All Blacks verander 11 vir derde Franse toets

Sonny Bill Williams – terug in die beginspan. (Foto: Facebook)

Soos verwag is, het die All Blacks se afrigter, Steven Hansen, mildelik gesnoei aan sy span en 11 veranderinge in die wedstrydgroep van 23 vir die toets aangebring.

Met die reeks teen Frankryk wat reeds gewen is, het Hansen vier nuwelinge gekies. Sonny Bill Williams, sonder dat hy nog ná sy knieoperasie gespeel het, is ook in die beginspan.

Williams sal saam met die nuwelinge, die flank Shannon Frizell en Williams se sentermaat, Jack Goodhue, opdraf. Die nuwelinge in die 23-tal is Jackson Hemopo en Richie Mo’unga wat op die plaasvervangersbank gekies is.

Spelers van verlede week se wenspan wat weens beserings nie speel nie, is Beauden Barrett, Liam Squire en Vaea Fifita.

Weens Beauden Barrett se besering, skuif Damian McKenzie van die bank af in na losskakel in die beginspan waar hy saam met die nuwe senterpaar, Williams en Goodhue en vleuel Waisake Naholo, sal speel, en Ben Smith wat boonop van vleuel na heelagter skuif.

In die pak is twee nuwe flanke, Ardie Savea (oopkantflank) en die nuweling Frizzell gekies.

Liam Coltman, wat in een toets gespeel het, is die haker op die bank.

♦ Die Franse het hulle kaptein, Mathieu Bastareaud, weggelaat vir die toets. Dit het niks met sy huidige spelpeil te doen nie, maar die kragtige senter het vanjaar al meer as 30 wedstryde vir sy klubspan, Toulon, en Frankryk agter die rug. Wesley Fofana vervang Bastareaud en speel saam met sy Clermont-spanmaat Remi Lamerat in die middelveld.

Die skrumskakel Morgan Parra sal Frankryk aanvoer.

Die spanne ‒

Nieu-Seeland
Ben Smith, Waisake Naholo, Jack Goodhue, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Damian McKenzie, Aaron Smith, Luke Whitelock, Ardie Savea, Shannon Frizell, Scott Barrett, Sam Whitelock (kaptein), Owen Franks, Codie Taylor, Joe Moody. Bank: Liam Coltman, Karl Tu’inukuafe, Ofa Tu’ungafasi, Jackson Hemopo, Matt Todd, TJ Perenara, Richie Mo’unga, Jordie Barrett.

Frankryk
Benjamin Fall, Teddy Thomas, Remi Lamerat, Wesley Fofana, Gael Fickou, Anthony Belleau, Morgan Parra (kaptein), Kevin Gourdon, Kelian Galletier, Mathieu Babillot, Yoann Maestri, Bernard le Roux, Uini Atonio, Camille Chat, Dany Priso. Bank: Adrien Pelissie, Cyril Baille, Cedate Gomes Sa, Felix Lambey, Alexandre Lapandry, Baptiste Serin, Jules Plisson, Maxime Medard.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Die All Blacks beskik oor diepte en kan lyk my met 11 veranderinge nog ‘n wenspan kies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.