All Blacks verneder Springbokke

Beauden Barrett (Foto: dailytelegraph.com.au)

Beauden Barrett (Foto: dailytelegraph.com.au)

Nieu-Seeland het Suid-Afrika Saterdag op Kingspark in Durban verneder deur hom 57-15 te klop.

Die All Blacks het in die proses nege drieë gedruk, en rugby speel na iets makliks laat lyk.

Reeds vroeg het die besoekers gewys dat hulle die bal wyd wil speel. Hul voorspelers met Jerome Kaino en Kieran Read aan die spits, het vinnige besit vir die agterlyn verseker.

Suid-Afrika was wel eerste op die telbord toe Morné Steyn `n strafskop oorgeklits het, maar daarna was dit al die pad bergaf vir die tuisspan.

Anton Lienert-Brown, die buitesenter van die besoekers, het dikwels gate in die middelveld blootgelê. Dit het bewys dat Juan de Jongh en Damian de Allende se verstandhouding gebrekkig is.

In die eerste helfte het die Springbokke aanvanklik met druk die besoekers verhoed om hulle stempel op die wedstryd af te druk. Hier het veral die slotpaar, Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit, die All Blacks ‘n opdraande stryd gegee.

Toe Israel Dagg egter in die 22ste minuut gaan druk het, nadat die All Blacks die bal deur verskeie fases gevat het, het die gety in die besoekers se guns gedraai. Hulle het nie onder druk gelyk nie, en kalm die agterstand uitgewis.

Doellose skoppe veldaf deur Patrick Lambie en Bryan Habana, het bloot agterspelers soos die heelagter Ben Smith in staat gestel om teenaanvalle van stapel te laat loop – iets wat hy met onderskeiding gedoen het.

Brodie Retallick se “drie” wat enkele sekondes voor rustyd as gevolg van obstruksie nie toegeken is nie, het die tuisspan steeds in die wedloop gehou. Met slegs drie punte verskil, kon die wedstryd nog enige kant toe gaan.

Die skrumskakel TJ Perenara het gewys dat hy meer as `n waardige plaasvervanger vir Aaron Smith is, deur die basiese beginsel van skrumskakelspel perfek uit te voer, naamlik om sy agterlyn van vinnige besit te verseker. Dit het die losskakel Beauden Barrett in staat gestel om die voordeellyn aan te val. Hemel, die lyne wat hy hardloop maak dit onmoontlik vir sy span om nie punte aan te teken nie.

Willie le Roux, wat Lambie op heelagter vervang het, wat op sy beurt vir Steyn op losskakel vervang het, het met ‘n dartellopie of twee gewys wat die moontlikhede is as die bal wyd gespeel word. Maar die Springbokke het nooit gelyk of hulle die kragmeting kan wen nie.

Ongelukkig het aangeë wat verlore gaan dikwels tot drieë soos Barrett se tweede een gelei. Dit onderstreep weereens dat die manne uit die land van die silwervaring net `n halwe kans nodig het om skade aan te rig.

Geel kaarte soos wat Lood de Jager ontvang het toe hy by `n losskrum ingedons het, is iets wat nie op toetsvlak tuishoort nie.

Die punte –

Suid-Afrika 15 (9) – Strafdoele: Morné Steyn 5.

Nieu-Seeland 57 (12) – Drieë: Israel Dagg 2, T.J. Perenara 2, Beauden Barrett 2, Codie Taylor, Ben Smith, Liam Squire. Doelskoppe: Beauden Barrett 3, Lima Sopoaga 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Wickus ·

Geluk kwotas geluk transformasie julle het gewen…….
Staan saam en boikot die rugby

Lions ·

Nee kyk dit was erg. Ek dink die derdemag is hierby betrokke. Die mag het vir Stick en Coetzee vasgevat en hulle die verkeerde taktiek gegee vir die game. Dit was beslis so. Geen wonder die pasteie was so koud by die stadion gewees nie. Ook derdemag?

Ouboet ·

Waar is Divan Serfontein, Wynand Claassen en al die Heyneke haters nou?

Kobus ·

Umphhh!!!….. hoe verstik ek nou in my brannas en coke! Groot geeste soos oom Divan en oupa Johan? Nog nooit gesien nie, my broer. Hulle weet mos alles. Kan van stut tot heelagter speel. Hulle kén rugby en sien ook ‘n goeie afrigter as hulle hom sien. Al ooit gehoor iemand het in die destydse petisie gesê ” Allister Coetzee is die regte man om SA rugby te vernuwe en in die moderne era in te lei”. Twee waarlik wyse ou manne. Net jammer hulle loop al met kieries en vergeet soms waar die TV se remote is…óf wat hierdie game genoem word waar 15 ouens vir een bal baklei? Kan iemand die ooms kontak vir kommentaar asb?

Jan ·

Coetzee sê: as daar beter spelers is sê my: Dus aan jong springbokgehaltespelers, gaan speel oorsee vir geld, Coetzee dink julle is nie goed genoeg nie. Sy blindheid sal julle nie verander nie. In due land van due blindes is die eenoog koning

Louis ·

As Coetzee enige selfrespek het sal hy en sy hele span afrigters onmiddelik hulle bedanking indien. Hoe kan enige speler die man respekteer?

leon ·

Ek het nie die wedstryd gekyk nie want ek sit in Amerika. Al vraag wat ek nou het is waar is mnr Wynand Claasen nou oud Springbok wat laas jaar n petiesie teen Heyneke gely het en so krieties was ja waar is jy nou jou ….
En nog iets Suid Afrikaners bly nou weg van rugby slaan terug met die beursie hulle noem dit boicot asbtog???

Yssel ·

Wil jy vir my se dat ons nie spelers het nie?Nonsens,ek weet van senters wat 100% beter is as die 2 lamsakke wat vandag gespeel het(Janse v Rrensburg.Venter,Esterhuzen,Odendaal)Vleuls ook genoeg en boonop gekleur)Faf het soos dronk hoender rondgeval.Asb Coetzee moenie provinsialisties wees nie anders gaan jy nog n groot gek van jouself maak.

RC ·

Boikot sommer ook DSTV want hulle dink ons ka nie sonder rugby leef nie. wel… nie meer nie, Ons is ook moeg om ou gemors opgedis te word. Elke keer as ons iets kyk dan sê ons vir mekaar… ons het hierdie al voorheen gesien. Hoekom R10 000 ‘n jaar betaal vir die gemors. Nou kan S.A. ook nie meer rugby speel nie en het ‘n slegte afrigter, dit is ‘n uitstekende rede om DSTV op te gee. Laat ons die mag oorneem en wys dat ons DSTV nie nodig het nie.

DSTV ·

Stem saam RC
Ek neem die laer pakket en wanneer ek rugby wil kyk opgradeer ek slegs vir 24 uur.
Voortaan gaan ek net die currie beker kyk.
Dit werk vir my, springbok rugby vir die res van die jaar is verby want ek weet noual wat die tellings gaan wees

Louis ·

Pateties, maak ackermann die nuwe bok afrigter en bring brendan venter in , mooi gatvol vir transformasie,

Louis ·

Pateties, maak ackermann die nuwe bok afrigter en bring brendan venter in , mooi gatvol vir transformasie,

Christene ·

Asseblief Coetzee, jou familie verlang na jou. Time to go home Alie.

Seeklong ·

Raak gewoond aan verloor mense, kan julle nie sien wat die regering en trawante aan ons sport doen nie! Gaan eerder wildtuin toe, eet biltong, drink bier en kyk hoe kan die bokke.

Dries ·

Seeklong – Jy praat my taal ,”gaan eerder wildtuin toe”, ek verlang ontsettend na daardie wereld! Dis hartverskeurend hoe dit met die Bokke gaan.

What a joke!!! ·

Bwaaa hahahhaaa hahahaa haaa…. Eischhh hoe lekker lag ek nou….. Ja ai die ou kwotas…..kyk lankal nie meer nie hoekom sal ek top geld betaal vir n tweederangse span gekies op kwotas met n clueless kwota afrigter en kie in n land waar die regering die blankes wil opneek,nee wat dankie…wil iemand miskien my bok jersey he so twee jaar oud maar nog nooit gedra want die Springbok sit nie bo die hart nie, jy kan hom sommer vornuut kry….my omtrent R1000 gekos…

Johann ·

Bokrugby is soos ‘n lintwurm op drugs. Die kop weet nie wat die lyf doen nie…

dries ·

Die probleem is by die afrigters. Hoekom kan daar nie afrigters wees wat springbok rugby gespeel het. Die afrigters wat ons nou het wil net gesien word op TV.

bendons ·

Jy is so reg.
Met afrigter
Mzwandile Stick , hoe dan anders, met alle respek, uit sy diepte uit. Hy is as die agterlynafrigter aangestel ná twee seisoene as breier van die swakste unie in ons land se o.19-span
Dan ook die span kom voor dat hul nie fiks is nie maa jim juncky’s.
Wat ‘n groot grap.
Nie ‘n Bok span by vêre.
Ha!!Ha!!

Anti regering ·

Dit is mos presies wat die rasisistiese regering wou doen.

Willie ·

Ons het mos 10 jaar terug gesien en voorspel dit sal so wees. Moet net nie meer by die stadions gaan rugby kyk nie

JAMES ·

Ek nou is ek n ALL BLACK en behoort nie weer my tyd met die bokke EN die afskuwelike volkslied te mors nie!!!! DIE MOOISTE VOLKSLIED IS TOG ANYWAY ” THE ROSE OF SCOTLAND!!!!”

DB Jaeger ·

Hallo James…die Skotte se volkslied heet “the flower of Scotland”. Stem egter saam dat dit by vêrre die mooiste is.

Jd ·

GO NZ!!!!! Ek voel glad nie jammer vir die ondersteuners wat honderde rande betaal het om na die slagting te kyk nie. Hopelik sal hulle leer en die stadions sal nou leegloop tot politiek nie meer inmeng.

Chris ·

Helloooooouu, James, Rose of Scotland? Sover my kennis strek is die Flower of Scotland.

Chris ·

Ons kan nou almal en alles blameer. Ons, die “ouer” garde in die land gaan nog baie pak kry oor die huidige en toekomstige sondes wat tans aan die afspeel is. Daar was in die vorige bedeling ‘n man wat baie keer op die TV was wat ons aan die neuse om die bos gelei het. Nie net het hy gesê dat hy bereid is om onder ‘n anderskleurige president te dien nie, hy het ook gesê dat indien ons nie oorgee nie sal ons nie gou weer Springbok rugby sien nie. Hy was nie verkeerd nie, ons sien deesdae in elk geval nie meer Springbok rugby nie. Maar die hartseer van alles is, ins sien baie ander gied ook nie meer nie.

Josua Keys ·

En daar raak Aswin Willemse ook toe weer slim teenoon Nick Mallet na die wedstryd op tv, presies wat die probleem in ons Rugby is, hy het nog nooit in sy lewe n span afgerig wat naam gemaak het nie maar wil vir Nick Mallet wat 17 toetse agtereenvolgend gewen het vertel wat reg en wat verkeerd is in SA Rugby. Ons rugby sal nooit weer regekom as n mens sulke onbevoegde mense in bestuurs strukture gebruik nie hy het n paar wedstryde vir die bokke gespeel nou weet skielik hy alles “shame man” jammer om te sê Aswin maar jy maak ons Lions se naam gat my ou. Hoe gouer Coertzee en sy span die trekpas kry hoe beter dit is duidelik dat die huidige bok span nie onder sy afrigting wil speel nie Hoe gouer Lorry Mains, Johan Ackerman en Swys oorvat hoe beter maar dit sal nie gebeur nie want dit sal die ANC se planne omver werp om SA RUGBY verder te vertrap en te verneder!!!!

callie ·

Probleem met Ashwin is dat hy n self erkende kwotaspeler was en soos hy dit gestel het baie dankbaar vir kwotas was anders sou hy nooit die kans gekry het nie. Nou wil hy as kwota speler en kommentator vir almal vertel wat en hoe dinge is. Hy het Heyneke openlik sleg gese as die bokke verloor het en saam met die patetiese Wynand Claassen groep gestem om van Heyeneke ontslae te raak. Nou met die swakste afrigter in die geskiedenis van bok rugby is dit alles en almal se skuld behalwe AC se skuld.
Kom nou Aswin, jy en Kobus Wiese was so opgewonde met AC se aanstelling en het dit die nuwe era in BOK rugby genoem. Volgens julle het hy die beste en die in form spelers gekies.
Weet net nie waar julle n inform kwota skare gaan kry om pawiljoene vol te maak. ASB Wynand Claasen, vertel ons nou van die pad vorentoe, Heyneke is mos nou weg.

Ali ·

Van n top gerespekteerde span na n micey mouse vertoning. Belagrik. Wel Engeland kom ook nog. Gaan ons dalk met n punte verskil van 70 sit dan? Die Lions hey ini fonal gespeel term NZ se bestes en nie eens so ver verloor nie. Coetzee my mening ……. #Coetzee and team must fall………..

CJ ·

Gister terug gekom vanuit die buiteland en die rugby oor RSG geluister. Nooit gedink ek sal skaam wees om ‘n Suid-Afrkaner te wees nie. Politiek hoort in die parliment nie op die sportveld.

Gerbrandt ·

Dit was nou die sirkus wat ons geskep het en van ons narre gemaak het. Hierdie top spanne soos NZ Engeland ens gaan wanneer hulle teen ons speel hulle tweede spanne kies en kort voor lank gaan Namibie ons ook begin wen en ek praat nie eers van Japan nie. Boikot SA rugby en weier om geld te betaal om die ge- tjommel te gaan kyk, gaan eerder sirkus toe as julle wil lag.

Frans C ·

‘n Droewe Saterdagaand.Suid Afrika se rugbytrots lê begrawe 15-57 op Growthpoint Kings Park Durban. Rus in vrede.

Theuns ·

@Ouboet,ongelukkig het die gemors al by Heyneke begin.Daar is geen trots by die bokke om die boktrui te dra en SA te verteenwoordig nie,GEEN!!!Ek is glad nie n AB liefhebber nie,maar hulle dra die AB trui met trots en verteenwoordig hul land met trots,net soos die Franse.Die bokspan is vervalle agv geld en “image”en sal nog meer vervalle rakk as hul voortbou met daai “attitude”Basta!!!!

Morne ·

Hi Theuns

Ek respekteer jou opinie, maar ek stem nie saam met jou nie. Steve Hansen het genoem dat die bokke onder meyer 5 van hulle 7 toetse kon gewen het, dit was baie naby. Hier is vir jou twee stats gaan kyk dit gerus na as jy my nie glo nie vriend, die span wat die meeste driee tussen 2011 en 2015 gedruk het was die bokke, die span wat die minste driee afgestaan het tussen 2011 en 2015 in die wereld was die bokke. Meyer het speler soos eben, lood, pollard, kitshoff, kriel, willie , marchel coetze, du tiot en vele meer duergebring as coach. na ons verloor het teen japan het ons weer baie konserwatief gespeel sou jy ook nie? Geniet jou middag maat

Loslip ·

Soos Wynand Claasen en Divan Serfontein nou tjoepstil is, ‘vergeet’ talle ‘kenners’ gerieflikheidshalwe die feit dat Meyer se afrigting gesorg het dat die Bokke verlede jaar slegs met 2 punte – 20-18 teen die AB’s in die WB toernooi verloor het.

Christiaan ·

Dankie vir jou kommentaar Josua Keys. Ek kan die arrogansie van Ashwin Willemse nie meer hanteer nie. Hy is veronderstel om objektiewe en professionele kommentaar te lewer maar hy val ooglopend eerder die standpunte en kommentaar van Nick Mellet aan. Hoekom? Na ‘n vernederende rugbytoets, is sy optrede in die uitsaai-ateljee versmorend. Nou verstaan ek wat “choke” beteken – Ashwin het my mooi geleer.

Willie ·

Ek sal nie weer die bokke ondesteun voordat hulle bewys hulle kan NZ, Australie en Engeland klop nie, klaar ek gaan vir my n All Black trui koop dan weet ek my span wen elke game wat hulle speel

Jan ·

Dis eerstens die minister van sport se inmenging se skuld. Dan Alister cluelis sin. Het net altyd verskonings. Voor die wedstryd al gepraat van hoe die verdediging moet verbeter maar niks uit gerig. Nerens praat hy van aanval nie. Alister, soos Zuma, do the honourable deed and resign.

Willem van Rensburg ·

Skokkend, pateties en bitter hartseer! “Politics in SA rugby must fall!” Ons beste senters (Francois Venter, Ruhan J van Rensburg , Jan Serfontein en Andre Esterhuizen) is nie eers in die groep nie. Vat ASB die Springbok van die trui af, hierdie is ‘n skande en moet geboikot word!

derick Spies ·

Ek wil n voorstel maak. Ek dink die huidige Bokke moet Proteas herdoop word. Intussen kan SOLIDARITEIT met ons Rugby Provinsies saamspan en n werklike Springbokspan OP MERIETE kies met die beste wit,swart en kleurling spelers en ek kan jou belowe dat hulle die “Proteas” n m—– pakslae sal gee met Allister en Sticks. Daar is baie spelers in ons land wie graag vir n rerige Springbokspan wil speel. Daarna kan ons ook die All Blacks en ander lande aanvat en baie beter doen as huidiglik. Ons moet nie die huidige spelers veroordeel nie want hulle kies nie hulle self nie. Daar is ook goeie spelers. Indien die voorstel nie kan of sal realiseer nie, wil ek graag vir ons jong spelers aanbeveel om oorsee te gaan speel!!.Dit is jammer maar erens moet daar nou strepe getrek word. FINISH EN KLAAR!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.