All Blacks se hakerheld Coles sonder wedstrydoefening gekies

Dane Coles (Foto You Tube)

Soos dit All Blacks-ondersteuners betaam en van hulle verwag word, beskou hulle Malcolm Marx nie as die beste haker ter wêreld nie.

Dié eer kom hul eie Dane Coles toe. En dié haker word so hoog deur die All Blacks-keurders aangeslaan dat hy in die (voorlopige) uitgebreide oefengroep van 29 vir die komende Rugbykampioenskap ingesluit is, hoewel hy vanjaar nie ʼn enkele minuut se Superrugby gespeel het nie.

Die All Blacks se finale groep van 33 spelers vir die Rugbykampioenskap sal Maandag aangekondig word wanneer die Crusaders se spelers natuurlik ook ná die Superrugby-eindstryd oorweeg kan word.

♦ Coles sal net vir die laaste twee toetse van die Rugbykampioenskap oorweeg word omdat die afrigter Steve Hansen hom eers in die provinsiale Mitre10-reeks kans wil gee om wedstrydfiks te word.

Coles is die laaste nege maande al buite aksie met knie- en kuitbeserings.

♦ Die senter Sonny Bill Williams, wat reeds aan niekontakoefeninge deelgeneem het, is ook onder die 29 spelers nadat hy in die laaste toets teen Frankryk sy skouer beseer het. Hy was een van dié uitblinkers in die reeks wat die All Blacks met 3-0 gewen het.

Williams sal waarskynlik ook die eerste twee wedstrtde misloop.

♦ Die vaskopstut van die Chiefs, Nepo Laulala, wat in Maart sy arm gebreek het, is nie in die groep nadat hy weer geopereer moes word nie. Hy sal eers weer vir die jaareindtoer na Europa oorweeg kan word.

Die All Blacks se groep van 33 spelers vir die Rugbykampioenskap wat Maandag na die Superrugby-eindstryd aangekondig word, speel aanstaande Vrydagaand in die “wedstryd van drie helftes” in Christchurch 40 minute elk teen Canterbury en Otago om as span wedstrydoefening te kry. Die twee provinsies speel ook teen mekaar ter voorbereiding van hulle Mitre10- provinsiale reeks.

Die uitgebreide groep van 29 wat tans saam oefen ‒

Agterspelers
Jordie Barrett, Ben Smith, Nehe Milner-Skudder, Waisake Naholo, Rieko Ioane, Anton Lienert-Brown, Sonny Bill Williams, Ngani Laumape, Beauden Barrett, Damian McKenzie, Aaron Smith, TJ Perenara, Te Toiroa Tahuriorangi.
Voorspelers
Luke Whitelock, Akira Ioane, Sam Cane, Ardie Savea, Liam Squire, Shannon Frizell, Vaea Fifita, Jackson Hemopo, Brodie Retallick, Patrick Tuipulotu, Jeffery Toomaga-Allen, Karl Tu’inukuafe, Ofa Tu’ungafasi, Dane Coles, Liam Coltman, Nathan Harris.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Joshua ·

Die patetiese rugby reels is ontwerp vir All Blacks se rugby patroon BEHALWE as n 6Nasie ref hul skeidsregter is wat hulle straf vir opstruksie rugby, rucks skoon maak van die kant af , die tackler vd oppenente tackle, oppenente se bal smoor in losskrums op hul eie doellyn, nie geel kaarte kry vir gevaarlike/ongeoorloofde spel nie terwyl ander spanne erge straf kry virvselfde oortredings…als hierdie is teen die Britse Leeus bewys met Europese skeidsregters in hul 2de en 3de toetse..Bokke en SA Super 14 spanne moet Europa toe skuif-baie beter en meer voordelig vir spelers en kykers. En rugby reels vir almaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.