All Black van 1960-toer na SA sterf

John Graham (Foto: Twitter)

ʼn Lid van die All Black-span wat in 1960 deur Suid-Afrika getoer het, is ná ’n lang stryd teen kanker in Nieu-Seeland oorlede.

Die flank John Graham het in die tweede en derde toetse van daardie reeks teen die Springbokke gespeel, maar moes in die vierde vir die legendariese Colin Meads plek maak, wat van slot af flank toe geskuif is.

Hy het tussen 1958 en 1964 in 22 toetse gespeel, en die All Blacks in drie daarvan aangevoer.

Graham was later jare president van die Nieu-Seelandse Rugbyunie (2005-2007), en het as bestuurder van die Nieu-Seelandse krieketspan opgetree (1997-1999).

Hy was 20 jaar lank die hoof van die gerekende Auckland Grammar-skool, en het as kanselier van die Auckland-universiteit gedien.

Graham is op grond van sy diens aan sport en opvoeding tot ridder geslaan.

Die gewese All Black-afrigter Graham Henry, wat wat op skool deur hom onderrig is en later as onderwyser ʼn lid van sy personeel was, het Graham in die media as “een van die groot Nieu-Seelanders van alle tye” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.