All Blacks braak gal oor Sonny Bill se straf

Sonny Bill Williams (Foto: Facebook)

Die Nieu-Seelanders braak gal oor die senter Sonny Bill Williams se skorsing tot ná die eerste Bledisloe-toets vanjaar.

Die besluit van “drie Australiërs” (ʼn tugkomitee van Wêreldrugby) om “die reëls uit te lê soos dit hulle pas” om Williams tot ná die toets teen die Wallabies op 19 Augustus van die veld af te hou, lei tot ernstige ontevredenheid.

Na wat uit All Black-land berig word, oorweeg die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZRU) om appèl teen die straf aan te teken.

Williams het voor die tugkomitee verskyn nadat hy ʼn rooi kaart vir ʼn gevaarlike duikslag in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus op die lyf geloop het.

Hy is vir vier weke geskors, en omdat die tugkomitee die All Blacks se komende wedstryd teen Counties Manukau en Taranaki nie as ʼn “volwaardige” wedstryd beskou nie, is die Aussie-toets by die skorsing ingesluit.

Die Kiwi’s redeneer dat Wêreldrugby alle wedstryde as gelykwaardig beskou, en die tugkomitee nie by magte is om dit te “verander” nie.

Adam Casselden, ʼn Australiese advokaat, en die gewese Wallabies David Croft (vier toetse) en John Langford (vyf toetse) het die tugkomitee gevorm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Loodt ·

Ja nee benadeel een land sodat jul n beter kans het om die beker hahaha NZ kan hom uitlos die hele reeks en hulle sal steeds wen.

Veritas ·

Maak hy regtig so’n groot verskil? 14 supersterre en een gewone ster is mos genoeg om ‘n span soos die Aussies baas te raak.

Speedguard ·

Laat weet net Francois Botha speel dan ontrek hy sommer self !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.