All Blacks-breier nie veel oor ranglyste gepla

Steve Hansen. (Foto: Twitter)

Vir die eerste keer in ’n dekade is die All Blacks nie die beste span ter wêreld nie.

Nogal vreemd as jy in ag neem dat hulle die 17de keer agtereenvolgens die Bledisloe-beker gewen het te danke aan ’n klinkende sege van 36–0 teen Australië op Edenpark.

“Hoe verduidelik jy dáárdie een,” het ’n geamuseerde Steve Hansen (afrigter) gevra.

“Ons het die Bledisloe-beker gewen en terselfdertyd ons ranglysposisie verloor. Maar ek kon buitendien nog nooit die puntesisteem heeltemal verstaan nie – jy wen die wedstryd, tog verloor jy punte op die ranglys.”

Wallis, die nuwe septerswaaier van wêreldrugby, het weliswaar vir Engeland 13–6 gewen, maar die span het verlede week 19–33 teen die einste Engelsmanne verloor.

“Wanneer jy terugsit en alles in ag probeer neem, is dit iets wat in elk geval sou gebeur het. Die topspanne (Wallis, Ierland en Engeland) speel teen mekaar in die Noordelike Halfrond en jy verdien meer ranglyspunte wanneer jy die beste spanne wen.”

Tog is Hansen nie te veel gepla oor dié stand van sake nie – sy spanlede was immers op hul aanvallende beste teen Australië, terwyl jy die Protea-krieketspan maar gerus kan vra: om nommer een op die ranglys te wees tel nie veel as jy nie ’n Wêreldbeker-toernooi kan wen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

3 Kommentare

Silwervaring ·

Ja , ranglyste is net op papier. My geld is weer op die ALL BLACKS om die wereldbeker te wen, soos meeste van die tyd!

Eddy ·

AllBlacks is wel goed,maar ek sal sê die gevaarmanne is daai Noordelike Halfrond spanne ,Engeland(met arrogante Eddie) en Ierland en Wallis.Maar in n Wereldbeker Kan jy niemand onderskat nie,vra maar vir Heyneke en die manne.

Frans C ·

George North het Wallis se wendrie teen 13 Engelse gedruk.Watson was af met ‘n geelkaart en Heinz met ‘n HIA ( Head Injury Assessment).Wallis neem toe ‘n vinnige skoppie voordat ‘n reserwe op die veld kon kom en druk die wendrie.

As gevolg daarvan is die reêl nou verander en moet daar eers ‘n plaasvervanger op die veld wees voor jy dit kan doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.