All Blacks steeds sterk genoeg, selfs sonder hul staatmakers

Die toets tussen die Argentynse Poemas en die All Blacks word eers vroeg Sondagoggend (00:40 Suid-Afrikaanse tyd) in Buenos Aires gespeel, maar as  jy wakker is, sal dit beslis die moeite werd wees om dop te hou.

Die All Black-keurders, met ʼn magdom talent en diepte wat hulle ontwikkel het, het verskeie veranderinge aan die span gebring wat die Bokke met 57-0 in Albany afgeransel het.

Kan ʼn mens iets aan die spankeuse lees vir die toets teen die Bokke op 7 Oktober op Nuweland?

Ja, vyf sleutelspelers (Ryan Crotty, Sam Whitelock, Brodie Retallick, Sam Cane en Liam Squire) is ʼn ruskans gegee en reis regstreeks van Nieu-Seeland na Kaapstad om die uitwerking van vlugflouheid te voorkom. Hulle sal almal in die span teen die Bokke wees en dalk kan een van of twee opwindende plaasvervangers wat die Poemas pak, die keurders oortuig om ook ʼn kans teen die Bokke te kry.

Maar dan twyfel ek ook of David Havili, Waisake Naholo, Anton Lienert-Brown, Vaea Fifita, Kane Hames, Matt Todd en Luke Romano in Argentinië genoeg sal kan doen en om ook van die stampe en stote te herstel om die Bokke slegs ʼn paar dae later te pak.

Wat baie interessant is, is dat die keurskakelpaar van Beauden Barrett  en Aaron Smith in die opdrafspan is. Barrett is op die nippertjie na die Argentynse hoofstad gestuur om Lima Sopoaga, wat vaderskapverlof het, te vervang.

Dit beteken dat Sopoaga na alle waarskynlikheid teen die Bokke sal speel.

Dít sal ook vir die heelagter Damian McKenzie die kans bied om in die tweede  helfte teen die Poemas losskakel toe te skuif om aan Havili sy All Black-baadjie te gee.

Hames, die loskopstut wat in die skrums deur die Bokke gebuig is nadat hy grootmond oor sy skrumkrag was, kry ʼn tweede kans.

Kan die Poemas die All Blacks verras?

Op papier ja, maar op die veld, aikôna.

All Blacks se span –
Damian McKenzie, Waisake Naholo, Anton Lienert-Brown, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Beauden Barrett, Aaron Smith, Kieran Read (kaptein), Matt Todd, Vaea Fifita, Scott Barrett, Luke Romano, Nepo Laulala, Dane Coles, Kane Hames. Plaasvervangers: Codie Taylor, Wyatt Crockett, Ofa Tu’ungafasi, Patrick Tuipulotu, Ardie Savea, TJ Perenara, Ngani Laumape, David Havili.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

All Black ·

Die All Blacks kan maar net tien spelers stuur vir Bok game.

bollie ·

Argentinie speel ook maar met hul tweede span (in hierdie toetsreeks en in superrugby). Hul beste spelers speel in Europa en word net tydens wereldbekertoernooie gekies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.