Allister en die Rhule-raaisel

Raymond Rhule weggelaat (Foto: fscheetahs.co.za)

Wat moet ʼn mens glo? Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, wat Maandag in Bloemfontein gesê het dat hy nie ʼn afrigter is wat ʼn speler ná net een swak vertoning pos nie … en dit die dag daarna doen?

Coetzee het Dinsdag die vleuel Raymond Rhule, asook die groentjie-vleuel Sbu Nkosi en agtsteman Dan du Preez vrygestel om die naweek Curriebekerrugby te speel.

Coetzee was weke lank in die spervuur oor Rhule se swak spelpeil, veral sy gebrekkige verdediging.

Daar was baie druk op hom om Rhule te pos; in die media, by ondersteuners en oudspelers. Daar was statistieke om sy gebrekkige vertoning te staaf en oud-Bokvleuels soos Pieter Hendriks, Ray Mordt, Carel du Plessis en Chester Williams het die weglating van Ruan Combrinck erg bevraagteken.

Coetzee was vol lof vir Rhule ná sy vertoning teen die Wallabies, maar toe breek die damwal teen die All Blacks nadat Rhule nege duikslae gemis het.

Ja, die meeste daarvan was toe hy met afskoppe (en daar was baie) die bal gejaag het en verspot maklik deur Liam Squire en ʼn systapper soos Damian McKenzie geflous is.

Dis ʼn taktiek wat die Bokke (en baie ander spanne volg). Dink net terug daaraan hoe suksesvol Bryan Habana druk op die ontvanger geplaas het.

Maar Rhule het misgeduik en misgeduik en misgeduik … maar die wedstrydplan is nie verander nie.

“Ons vergeet hoe goed hy teen Australië gespeel het,” het Coetzee geskerm. “Ek is nie ʼn afrigter wat net na een wedstryd kyk en hom dan weggooi nie. As ek hom  nou weggooi en ʼn nuwe speler inbring, sal ons heel van voor af moet begin,” het Coetzee by die Bokke se spanhotel gesê.

Die vraag is hoekom Coetzee Maandag gesê hy sal Rhule nie vir die wolwe gooi nie,  nadat dit reeds in die Sondagkoerante bespiegel is dat Dillyn Leyds die jawoord vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies sal kry.

Die besluit is dus reeds verlede week geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Andre ·

Nog n vraag is hoe kan Ruan Combrink nie gekies word nie omdat hy volgens Allister Coetzee nie genoeg wedstryd tyd gehad het nie maar Handre Pollard kom van n besering af in die span in?

bollie ·

Combrink is overrated, Leyds moes al lankal gespeel het. Skokkejaan kan ook maar plek maak vir ‘n ou soos Van Wyk. Ongelukkig het ons ‘n probleem op losskakel so ons sal maar moet voortgaan met Junktjies, hoop net hy maak nie te veel droog nie. Louw sal ook ‘n verbetering wees siende dat dat geen baljagter op die oomblik is nie (hopelik word Cassiem uitgelaat).

Callie ·

Enige afrigter moet erens besef dat op vleuel kan jy met baie wegkom. Op loskakel is daar nie wegkruip plek nie. Pollard moet so veel moontlik speelkans kry om so gou moontlik weer oor te vat. Almal beskuldig nou vir Hougaardt omdat Jantjies en agterlyn nie goed gedoen het nie. Saterdag teen n swak Australia gaan almal weer glo cronje het die verskil gemaak. Kyk mooi na die week teen die AB. Hulle gaan met opskiet verdediging die skakelpaar onder druk sit. As Jantjies onder druk is gaan hy doelloos skop, teen iemand vas skop, n bal net weggooi of n onderskep aangee maak. Dit was nog altyd so. Dan moet Pollard wat hom absoluut teen AB bewys het kan oorvat. Leyds sal n groot verskil op vleuel maak. AC moet nog net van Cassaim ontslae raak dan kan bokke nie meer so verneder word nie.

Josua Keys ·

Callie as jy skrik, skrik net wakker, enige skrumskakel wat na sy losskakel toe hardloop om dit in sy hande te gaan sit soos Hougie kan nooit ‘n agterlyn wegstuur nie, dieselfde geld vir Jessie Kriel, neuk met elke bal kantlyn toe, Serfontein is die enigste een in die agterlyn wat die lyn probeer breek of oor die voordeel lyn kom en sy verdedigging is uitstekend maar ongelukkig is Jessie nie sy skakelmaat nie. Jantjies kon nog nooit onder Allister se afrigting speel nie, en die wat julle graag daar wil hê in sy plek is net nie goed genoeg nie anders sou hulle dit reggekry het om hul spanne agterlyne in die Super-reeks beter te laat lyk. Hoe die joos verklaar jy dat die span wat tweede gekom het in die Super reeks en teruggeveg het teen 85% All Balck span met 14 ouens se agterlyn speel nie eens vir die bokke nie, is dit nie hulle wat bygedra het saam die voorspelers tot die uitslag nie. Die bulle het amper die laaste plek op die log beryk maar hul agterlyn is in die bok span wat ‘n grap man, Barret was so deurmekaar geduik en as Kwagga nie van die veld gestuur was nie was die beker in SA, so waar lê die vout nou eindelik?????? Ek is ook nie heeltemel n Jantjies Fan nie maar wie is beter!!!

LOSKOP ·

Coetzee se oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie. Hy is erger as snorre de Villiers , het geen idee van afrig nie

PJ ·

Springbok rugby het ontaard in ‘n politieke speelbal waar resultate niks tel nie. Solank die “regte” spelers op die veld is, is die saak reg. Spelers moet gekies word op hul bestaande spelpeil – maak nie saak of hy wit, swart, bruin, geel, groen of pienk is nie. As hy goed genoeg is, kies hom! En vergeet van hoe goed hy was, kyk na hoe goed hy nou is. Ons het wat rugby aan betref, van wêreldleiers verander na wêreld jokers! En dan kan Toks en sy mede kommentators gerus ook ophou om spelers in te praat in die bokspan in. Dit is so duidelik dat hulle voorgesê word wie om te bevorder.

Josua Keys ·

Skerp vir jou PJ, ek het ook al gewonder hoe die ouens wat self daar gespeel het spelers se Skills miskyk, Beast moes lankal gedrop gewees het en Kitshof moes in sy plek gespeel het en dit kom van ‘n Lions ondersteuner hoor, stutte moet kan speel soos senters en min of meer dieselfde skills hê maar sodra hy ‘n skrim regop hou word die res heeltemal misgekyk rugby is al so uit Beast uit gecoach dat hy nie eens meer weet hoe om oor ouens te hardloop soos hy in die verlede gedoen het nie en so kan ons elke speler uitwys, dit is juis hier waar die All Blacks ons een voor is of laat ek dit beter stel, ons het die mense wat die spelers se tallente wel raaksien maar na hulle word nie geluister nie want politiek soos jy sê kry die oorhand bo krediet waardigheid, Combrink laasjaar hardloop bo-oor sy spelers breek die lyn met krag maar ouens soos Carel Du Plessis, Ray Mort wat self daar gespeel het so opinies tel niks nie, Dillan Leyds was deurmekaar geduik deur die Lions en kon net vir die eerste 10 Minute goed gelyk het op die veld die res van die wedstryd was hy nie op die veld nie. Ek dink Cheslin Colby verdien ook ‘n kans op heelagter en Coetzee op vleuel, ek kyk na Colby se skills nie na sy gewig nie, is soos FAF kan van niks skielik in aanval oorgaan.

Nico K ·

Ek stem saam dat hy verlee is oor Pollard. Ons weet Jantjies is nie wêreldklas nie, maar daar is niemand anders nie. (One het ‘n paar belowendes soos Curwin Bosch maar ek sal hom nog nie kies nie. ) En dan is dit ook waar dat Rhule baie duikslae gemis het maar dit was teen groot voorspelers en soos gesê is dit baie maklik om ‘n aanstormende speler te pypkan. Maar die mense wat so graag vir Allister slegmaak. Hoeveel keer het ons al die All Blacks in New Zeeland gewen? Bitter min. Ons gaan heelwaarskynlik 2de in die reeks eindig. Hoe baie het dit in die verlede gebeur? Net 2 jaar terug, met Heynecke as afrigter was ons vierde. Wat is nou anders?

Callie ·

Asb Nico. Teen n beter AB span het bokke met 3 punte in n riller teen AB verloor in wereld beker. Nic Mellet het dit na bokke se groot verloor gevra, hoe kan ons so verswak het? So, regtig die bokke is nou pateties. Hou op swak vergelykings maak om beter te voel. Springbokrugby is vanaf laasjaar in n moeras.

Veritas ·

Ten spyte van swak spelerseleksies en afrigting, is die afwesigheid van Warren Whiteley seker die grootste rede vir die doellose getjommel op die veld. Eben Etsebeth het aanvanklik sy bes probeer maar dit was duidelik dat hy gefrustreerd was met sy eie spelers wat net nie kon ( of wou) hul kant bring nie. Sowat van verlies aan toewyding het ek laas in standerd 6 ervaar. Daar kan net een van twee redes hiervoor wees en dit is Coetzee of Coetzee.

Koos B ·

Ruaan vat die pad my maat as jy nie nou span kry nie kan jy beter vaar waar jy nie jou talente hoef te mors nie.

MANIE ·

Onthou net daar is kwotas in die springbok span en Rhule kan nie vervang word met witspeler. Daarom is daar heeltyd praatjies van Leyds as speler om hom te vervang.

Veritas ·

Raar maar waar, Manie, raar maar waar. Kan ons nie die Combrink kêrel in ‘n sonbed sit vir ‘n paar dae en sy hare afskeer nie ? Of is daar ander verskille ook waarvan ek nie kennis dra nie ?

bollie ·

Leyds verdien sy plek. By verre die beste vleuel in die land vanjaar.

Nico ·

Leyds is nie die oplossing nie hy tekkel net so swak en gaan weer ons agterste driehoek aanval aussies gaan dieselfde spel speel as die all blacks die probleem is ook ons skakelpaar cronje en jantjies weet nie nie wat om te doen teen opskiet verdediging nie en plaas sodoende die hele agterlyn onder druk

Frans C ·

Die Bokke het teen All Blacks klei getrap omdat na 20 minute die voorspelers se go uitwas.
Party van die spelers veral Mostert lyk voos gespeel.Rhule is eenvoudig fisies nie opgewasse teen groot kragtige agterspelers nie en het soos ‘n lappop aan Rieko Ioane gehang in ‘n poging om hom te stop.

NZ is wat afrigting op junior vlak Suid Afrika en ander lande myle voor en het groot speler
reserwekrag opgebou en kan spelers die nodige ruskans gee en nog steed kompeterend wees.
Plaaslik word spelers die grond ingespeel omdat elke Unie sy pond vleis van die spelers eis.

Callie ·

Arme ou Joshua. So eenogig oor sy leeus wat tot vandag toe nog niks gewen het nie. Bulle het super reeks 3 keer gewen met Hougaardt. Joshua, gelukkig kan mens ouens wat so provinsialisties is maar hulle oogklappies vergewe. Sterkte met jou Leeus en skakelpaar. Kyk maar na AB game

Josua Keys ·

Jammer ou Callie jy is nie op hoogte van jou Rugby geskiedenis nie my ou vriend, wie dink jy het voor die 1995 wereld beker die Super 10 gewen, en dit toe jou span nog in doeke was. Amper almal in daardie span onder die agter spelers en voorspelers was betrokke by die 1995 WB behalwe Theo Van Rensburg, waarom was dit so omdat die leeus(Transvaal) op daardie stadium die beste was so ek kyk beslis nie uit een oog nie my vriend ek het self rugby gespeel en was deksels goed ook, ek het al die posisies in die agterlyn gespeel want ek kon en glo my ek kan jou vertel wanneer ‘n ou droogmaak en wanneer nie ek het nie nodig om ‘n Springbok te wees om dit te kan doen nie. As jou span beter kon doen in die Super 18 waarom het hulle nie? Die Leeus was glad nie ‘n kans gegee teen die New Zealand se spanne nie en wat het gebeur, dit het die New Zealanders gevat om teen 14 ouens te speel om die beker te wen maar die Leeus se agterlyn en voorspelers is nie goed genoeg vir die bokke nie, maar jou span wat uitmekaar gehardloop was se agterlyn verteenwoordig die Bokke … WHAT A JOKE, wie kyk werklik hier met een oog of verstaan jy ook nie rugby nie. Callie almal verdien ‘n regverdige kans sonder politieke inmenging, maar ook nie om sekere bonde hieruit te bevoordeel nie.

Rianto ·

AC dit gaan ons verbaas as jy Rhule weer kies. jy wil tog seker die RWC wen of hoe. dit is nou te se as jy nog afrigter is teen daai tyd… die punt is as jy RWC wil wen moet jy ‘n groep spelers kan he wat die AB’s kan klop. Rhule is nie goed genoeg om daai doelwit te bereik nie. Ek hoop jy besef dit en beweeg aan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.