All Black toets positief vir verbode middel

Patrick Tuipulotu (Foto: radionz.co.nz)

Patrick Tuipulotu (Foto: radionz.co.nz)

`n All Black met 12 toetse agter die blad het positief vir `n verbode middel getoets en is voorlopig geskors.

Sky Sports berig Nieu-Seelandse Rugby (NZR) en die Nieu-Seelandse Rugbyspelersvereniging (NZRPA) ondersoek die omstandighede waarin die slot Patrick Tuipulotu die middel ingekry het.

Die 24-jarige speler is glo “geskok” deur die uitslag.

Tuipulotu het in November in die toetse teen Ierland in Chicago en Italië in Rome gespeel, en sy kontrak met NZR strek tot 2019.

Hy het voor die toets teen Frankryk huiswaarts gekeer vanweë wat destyds as “persoonlike redes” bestempel is.

Die boorling van Christchurch verteenwoordig die Blues sedert 2014 in die Superrugbyreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Die super rugby nasie het ook maar hulle ou tokse in die kas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.