All Blacks kies agt nuwes, Iere hou ‘proewe’ teen Italië

Daar is agt spelers sonder toetservaring in die All Blacks se span wat Saterdag (07:45) teen Japan in ʼn toetswedstryd in Tokio speel.

Twee van hulle, Matt Procter (senter) en die flank Dalton Papali’i is in die beginspan, die ander ses is op die bank.

Maar die diepte van die Nieu-Seelanders, met hul sleutelspelers wat reeds in Brittanje is waar hulle aanstaande naweek teen Engeland speel, word beklemtoon deur bekendes soos die kaptein Luke Whitelock, Vaea Fifita, Patrick Tuipulotu, Dane Coles en Ofa Tu’ungafasi wat in die span is.

Dit is vergelykbaar met die Springbokke wat in Washington teen Wallis gespeel het terwyl die uitsoekspan in Suid-Afrika vir die drie toetse teen Engeland voorberei het.

Die voormalige slot van die Westelike Provinsie en die Kings, Wimpie van der Walt, het sy plek in die Japanse span behou. Daar is vier Nieu-Seelanders in Japan se span met Michael Leitch wat hulle teen sy landgenote aanvoer.

Die neerlaag van die Bokke in die vorige Wêreldbeker-toernooi teen Japan maak dat Nieu-Seeland die tuisspan nie ligtelik sal opneem nie, al het hulle al drie vorige toetse teen Japan gewen ‒ die een met ʼn rekordtelling van 145-17 in Bloemfontein tydens die Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika.

♦ Dan is daar ook, soos rugby se vlerke (dikwels kunsmatig) gesprei word, ʼn kragmeting van Ierland met Italië in Chicago. Die afskop is Sondagopggend middernag SA tyd.

Chicago is waar die Iere twee jaar gelede vir Nieu-Seeland geskok het en waar daar benewens die baie Iere, ook heelwat Italianers bly.

Die Iere het feitlik hulle tweede beste span gekies en gebruik die wedstryd klaarblyklik as proewe vir die Sesnasies-reeks en die Wêreldbeker-toernooi. Net een van die spelers wat teen die All Blacks gespeel het en net vyf van die span wat die Wallabies in Junie gelooi het, speel teen Italië.

CJ Stander is dus nie in die Iere se span nie, maar Quin Roux, die oud-Affie wat vir die Westelike Provinsie gespeel het, sak wel op slot.

Italië het twee Suid-Afrikaners op flank vir die kragmeting gekies. Braam Steyn het al meer as 20 toetse gespeel, maar vir Johan  Roux sal die uitstappie in Chicago sy eerste toets wees.

Spanne ‒

Japan vs Nieu-Seeland in Tokio (Saterdag 07:45)

Japan
15 Ryohei Yamanaka, 14 Jamie Henry, 13 Will Tupou, 12 Tim Lafaele, 11 Kenki Fukuoka, 10 Yu Tamura, 9 Yutaka Nagare, 8 Hendrik Tui, 7 Shunsuke Nunomaki, 6 Michael Leitch (kaptein), 5 Samuela Anise, 4 Wimpie van der Walt, 3 Hiroshi Yamashita, 2 Yusuke Niwai, 1 Keita Inagaki. Bank: 16 Yusuki Niwai, 17 Masataka Mikami, 18 Asaeli Valu, 19 Uwe Helu, 20 Vaka Nakajima, 21 Fumiaki Tanaka, 22 Rikiya Matsuda 23 Ryoto Nakamura.
Nieu-Seeland
15 Jordie Barrett, 14 Nehe Milner-Skudder, 13 Matt Proctor, 12 Ngani Laumape, 11 Waisake Naholo, 10 Richie Mo’unga, 9 Te Toiroa Tahuriorangi, 8 Luke Whitelock (kaptein), 7 Dalton Papali’i, 6 Vaea Fifita, 5 Jackson Hemopo, 4 Patrick Tuipulotu, 3 Angus Ta’avao, 2 Dane Coles, 1 Ofa Tu’ungafasi. Bank: 16 Liam Coltman, 17 Tim Perry, 18 Tyrel Lomax, 19 Dillon Hunt, 20 Gareth Evans, 21 Mitch Drummond, 22 Brett Cameron, 23 George Bridge.

Ierland vs Italië in Chicago (00:00 Sondagoggend)

Ierland
15 Jordan Larmour, 14 Andrew Conway, 13 Garry Ringrose, 12 Bundee Aki, 11 Jacob Stockdale, 10 Joey Carbery, 9 Luke McGrath, 8 Jack Conan, 7 Josh van der Flier, 6 Rhys Ruddock (kaptein), 5 Quinn Roux, 4 Tadhg Beirne, 3 Andrew Porter, 2 Niall Scannell, 1 Jack McGrath. Bank: 16 Sean Cronin, 17 Dave Kilcoyne, 18 Finlay Bealham, 19 Devin Toner, 20 Jordi Murphy, 21 John Cooney, 22 Ross Byrne, 23 Will Addison.
Italië
15 Luca Sperandio, 14 Mattia Bellini, 13 Michele Campagnaro (kaptein), 12 Luca Morisi, 11 Giulio Bisegni, 10 Carlo Canna, 9 Tito Tebaldi, 8 Rento Giammarioli, 7 Braam Steyn, 6 Johan Meyer, 5 George Fabio Biagi, 4 Marco Fuser, 3 Tiziano Pasquali, 2 Luca Bigi, 1 Nicola Quaglio. Bank: 16 Oliviero Fabiani, 17 Cherif Traore, 18 Giosue Zilocchi, 19 Marco Lazzaroni, 20 Federico Ruzza, 21 Jimmy Tuivatti, 22 Guglielmo Palazzani, 23 Ian McKinley.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

En daar klop die sg ‘second string Japan verspot maklik met 69-31 en teken in die proses 10 drieë aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.