All Blacks wéér die wêreld se beste

Die All Blacks is weer die voorste span in wêreldrugby. Foto: Facebook.

Dinge was inderdaad vir ’n rukkie deurmekaar in wêreldrugby, maar alles is terug na normaal en die All Blacks is weer eens amptelik die wêreld se beste rugbyspan.

Volgens die jongste ranglys het die Nieu-Seelanders vir Wallis onttroon en sodoende weer die septerswaaiers van internasionale rugby geword.

Steve Hansen, die All Blacks-breier, het vroeër in ’n onderhoud gesê hy verstaan nie heeltemal hóé die ranglyspunte werk nie nadat Wallis sy span in Augustus van hul no. 1-posisie beroof het. Maar die status quo geld weer nadat die Rooi Drake die naweek teen Ierland in Cardiff verloor het.

Alun Wyn Jones se span was vóór die naweek se Ierse stryd vir 11 wedstryde onoorwonne, maar hul nederlaag van 22-17 het beteken dat hulle van hulle plek bo op die punteleer moes afstand doen.

  • Die jongste punteleer:
  1. Nieu-Seeland 89.40 punte
  2. Ierland 88.86 punte
  3. Engeland 88.13 punte
  4. Wallis 87.92 punte
  5. Suid-Afrika 86.83 punte
  6. Australië 84.05 punte
  7. Skotland 81.00 punte
  8. Frankryk 79.72 punte
  9. Fidji 77.43 punte
  10. Japan 77.21 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre Coetzee ·

Dit is hoe dit hoort.Orde is herstel en die AB’s het weer hulle plek ingeneem.Hulle verdien dit.

Wesley ·

Die ranglys beteken niks nie. Alhoewel dit net n aanduiding is vir waar dinge staan, n weeklikse wip plank speel tussen 2, 3 en 4 die laaste tyd is maar n aanduiding, en dit nie eintlik dinge goed voorspel nie. Ierland wen Wallis, Wallis wen Engeland, maar Engeland vermorsel Ierland. En alhoewel ek respek het vir Japan, glo ons nou rerig hul sal vir Argentinie klop volgens die ranglys? Hul speel jaar in en jaar uit teen ons, NZ en Aus, en alhoewel nie wonderlike algemene rekord nie, het goed hul man gestaan en ons en Aus al paar keer laat hop, amper NZ self laat les opse in die RC 2019, en 2 keer 4de geeindig in die wereldbeker.

Snaaks hoe elke Cape Crusader en NZ se eie afrigter die ranglys sleg se wanneer hul nie bo is nie, maar dan prys prys prys gee wanneer hul net n skrampsie voor trek.

Fafie ·

Laat my dink aan ons Proteas kaptein, wat as ons verloor alles van die gras tot die wolke blameer, en as ons wen als prys van die wolke tot die gras.

Niklaas ·

Die All Blacks moes eintlik nooit deur Wallis onttroon word nie. Selfs die AB reserwes op die bank is wereld klas spelers. Maar hul is werklik baie gelukkig in die posisie waar hul talentvolle rugby spelertjies (wat nog op skool is) vroeg in rugbymal Fiji , Samoa en Tonga te kan raaksien en na NZ lok . Dis darem een puik bron van jong rugby sterre daai en geen ander rugby land het daardie voorreg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.