Alberts, Du Plessis gaan saam met Lions-trop toer

Die Lions vertrek môre op hul toer na Australië en Nieu-Seeland. (Foto: GB Jordaan)

Die Lions het tot dusver iets van alles in vanjaar se Superrugby-toernooi beleef. Hulle is heeltemal deur die Jaguares in Argentinië oordonder, terwyl hulle weer teen die Reds hul stem teruggekry het. Verlede week in Johannesburg het die Stormers egter weer hul harte met die wendrie in die doodsnikke gebreek.

Nou vertrek hulle môre vir hul toer na Australië en Nieu-Seeland, waar die Waratahs, Rebels, Blues en Highlanders op hulle wag.

Op verlede jaar se toer het die Johannesburgers vir die Chiefs in Hamilton ore aangesit, maar hulle het in die ander kragmetings teen die Crusaders en die Brumbies vasgeval.

  • Die toergroep:

Voorspelers: Willem Alberts, Jan-Henning Campher, Hacjivah Dayimani, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Len Massyn, Marvin Orie, Carlu Sadie, Marnus Schoeman, Ruben Schoeman, Sti Sithole, Dylan Smith, Vincent Tshituka, Wilhelm van der Sluys en Frans van Wyk.

Agterspelers: Andries Coetzee, Tyrone Green, Elton Jantjies, Dan Kriel, Manual Rass, Shaun Reynolds, Wandisile Simelane, Courtnall Skosan, Jamba Ulengo, Morné van den Berg, Andre Warner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.