All Blacks kies konserwatief vir Ierse stryd

Vir die All Blacks, met hul geweldige diepte, is ʼn onveranderde span taamlik raar in hierdie tye waar die regte kombinasies en spelers vir die Wêreldbeker-toernooi aanstaande jaar dikwels voorkeur geniet.

Dit kom egter nie as ʼn verrassing dat Steve Hansen sy span vir Saterdag se toets in die Aviva-stadion in Dublin onveranderd gehou het behalwe op senter nie, waar Ryan Crotty in die beseerde Sonny Bill Williams se plek speel.

Crotty het Williams teen Engeland ná sy besering vervang en was een van Nieu-Seeland se uitblinkers in die een punt-oorwinning teen Engeland.

Saterdag se stryd deur die wêreld se twee voorste spanne word deur die All Blacks met buitengewone erns benader. Hulle weet Ierland kán hulle klop, dat die Iere dit glo, en dat Ierland die wedstryd teiken as wegspringplek om hul opmars na die Wêreldbeker stukrag te gee.

Die All Blacks-span ‒

15 Damian McKenzie, 14 Ben Smith, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 Rieko Ioane, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Ardie Savea, 6 Liam Squire, 5 Brodie Retallick, 4 Sam Whitelock, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Karl Tu’inukuafe. Bank: 16 Dane Coles, 17 Ofa Tu’ungafasi, 18 Nepo Laulala, 19 Scott Barrett, 20 Matt Todd, 21 TJ Perenara, 22 Richie Mo’unga, 23 Anton Lienert-Brown.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Verwag dat die Iere die All Blacks deeglik sal toets en die uitslag kan ‘n aanduiding van die stryd in die 2019 wêreldbeker sal gee.

nico k ·

NZ bly die sterkste span in die wêreld, maar dit is ‘n weg wedstryd vir hulle, na ‘n lang seisoen, en die Iere is op hul sterkste in jare. Die Iere kan dit dalk net maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.