Een van die All Blacks se blinkste sterre sal voor Saterdag se toets in Durban na Nieu-Seeland terugkeer na aanleiding van `n voorval met `n vrou.
Dit het Woensdag bekend geraak dat die All Blacks se uitblinker skrumskakel Aaron Smith geskors is en nie Saterdag teen die Springbokke sal speel nie.
Hy was die afgelope tyd Nieu-Seeland se nommer een-keuse agter die skrum.
Luidens `n berig op die Nieu-Seelandse webwerf Stuff.co.nz is hy deur die spanbestuur vir `n wedstryd geskors om dat hy die All Blacks se gedragskode oortree het.
Smith is glo deur lede van die publiek betrap toe hy `n toilet vir gestremdes op die lughawe in Christchurch saam met `n vrou betree het.
Die skorsing word in `n boodskap op die All Blacks se Twitter-forum deur die afrigter Steve Hansen bevestig.
Hansen het by `n nuuskonferensie in Durban gesê die skrumskakel se gedrag is onaanvaarbaar.
Smith sal na berig word na Nieu-Seeland terugkeer “om die ophef te verwerk”.
In SA sou hy nou president geword het
Dit is hoekom hulle so goed is, alles begin by soos die engelsman se (discipline)
Wonder of die fluitjie blaser se lewensgeskiedenis skoon is. Wonder ook of hy nou trots is dat hy die storie wêreld nuus gemaak het. Hoekom is mense altyd so behep met wat ander doen.
As jy die hoogste kleure in jou land dra in ‘n sportsoort, dan is jy ‘n ambasadeur vir jou land. Dan gaan karfoefel jy nie in die lughawe se toilette nie, jy gedra vir jou waardig. Dis ‘n eer en ‘n trots en jy gaan in die anale van die geskiedenis boeke opgeteken word, so veel te meer vir die All Blacks wat ‘n nuwe onoorwonne rekord gaan opstel. Nou gaan verneder hy hom en sy span.