All Blacks wen ver, maar Japan kruip tóg nader

As jy na Saterdag se telling teen die All Blacks kyk, is Japan as rugbyland steeds aan ‘t verbeter. Maar is dit werklik so?

Die All Blacks het weliswaar in Tokio hul vierde wedstryd teen Japan met 69-31 gewen, maar die verkleinde punteverskil is soos met elke wedstryd sedert die 145-17 loesing in 1995 se Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika voortgesit met neerlae van 7-83 (2011) en 6-54 (2013).

Japan het Saterdag teen ‘n All Blacks-span gespeel wat agt nuwelinge ingesluit het, sal baie mense jou aan herinner. Maar dis nie die volle storie nie, en Japan is ongetwyfeld beter as ʼn klompie jare gelede.

Die All Blacks was ʼn span wat die Swart Trui met waardigheid gedra het en teenstanders in die nabye toekoms sal nog heelwat van die span hoor wat tussen die All Blacks se tweede en derde beste was.

Die All Blacks het Maandag eers as span begin saam oefen, en die inherente vaardighede wat so eie aan Nieu-Seelandse rugby is, was deurgaans opmerklik.

Die volgende geslag draers van die Swart Trui was op die veld en het ʼn toekomswaarskuwing gerig.

Rustyd was die telling 38-19 in ʼn wedstryd wat 100 punte en 15 drieë (tien vir die All Blacks en vyf vir Japan) opgelewer het.

Japan het feitlik net soveel besit as die besoekers gehad, net so baie gehanteer en die bal gedra, met die All Blacks se vermoë om met spanspel deur die verdediging te breek wat uiteindelik die verskil gemaak het.

Ngani Laumape het drie keer vir die All Blacks gedruk, en die losskakel Richie het die toutjies getrek en was moontlik die Nieu-Seelanders se beste speler.

Puntemakers –
Nieu-Seeland (38) 69 ‒ Dane Coles, Richie Mo’unga, Ngani Laumape (3) Toirua Tahuriorangi, George. Bridge (2), Waisake Naholo, Matt Proctor. Doelskoppe: Richie Mo’unga (7), Jordie Barrett, Strafdoel: Mo’unga
Japan (19) 31 ‒ Drieë: Samuela Anise, Hendrik Tui, Jamie Henry, Timothy Lafaele (2). Doelskoppe: Yu Tamura (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

All Black ·

Die bokkies moet oppas. Ek wonder wat die vdrskoning hierdie keer gaan wees as Japan die bokkies weer klop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.