All Blacks: drie broers, weinig verrassings in toetsgroep

Jordie, Beauden en Scott Barrett is die eerste drie broers wat saam vir ʼn All Blacksgroep gekies is (Foto: Twitter All Blacks)

Die All Blacksafrigter Steve Hansen het min verrassings in die indrukwekkende All Blacksgroep aangekondig toe die span vir die drie toetse teen die Britse Leeus bekend gemaak is.

ʼn Kenmerk van die span is dat daar drie Barrett-broers in die span is. Beauden, verlede jaar se Wêreldrugbyspeler van die jaar en dus ook die beste losskakel ter wêreld, en sy slot-broer Scott het reeds die swart trui gedra.

Dit is die eerste keer dat drie broers saam vir ʼn All Blacksgroep gekies is.

Vir die jong Jordie, wat vanjaar as heelagter vir die Hurricanes indrukwekkend was en ʼn uitstekende stelskopper is, is sy insluiting sy eerste. Hy is nog onder 20.

Die jong sewesster Rieko Ioane wat as vleuel vir die Blues die Leeus laat bontstaan het, is ook in die groep.

Superrugby se voorste driedrukker tot dusver in die seisoen, Ngani Laumape, is bo die All Blacks George Moala en Malakai Fekitoa as senter in die groep – en Sonny Bill Williams het sy gehalte teen die Leeus onderstreep met sy terugkeer ná eers ʼn Achillesbesering by die Olimpiese Spele, en toe harsingskudding in April toe hy na die speelveld teruggekeer het.

Daar is ʼn paar beseringsbekommernisse, maar die All Blacks het die diepte om dit te bowe te kom as onttrekkings nodig sou word.

All Blacks –

Buite-agterspelers: Jordie Barrett, Israel Dagg, Rieko Ioane, Waisake Naholo, Julian Savea, Ben Smith.
Senters: Ryan Crotty, Ngani Laumape, Anton Lienert-Brown, Sonny Bill Williams.
Losskakel: Beauden Barrett, Aaron Cruden, Lima Sapoaga.
Skrumskakels: Tawera Kerr-Barlow, TJ Perenara, Aaron Smith.
Losvoorspelers: Sam Cane, Jerome Kaino, Kieran Read (kapt.), Ardie Savea, Liam Squire.
Slotte: Scott Barrett, Brodie Retallick, Luke Romano, Sam Whitelock.
Stutte: Wyatt Crockett, Charlie Faumuina, Owen Franks, Joe Moody, Ofa Tu’ungafasi.
Hakers: Dane Coles, Codie Taylor, Nathan Harris.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico K ·

Twee van die Barretts is klein, maar seker van die vinnigste spelers in wêreldrugby, en dan het hul ‘n groot slot vir ‘n broer! Soveel talent in een gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.