All Blacks verander vier vir Durbanse toets

Matt Todd - uit die skaduwee. (Foto: All Blacks)

Matt Todd – uit die skaduwee. (Foto: All Blacks)

Die All Blacks het vier veranderinge aan die opdrafspan wat die Poemas in Buenos Aires 36-17 oorrompel het vir die toets teen die Springbokke Saterdag in Durban aangebring.

En in die lig van Aaron Smith se opspraakwekkende terugkeer na Nieu Seeland na sy lughaweskandes is TJ Perenara die eerste keer vir twee opeenvolgende toetse in die opdrafspan.

Matt Todd, wat jare lank in Richie McCaw se skadu gespeel het (slegs vier toetse sedert 2013), sal die die nommer 7-trui in die plek van Ardie Savea dra; en op die ander flank keer die yster Jerome Kaino terug nadat hy van `n skouerbesering herstel het. Hy vervang Liam Squire, wat nes Savea bank toe skuif.

Die slot Sam Whitelock, wat op die bank was, vervang Patrick Tuipulotu.

In die agterlyn is die makrovleuel Waisake Naholo terug nadat `n dyspierbesering hom sedert Augustus van die veld gehou het. Julian Savea kry `n blaaskans.

Op die bank vervang die stut Charlie Faumuina vir Ofa Tu’ungafasi, en die senter George Moala is terug ná `n kniebesering. Laasgenoemde vervang Damian McKenzie.

Die span –

15. Ben Smith, 14. Israel Dagg, 13. Anton Lienert-Brown, 12. Ryan Crotty, 11. Waisake Naholo, 10. Beauden Barrett, 9. TJ Perenara, 8. Kieran Read (kaptein), 7. Matt Todd, 6. Jerome Kaino, 5. Sam Whitelock, 4. Brodie Retallick, 3. Owen Franks, 2. Dane Coles, 1. Joe Moody. Bank: 16. Codie Taylor, 17. Wyatt Crockett, 18. Charlie Faumuina, 19. Liam Squire, 20. Ardie Savea, 21. Tawera Kerr-Barlow, 22. Lima Sopoaga, 23. George Moala.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.