All Blacks benoud voor Poema-toets

sanzar-rugbychamp-logoMoenie dink dit is net Suid-Afrikaners wat benoud is oor die komende Wêreldbekertoernooi nie. Die All Blacks is baie benoud dat die tyd hulle gaan inhaal voor die groot toernooi in September in Engeland begin.

Hulle speel Vrydagoggend (09:35) SA tyd teen Argentinië in die eerste toets van die Rugbykampioenskap wat weens die Wêreldbeker toe net een ronde beperk is.

Donderdag met die Nieu-Seelanders se kapteinsoefening, het hulle kaptein Richie McCaw toegegee dat sy spelers maar al te goed weet `n verbetering op hulle vertoning teen Samoa is nodig. Die All Blacks het 25-16 gewen.

“Ons besef só `n vertoning sal by die Wêreldbeker nie goed genoeg wees nie,” het McCaw by die oefening gesê.

Die hoofdoelwitte sal wees om hulle hanteerfoute te beperk en voorlangs te oorheers. McCaw wys daarop dat die Poemas groot spelers het en dat hulle gesteld is daarop om die vaste fasette te beheer.

Die Argentynse kaptein, die haker Agustin Creevy wat vir die Worcester Warrios in die Engelse premierliga speel, sê hulle leer elke keer wat hule teen Nie-Seeland speel.

“Die gaping vernou, en eendag sal dit gebeur,” sê hy, maar sê dat die Argentyne nie van mening is dat die All Blacks swakplekke het na wat hulle van die Samoa-wedstryd gesien het nie.

Dusver het die All Blacks 20 van die 21 wedstryde teen Argentinië gewen en een keer gelykop gespeel.

Spanne –

Nieu-Seeland:
15 Israel Dagg, 14 Waisake Naholo, 13 Ma’a Nonu, 12 Sonny Bill Williams, 11 Charles Piutau, 10 Daniel Carter, 9 TJ Perenara, 8 Kieran Read, 7 McCaw (kaptein),  6 Jerome Kaino, 5 Brodie Retallick, 4 Luke Romano, 3 Owen Franks, 2 Keven Mealamu, 1 Tony Woodcock. Bank: 16 Codie Taylor, 17 Wyatt Crockett, 18 Nepo Laulala, 19 Jeremy Thrush, 20 Liam Messam, 21 Andy Ellis, 22 Colin Slade, 23 Ryan Crotty

Argentinië
15 Joaquin Tuculet, 14 Horacio Agulla, 13 Marcelo Bosch, 12 Jeronimo De la Fuente, 11 Santiago Cordero, 10 Nicolas Sanchez, 9 Tomas Cubelli, 8 Facundo Isa, 7 Juan Martin Fernandez Lobbe, 6 Juan Manuel Leguizamon, 5 Guido Petti Pagadizabal, 4 Manuel Carizza, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustin Creevy (kaptein), 1 Marcos Ayerza. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Lucas Noguera, 18 Nahuel Chaparro Tetaz, 19 Benjamin Macome, 20 Javier Ortega Desio, 21 Martin Landajo, 22 Santiago Gonzalez Iglesias, 23 Lucas Gonzalez Amorosino

Afskop: Vrydag 09:35
Skeidsregter: Craig Joubert (SA)
Assistente: Jaco Peyper en Stuart Berry (albei SA)
TV-keisregter: George Ayoub (Australië)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.