Allister, gebruik die lesse van 1994

Allister Coetzee (Foto: stuff.co.nz)

Allister Coetzee (Foto: stuff.co.nz)

Gemeet aan huidige spelpeil, is JP Pietersen beter as Ruan Combrinck? Nee.

Is Frans Malherbe beter as Julian Redelinghuys? Nee.

Is Lood de Jager beter as Pieter-Steph du Toit? Nee.

Is Francois Louw, Siya Kolisi of Duane Vermeulen beter as Jaco Kriel en Warren Whiteley? Nee.

Die Springbok-afrigter Allister Coetzee het hom Saterdag op Nuweland by prof. John Williams aangesluit deur ook sy eerste toets, in 1992, te verloor. Dit was net die tweede keer sedert 1992 dat dit gebeur het en daar sal dus ook ʼn albatros om Coetzee se nek hang.

Ek glo die Bokke sal steeds die reeks met 2-1 wen, maar dan sal daar skoongemaak moet word.

Williams, wat die Bokke in 1992 in vyf toetse afgerig het, kon net een van sy vyf toetse wen, want die Bokke was weens isolasie heeltemal uit voeling met die res van die wêreld. Hulle  het teen die All Blacks (27-24), Australië (26-3), Frankryk (29-16) en Engeland slae gekry (33-16). Williams kon net die Franse (20-15) in een van die twee toetse klop.

As die Bokke nie nou elke jaar tussen 12 en 15 toetse gespeel het nie, sou ʼn mens ná Saterdag se toets teen die Ierse span, wat soos ons almal weet vir 57 minute met net 14 spelers gespeel het, wéér so gedink het.

Ek glo nie Coetzee sal wild en wakker verander nie, maar daar sal veranderinge móét kom; daar sal nuwe lewe in die Bokke geblaas moet word; oor ʼn wedstrydplan besluit moet word wat uitgevoer moet word.

Die verskoning dat Louw en Vermeulen ná die lang seisoen in die Noordelike Halfrond moeg voorgekom het, maak nie sin nie, want hoe moet die (gelapte) Ierse span voel?

Kom ons blaai terug na 1994, toe die Bokke die eerste toets op Loftus Versfeld met 15-32 teen Engeland verloor het.

Planloos, sonder fut en sonder ʼn wedstrydplan. Die Bok-afrigter Ian McIntosh en die Springbokkeurders het die snoeiskêr vir die tweede toets op Nuweland diep ingelê.

Hulle het ses veranderinge (waarvan een posisioneel was) aangebring. Op die ashoop was Ollie le Roux, Hannes Strydom,  Fritz van Heerden, Tiaan Strauss en Joost van der Westhuizen en hulle is onderskeidelik deur Johan le Roux, Mark Andrews, Ian Macdonald, Adriaan Richter en Johan Roux vervang. Francois Pienaar y is van nr 7-flank na nr. 6 geskuif.

Die Bokke het baie beter geskrum, die Engelse ore in die los aangesit en Roux het agter die wenpak baljaar. Die eindtelling (met ses Lions in die span) was Bokke 27 Engeland 9.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

D ·

Nodeloos om te sê.
1) Skeidsregter pateties.
2) Springbokke baie swak.
3) Geluk Ierland. Met 14 man het julle gewys wat kan gedoen word.

Henk Venter ·

Werklik “D” Wie jy ookal is?!!
Het jy werklik die waagmoed om die skeidsregter as pateties uit te wys?
Het jy hoegenaamd enige ware rugby kennis? Ek praat nou nie van daai bierpens, castle en katel rugby kennis nie. Ek praat van ware rugby kennis!

Neels ·

En is Allister Coetzee beter as Heynecke Meyer? Nee! Die olifant in die vertrek is kwotas/regstellende aksie. Dalk moet Afriforum n deeglike ondersoek doen na die impak van kowtas/transformasie op sport in die algemeen maar op rugvy spesifiek. Transformasie of kwotas word noodwendig toegepas ten gunste van een speller van kleur maar beslis ook ten koste van n ander speller. Hierdie “ander” spelers, wie is hulle? Hoe groot is hierdie poel en hoe waardevol is hierdie spelers wat ten koste van transformasie verlore gaan? Nie net op provinsiale of nasionale vlak nie maar ook op skole vlak waar spelers kanse ontsê word om plek te maak vir transformasie. Die “compounded” impak hiervan is die resultaat wat ons nou stadig maar seker kan begin sien. Wanneer skole spanne nie meer op meriete gekies word nie is die natuurlike gevolg n swakker nasionale span. Doen bietjie die ondersoek.

Henk Venter ·

Ek vra weer, aan die wat kommentaar lewer en dit sluit myself in, want ek het ‘n bekvol en nog 20 liter te se gehad oor “regstellende aksie”
WAT HET DIE WIT SPELERS IN DAARDIE WEDSTRYD BETEKEN?
Wat het hulle hoegenaamd op daardie veld gedoen, behalwe om Matfield se skoene as spelende toeskouer vol te staan?
En by die vraag sluit ek Faf de Klerk uit!

Louis ·

Henk ek hou van jou stelling. Ek dink wat jy maar kan byvoeg is ‘n AFWESIGE kaptein

Neels ·

Henk jy is heeltemal reg, op die dag se spel was geen ras beter as n ander nie. My punt is dat die impak van transformasie ondersoek moet word sodat die effek daarvan werklik verstaan kan word. Dit geld nie net die springbok span nie maar alle vlakke en kodes, administrasie ingesluit. n Vis verrot van sy kop af nie waar nie? Viva Transformasie Viva!! Die vraag is nie wat Saterdag gaan gebeur nie maar sal ons op die langtermyn met die transformasie meulsteen om die nek steeds mededingend kan wees? Groete

Henry ·

Rugby is ‘n spansport. Wanneer daar swak skakels in die ketting is, beïnvloed dit die hele span op verskeie wyses en terreine. Enige iemand wat rugby of soortgelyke spansporte gespeel het, kan dit bevestig.
Op internasionale vlak waar alle lande, met die uitsondering van Suid Afrika, hul heel beste spelers kies, sal ‘n ge-transformeerde spul tokosse nie die mas op kom nie.
Daarom kon 14 Iere (7de op ranglys) daarin slaag om die ge-transformeerde span (3de op lys, voor die wedstryd) ‘n pak slae op hul tuisveld te gee.

David ·

Indien Allister enigsins ‘n kans wil staan om suksesvol te wees sal hy van ten minste 8 van die spelers in Saterdag se beginspan moet laat gaan. Van die plaasvervangers in Vr aand se wedstryd tussen SA ‘A’ en Saxons verdien eerder om in die Springbok oefengroep te wees.

Wat my verstand te bowe gaan… Hoe is daar spelers in die huidige span van 23 wat die eens goed genoeg is om vir sy Franchise te begin nie. EN dan, 3 weke gelede verniel die Bulls se voorspelerpak die Stormers, en nou bestaan die kruks van die voorspelerpak uit die Stormers..

Arie ·

Ek is ‘n bul maar daar moes baie meer Leeus gewees het, hy sien net wp en natuurlik die kwotas, dit gaan ons rugby laat dood loop

Luan ·

Kies spelers op vorm, basta met provinsialisme, en transformasie, eers dan sal die Springbok opstaan. Daar is ‘n paar heilige koeie in die span wat moet terugstaan vir manne in vorm en hulle plek in die span terug speel.

Willem ·

Die mense vergeet ons speel wat vir ons gesê word Niemand sê iet oor ons agterlyn afrigter (Stix) wat is sy ondervinding en is dit ook dalk n geforseerde aanstelling ?

Martin ·

Ja ek stem saam Arie kies meer leeus spellers. Die afgelope paar jaar het hulle gewys hulle speel as een span saam nou sit hulle ander spellers saam uit verskilende provinsies wat nog nooit saam gespeel het nie hoe lank gaan dit nie vat om die speller wat langs jou staan te leer ken nie.

Conrad ·

Ek het nou n keelvol stadium bereik vir SA rugby. Ek is so siek en sat dat daar gedurig na oorsese spelers teruggeval word waar daar soveel talentvolle lojale spelers hier is. Ek dink ek is klaar met rugby net soos wat ek 5 jaar terug besluit het met krieket. Nie net meng die regering in nie, maar die afrigters dra net so n groot bydrae tot die situasie waarin ons SA rugby tans is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.