All Blacks wil teen die Poemas hol

Nou sal ons sien hoeveel die Argentynse Poemas agteruit geboer het, en of die Bokke op die regte pad is.

Nadat die Bokke hulle in die eerste twee toetse in die Rugbykampioenskap maklik met 37-15 en 41-23 verslaan het en hul leemtes blootgelê het, kom die poemas Saterdag in New Plymouth teen die All Blacks te staan.

Die All Black-afrigter, Steve Hansen, en sy mede-keurders het van die Kiwi’s se sleutelspelers ʼn ruskans gegee. Dit wemel van die Hurricanes en opwindende spelers is gekies wat net een pad ken: doellyn toe.

Dink net daaraan, twee van die wêreld se mees talentvolle spelers, Damian McKenzie (heelagter) en Nehe Milner-Skudder (vleuel) speel die eerste keer saam in ʼn opdrafspan. Sonny Bill Williams en Anton Lienert-Brown word as senterpaar getoets en die skrumskakel TJ Perenara span saam met sy Hurricanes-spanmaat, die losskakel  Beauden Barrett. Perenara vervang Aaron Smith, wat nie eens op die bank is nie.

Voorlangs kry die Tongaanse en Hurricanes-flank Vaea Fifita die eerste keer kans in die opdrafspan. Die geharde Luke Romano speel in die plek van Sam Whitelock, wat ook nie op die bank is nie.

Dis duidelik dat Hansen-hulle ʼn paar spelers laat rus voordat die All Blacks die Bokke aanstaande Saterdag in Albany pak.

Gaan Allister Coetzee dieselfde waagmoed hê wanneer hy sy span kies wat Saterdag in Perth teen die Wallabies speel?

Die All Blacks-span –
Damian McKenzie, Israel Dagg, Anton Lienert-Brown, Sonny Bill Williams, Nehe Milner-Skudder, Beauden Barrett, TJ Perenara, Kieran Read (kaptein), Ardie Savea, Vaea Fifita, Brodie Retallick, Luke Romano, Nepo Laulala, Dane Coles, Joe Moody. Bank: Codie Taylor, Wyatt Crockett, Ofa Tu’ungafasi, Scott Barrett, Sam Cane, Tawera Kerr-Barlow, Lima Sopoaga, Ngani Laumape.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.