All Blacks byt aan Bokke se ranglyshakskene

Die Springbokke sal beslis beter moet speel. Foto: Twitter.

Dit was seker onvermydelik; die All Blacks is besig om die Springbokke op die wêreldranglys in te haal.

Die Suid-Afrikaners is steeds die voorste rugbyland ter wêreld, maar ná die laaste ronde van die Rugbykampioenskap is die Kiwi’s nou net twee punte agter Siya Kolisi se span.

Die Nieu-Seelanders ry tans op die kruin van die golf nadat hulle verspot maklik met Argentinië afgereken het, daarteenoor het die Springbokke ’n verrassende nederlaag teen die Wallabies gely.

Die Aussies het juis twee ranglysspronge ná die wedstryd gemaak en hulle is nou vyfde op die ranglys.

Jacques Nienaber, Springbokafrigter, het gesê dat swak dissipline sy span teen Australië gekos het.

“In die eerste 20 minute het ek gedink ons het die oorhand en beheer oor die wedstryd, maar ons kon dit nie in die laaste 20 minute doen nie.

“Ons het goed gevaar om laat in die wedstryd terug te keer en toe verloor ons die wedstryd omdat ons ʼn strafdoel afgestaan het. Dít gesê, Australië het goed gespeel en hulle verdien die oorwinning.”

Die Springbokke kon nog net 12 van hul 40 wedstryde teen die Wallabies in Australië wen.

  • Ranglys soos op 14 September 2021:
  1. Springbokke 92,49
  2. All Blacks 90,31
  3. Engeland 85,44
  4. Ierland 84,85
  5. Australië 84,11
  6. Frankryk 83,87
  7. Argentinië 82,86
  8. Skotland 82,02
  9. Wallis 80,59
  10. Japan 79,13

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
piet

Dis geen verrassing dat ons verloor het nie, ons sukkel altyd teen hulle in Australie.

Anthony

Dalk as Faf ophou om vir 2 minutes agter die skrum rond te hang en sy hare reg te maak en rondkyk asof hy parkering soek sal dit ook beter gaan. Amper elke liewe skurm moet die skeidsregter hom se ” USE IT 9 ” Lyk my daar bestaan nie meer iets soos n vinnige bal nie. Hy gee die oposisie kans om te hergroepeer. Of hy haal die bal uit met sy toon in die lug…..nee regtig, duidleik soos daglig hy gaan ALWEER skop.

Boer

Die Bokke sal ná die toernooi steeds bo wees!