All Blacks laat Chiefs-uitblinker uit RK-groep

all blacksDie grootste verrassing in die All Blacks se groep van 32 spelers vir die eerste toetse in die Rugbykampioenskap (RK) is die weglating van een van die Chiefs se grootste sterre in die Superreeks.

Die heelagter Damian McKenzie is weggelaat, klaarblyklik om plek vir `n derde skrumskakel op die toer te maak.

Aaron Smith, Tawera Kerr-Barlow en TJ Perenara is die drie oondskoonmakers in die groep.

Die makrosenter Sonny Bill Williams is ondanks sy deelname aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in die groep ingesluit, al sal hy waarskynlik die eerste toets misloop. Hy is die enigste groeplid wat nie in die afgelope reeks teen Wallis betrokke was nie.

Die vleuel Julian Savea, een van die reuse in verlede jaar se Wêreldbekertoernooi, is steeds in die groep al haal hy nie meer die Hurricanes se opdrafspan nie.

Die groep –

Buite-agterspelers: Israel Dagg, Waisake Naholo, Julian Savea, Ben Smith.

Senters: Ryan Cotty, Malakai Fekitoa, George Moala, Sonny Bill Williams.

Losskakels: Beauden Barrett, Aaron Cruden, Lima Sopoaga.

Skrumskakels: Aaron Smith, Tawera Kerr-Barlow, TJ Perenara.

Losvoorspelers: Sam Cane, Elliot Dixon, Jerome Kaino, Kieran Reid, Ardie Savea, Liam Squire.

Slotte: Brodie Retallick, Luke Romano, Patrick Tuipulotu, Sam Whitelock.

Stutte: Wyatt Crockett, Charlie Faumuina, Owen Franks, Joe Moody, Ofa Tu’ungafasi.

Hakers: Dane Coles, Codie Taylor, Nathan Harris.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.