Allister bly aan as afrigter (episode 16)

Allister Coetzee. Foto: Saru

Allister Coetzee. Foto: Saru

Sjoe, en daar staan dit toe Donderdagoggend swart op wit op die voorblaaie van die koerante en op webwerwe: Allister Coetzee sal vir eers as Springbokafrigter aanbly vanweë die vrese vir die minister van sport, Fikile Mbalula.

En natuurlik ook omdat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nie genoeg geld het (glo R13 miljoen) om Coetzee van sy kontrak te onthef en ʼn nuwe afrigtingspan aan te stel nie.

Dis nog nie amptelik nie en Saru sal die aankondiging glo doen “wanneer die prosesse afgehandel is”.

Maar wanneer is dit?

Gaan kyk maar wat Pale Toe op 12 Desember berig het nadat die uitvoerende bestuur vergader het: “Sy opvolger se naam verander weekliks. Dan is dit Rassie Erasmus voor in die ry, dan word die Nieu-Seelander Dave Rennie gejag. Dan word Johan Ackermann se naam genoem, dan moet Brendan Venter die Bokke reg dokter. Sal dit gebeur? Nee, Coetzee sal aanbly, al bespiegel wie wat ook al.”

Dit was toe al duidelik: die rugbybase sal na die pype van Mbalula dans, want as hy nie sy steun gee vir Saru se Wêreldbekerbod nie, sal die son nie môre skyn nie.

As Mbalula tevrede is met die vordering wat rugby (en atletiek, krieket en netbal) die afgelope jaar getoon het, sal hy sy steun aan hulle gee en dan kan hulle weer wêreldbyeenkomste aanbied.

Maar verdien Suid-Afrika dit om weer ʼn Wêreldbekertoernooi aan te bied? Watter nalatenskap sal daar wees? Hoeveel nuwe stadions sal in Suid-Afrika gebou moet word?

Nie een nie, want Ellispark, die FNB-stadion neffens Soweto, Loftus Versfeld, Nuweland en die Kaapstadse stadion, die Vrystaat-stadion, Kingspark en die Moses Mabhida-stadion in Durban, die Mbombela-stadion, Nelson Mandelabaai-stadion en die twee stadions in Polokwane is reeds meer as voldoende.

Maar in Ierland (hulle is saam met Suid-Afrika en Frankryk in die wedloop) is daar ʼn dringende behoefte om van die stadions op te gradeer, om ʼn nalatenskap te laat en om toerisme ʼn hupstoot te gee, om rugby te bevorder en om die land se rugbybase en hul regering ʼn kloppie op die skouer te gee.

Maar in Suid-Afrika?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jack Russl ·

Ek het verlede jaar al ophou bok rugby kyk. Sodra AC nog daar is weier ek om enige bok wedstryde te kyk.

Daar is baie mense wat dieselfde voel en ek reken die stadions gaan leeg wees in June as die Franse hier is

JC ·

Daar het julle dit nou!Ons onttrek. SARU het sopas hul doodsvonnis onderteken.
Tata, hoor, koebaai!! Wat is op die spyskaart? Formule1. Beste sport op aarde (naas ware Springbok rugby)

m ·

Vandat kleur alles regeer kyk ek lankal nie meer enige sport nie.

Frans C ·

Hoe gouer die naam Springbok vervang word met ‘n naam om by die span te pas, hoe beter.

engeland ondersteuner ·

weens rassisme in sarugby steun ek nie meer sarugby nie. ek steun nou engeland want dit gaan nie oor velkleur nie. dit gaan oor meriete en prestasies.

wdp ·

SA Rugby gaan baie meer as R13 Miloen veloor as die bokka aanhou verloor – gee die man sy goue handruk en voorkom verder vernerings asook verlies van borge en rugby toeskouers

Sanet ·

…en jy dink hy het nie al meer as een kans gehad nie? Hoevel kanse stel jy voor?

Nico ·

Hulle sal gou anders dink as al die toeskouers en borge verdwyn. Die sportminister gaan hopelik in 2019 saam met sy party uitgestem word

Anoniem ·

Ek wonder wie is die persone wat bang is vir Mbalula? Dit kan nie die SA Rugby Unie wees nie, hulle sit dan hand op die blaas met Mbalula. Volgens Wêreld Rugby se rëels mag daar nie rassisme/kwotas in spankeuses wees nie, maar tog vind dit in SA plaas. Dit sal die wonderlikste dag in my lewe wees as SA uit Wêreldrugby geskop word hieroor, want dan behoort die gepeupel te sien dat dit wat hulle toepas verkeerd is. Hulle sal net tot hulle sinne kom as die stadions leeg is, die borge onttrek en die geld koffers leeg raak.

Alida ·

Hulle leer nooit. Los hulle uit. Niemand gaan meer rugby kyk nie.

Fluffie ·

Gee asb vir Allistair die kans om SA rugby reg te ruk………………. maar hy moet op sy eie sonder die die beinvloeding van buite en sonder kwotas wat forseer word sy spankeuses en ook diegene wat hom help aanwys en bestuur. Ek wens hom voorspoed toe vir die jaar.

Die Bok is dood lank lewe die Bok ·

Hoekom maak hulle nie die hele span nou maar swart en verander dit na die Sa protea span. Kan in elk geval nie swakker as om te verloor teen Japan en al die Mickey Muise. Daar is so min trots by selfs die wit manne dat n vernedering n mooi woord is. Lankal klaar met SA rugby in geheel en SA sport. Spandeer nou baie meer tyd met familie en as die gogga byt dan kyk ek oorsese rugby of een die classic games van n paar jaar terug toe die Trots nog daar was en die Bloed nog Groen.

groenewaldt ·

Allister het dit eenvoudig nie in hom nie. Hy is buite sy diepte. Ons het dit mos nou al gesien. Hy hoort nie daar nie. Laat hom ‘n Provinsiale span afrig – indien iemand wel kans sien vir hom. Die Springbokke het iemand nodig wat die nodige kwalifikasies, ondervinding en know-how en toewyding het. Allister het dit duidelik nie, en hy het dit al oor en oor bewys.

My tweesent bydrae ·

Ek het lankal belangstelling in rugby verloor . Ek kan my tyd en geld beter aanwend .

Christo Visagie ·

Fluffie,,,,,,,,,,,,,jou arme mens, weet jy wat se twak jy kwyt raak, gaan kyk net na jou hero se geskiedenis in rugby van 1996 af,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Johannes van Staden ·

Ploeter maar voort sien my nie weer by n wedstryd nie my dstv ook gekanseleer met die spul ameteurs …kry vir julle die geld is op en die goeie spelers speel nou oorsee …kyk of julle wen met die klomp ameteurs wat soos n laerskool spamnetjie se O/14 B span rond maal en ploeter

callie ·

Ook totaal opgegee met rugby. Net vir interesantheid, atletiek, Moet die vinnigste nou nie deelneem nie. Die stadiger swarte moet. Verstaan nie dit is mos nie n spansport nie. Gelukkig is on minister die enigste een met BIETJIE verstand.

callie ·

Ook totaal opgegee met rugby. Net vir interesantheid, atletiek, Moet die vinnigste nou nie deelneem nie. Die stadiger moet as sy kleur reg is. Verstaan nie dit is mos nie n spansport nie. As jy die beste of vinnigste is kan kleur mos nie tel niea Gelukkig is ons minister die een met bietjie verstand verstand.

Ben ·

Dit was altyd elke jong seun se droom om vir die Springbokke te speel.Almal wou n Frik du Preez of Naas Botha wees. Vandag droom hulle van groot geld buite die republiek.Hulle werk hard om dit verwesenlik. Om vandag vir die Springbokke te speel is nie meer ‘n eer nie. Dit is ‘n spel waarmee jy vinnig ‘n hele paar duisend per wedstryd verdien. Wen of verloor. Maak nie saak nie, dit gaan oor geld. Geld koop nie trots nie en geld koop nie lojaliteit nie. Geld wat stom is maak mos maar reg wat krom is. Of die Springbokke krom is, of reguit is, of kreupel is en of die ondersteuners by die stadion is of nie, of AC hulle afrig, en of die tannie by die na-skool hulle afrig. SO WHAT ! Of die span teen die All Blacks verloor of teen Ghana, SO WHAT ! The money is in the bank! I rest my case.

LOSKOP ·

Bang vir die minister van sport ??? wat n grap, ons gaan in elk geval nie die bod om die wereldbeker aan te bied kry nie. Frankryk is in . So hoekom nie vir Coetzee pos en n afrigter wat sy sout werd is , aanstel nie.Die saru is n klomp slap g-tte of het hulle nie die geld nie. As Coetzee aan bly as afrigter gaan hulle in elk geval meer at R13 miljoen oor die volgende 4 jaar verloor.Indien Coetzee nou nog nie kan insien hy is daar net oor sy kleur nie is hy wragtig onnosel.Mense sal eerder Saterdae met jul families deurbring as om na die spul BLESBOKKE , JA BLESBOKKE TE GAAN KYK . Slaap rustig blesbokke want die Springbok is lankal dood

Gatvol ·

Belaglik. Raak ontslae van die ambassadeurs, Jurie en sy brigade, dan sal hulle maklik die R13M kan betaal, en kan ons rugby weer gesond wees. Met Jurie Roux se betrokkenheid by die ondersoek teen hom, kan mens net dink hoe help sekeres hulself!!

What a joke! ·

Ai ai ai…Dis ok maar lekker as jy eindelose kanse kry omdat jy ander kleurig is ne! Dertien miljoen vir sy geen bestaande kennis ag te lekker man ok maar net in Suid Afrika! Hoeveel nederlae hoeveel rekord nederlae nog? Niks trots niks bekwaambheid en absoluut niks verantwoordelikheid nie, ag te lekker man dit terwyl die Springbok naam dood bloei!
Dit gaan vir my veral hoe hul verloor, jy kan sien die afrigting is “CLUELESS” derde werelds en dit wys by die spelers se spel een klomp deurmekaar afkop hoeners wat rigtingloos rond skarrel!
Die Springbokke se naam is lekker piesang gemaak onder die sirkus van AC ,stick en Mabalula Proudfoot se mannewales siestog die outjies weet regtig nie van beter nie siestog shame…. Maar moet nie worry nie boys want ek betaal nie vir tjorts nie ek kyk lankal nie na jul twak nie
!!!!hehe gaan maar voort maak maar jul naam lekker sleg net jammer die eens magtige Springbok moet swaar kry onder jul klomp ,ai aia ai! Goodbye Springbokke hello amakrokko bokko…

Doeks Joubert ·

Weet julle hoe lekker vang ek nou vis op n saterdagmiddag.

Basil ·

Wat se julle ons bring SNORRE terug aangesien die Boland hom nie wil vat nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.