All Black-keurders verras nie (wat anders het ons verwag?)

Wanneer Rassie Erasmus volgende Saterdag sy Springbokgroep van sowat 40 spelers bekend maak vir die komende toetse teen Wallis en Engeland, sal daar ’n groot gebrom wees, wees maar verseker daarvan.

Toe die All Black-afrigter, Steve Hansen, Sondagoggend sy All Black-groep van 33 spelers bekend gemaak vir die komende reeks van drie toetse teen Frankryk, was daar algehele eenstemmigheid.

Daar is net drie nuwelinge, Te Toiroa Tahuriorangi, Shannon Frizell en Jordan Taufua en daar is net een of twee vrae gevra oor die weglating van die Hurricanesvleuel Ben Lam en Akira Ione, woelwater-losvoorspeler van die Blues.

“Hy moet aanhou doen wat hy doen,” het Hansen die vraag oor Lam aan stuff.co.nz beantwoord. “Op die een of ander stadium sal hy gekies word.”

Ai, dit moet darem baie lekker om só span te kies en af te rig.

Geen inmengery, geen kwotas, geen druk nie, bestendigheid, eenstemmigheid, spelers wat jare gelede die basiese vaardighede geleer het: die resep vir wenrugby.

Wat weet ons van die nuwelinge af?

Taufau speel agtsteman vir die Crusaders en is een van hul werkesels; Shann Frizzel speel flank vir die Chiefs en Tahuriorangi is die Chiefs se skrumskakel.

Die Crusaders se kaptein, Sam Whitelock, neem die kapteinskap tydelik oor by Kieran Read, wat nog van sy rugoperasie herstel. Verskeie ander spelers soos Asafo Aumua, Dane Coles, Kane Hames, Nepo Laulala, Atu Moli, Patrick Tuipulotu en Israel Dagg is ook nie oorweeg nie,  want hulle is ook op die beseringslys.

Daar is 17 voorspelers in die groep (twee hakers, vyf stutte, drie slotte en sewe losvoorspelers) en 16 agterspelers (drie skrumskakels, drie losskakels, vyf senters en vyf heelagter/vleuels).

Die gemiddelde ouderdom is slegs 26 en daar is tien Crusaders, agt Hurricanes, ses Chiefs, ses Highlanders en drie Blues-spelers in die groep.

Die All Black-groep ‒
Voorspelers:
Nathan Harris, Codie Taylor, Owen Franks, Joe Moody, Tim Perry, Jeffery Toomaga-Allen, Ofa Tu’ungafasi, Scott Barrett, Brodie Retallick, Sam Whitelock (kaptein), Sam Cane, Vaea Fifita, Shannon Frizell, Ardie Savea, Liam Squire, Jordan Taufua, Luke Whitelock.
Agterspelers: TJ Perenara, Aaron Smith, Te Toiroa Tahuriorangi, Beauden Barrett, Damian McKenzie, Richie Mo’unga, Ryan Crotty, Jack Goodhue, Ngani Laumape, Anton Lienert-Brown, Sonny Bill Williams, Jordie Barrett, Rieko Ioane, Nehe Milner-Skudder, Waisake Naholo, Ben Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nakkie die Nar ·

Geluk en welgedaan met klassieke berig gewing Pieter, ouskool tiep van ding.
Belangrikste vir my is:
1. Ons weet presies wie is die 3 nuwelinge en hul agtergrond.
2. Steve Hansen (SUPERMAN!!!) , se redes EN aanmoediging vir diegenes wat uitgelaat is (SA moet dankbaar wees- en hoop- Lam word ook uitgelaat in vanjaar se Rugby Championship wat nog voorle).
3. Jou realis-idealistiese opinie soverre die stand van AB’s rugby, 10/10!
Ek kan voortgaan mar vir eers hokaai, bou hierop asb, jy maak ons geliefde Sport net sterker!

Spike ·

Wat kan mens sê oor sa wat nou ñ totale 3de werêld land is. Hier wil die politiekuste als beheer, maar wat ñ grap. Wens ons kon ook so span kies, maar dit sal nooit weer gebeur nie. Sodoende sal ons nooit weer ñ krag wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.