Foto: Solidariteit)

Johan Ackermann (Foto: Solidariteit)

Dit kan aanvaar word dat die Lions-afrigter Johan Ackermann nie doekies sal omdraai nie wanneer hy eersdaags by `n geleentheid van Pretoria Harlequins optree.

Dis eenvoudig nie in die aard nie van die man wat die Lions die afgelope paar jaar sonder groot name uit relegasie uit tot in die Superrugbyfinaal gebrei het.

Ackermann sal 8 September saam met die gewilde grapjas van Radio Raps se Chat `n Bietjie Ball, Jonathan (Rikus de Beer), op die verhoog verskyn.

Chat `n Bietjie Ball is tans een van die voorste YouTube-sportprogramme met oor die 500 000 besoeke aan van hul topuitsendings.

Ben Eybers, Quins se voorsitter, sê dié uitsonderlike geleentheid by die Laerskool Tygerpoort sal nie gou in Pretoria geëwenaar word nie en geeneen wat ernstig oor rugby is, behoort dit mis te loop nie.

radio rapsTafels met tien sitplekke kos R4 500 stuk en dit sluit `n spitbraai-ete in. Dit begin 18:00 en `n kontantkroeg is beskikbaar.

Belangstellendes kan Eybers by 084 444 4321 bel.

♦ Quins het intussen toestemming gekry om `n Tshwane-tienmanrugbytoernooi op 28 en 29 Oktober op sy terrein in Groenkloof aan te bied.

Hierdie spel het in Maleisië ontstaan en word veral daar en in ander Oosterse lande soos Indonesië, Singapoer, Korea en Thailand gespeel.

Die voorste tienmantoernooi ter wêreld is die een wat sedert 1967 deur die Cobra-rugbyklub in Maleisië aangebied word. Dit vind jaarliks in November in Petaling Jaya plaas.

`n Tienmantoernooi word sedert 2009 in Kaapstad aangebied.

Die spanne bestaan gewoonlik uit vyf voor- en vyf agterspelers. Die reëls is soortgelyk aan dié van sewesrugby, en die Internasionale Rugbyraad, Wêreldrugby se voorganger, het dié variasie in 2010 gepubliseer.

Besonderhede sal later verstrek word, maar belangstellendes kan eweneens vir Eybers by bostaande telefoonnommer bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.