Allister behou kontinuïteit na Baai-sege; Hougaard enigste verandering

Francois Hougaard – enigste verandering. (Foto: GB Jordaan)

Seker een van die vernaamste lesse wat Allister Coetzee vanjaar van Brenden Venter en Franco Smith geleer het, is kontinuïteit.

Nadat Coetzee verlede jaar gereeld aan die span getorring het, selfs ná hulle gewen het, is daar dié keer net een verandering aan die Springbokspan wat Saterdag (21:40 SA tyd) in Salta weer teen Argentinië in die Rugbykampioenskap speel.

Dit is genoodsaak deur die besering van Ross Cronjé. Francois Hougaard vervang Cronjé op skrumskakel – en nodeloos om te meld, Hougaard se plek op die bank word deur Rudy Paige ingeneem.

Cronjé het sy enkel in verlede week se eerste toets in Port Elizabeth beseer en het in Johannesburg agtergebly waar hy behandeling by die Goue Leeus ondergaan.

Salta is nie vir die Bokke ʼn gunstelingveld nie. In 2014 het Jean de Villiers se span met 33-31 deurgeskraap en in 2016 het die Springbokke 24-26 in hulle enigste ander wedstryd op dié veld verloor.

Die Springbokspan –

Andries Coetzee, Raymond Rhule, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Francois Hougaard, Uzair Cassiem, Jaco Kriel, Siya Kolisi, Franco Mostert, Eben Etzebeth (kaptein), Coenie Oosthuizen, Malcolm Marx, Beast Mtawarira. Bank: Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Trevor Nyakane, Pieter-Steph du Toit, Jean-Luc du Preez, Rudy Paige, Curwin Bosch, Damian de Allende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Waarom is Jano Vermaak nie die skrumskakel of ten minste op die bank nie? En wat maak Rudy Paige op die bank? Die swakste skrumskakel wat nog vir die bokke gespeel het (met die moontlike uitsondering van Bolla Conradie)! Of mis ek iets?

Callie ·

Nes hakker mbonambi, hemel weet dis erg. En Cassiem en Rhule En Beast wat al twee jaar verby sy raklewe is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.