Allister het net een keuse

 

wallis-draak-groterDie Springbokafrigter, Allister Coetzee, het een van sy moeilikste – maar wie weet, dalk is dit sy maklikste – besluite van sy loopbaan wat die week voorlê.

Hy moet die skokkende rugbygeskiedenis wat hy wat hy binne ses maande gemaak het, probeer regstel of dan ten minste versag. Coetzee moet alles wat hy en sy afrigtingspan voorgestaan en probeer goedpraat het, oorboord gooi wanneer die Bokke Saterdag in Cardiff teen Wallis speel.

Watse nonsens was dit nie om te sê die Bokke sal nie hardlooprugby teen die Barbarians speel nie? En die snert om Engeland fisiek (met Eddie Jones as afrigter) te probeer oordonder met sy spankeuse?

Watse onsin was dit om te sê hy wou kontinuïteit met sy spankeuse teen Italië behou.

Teen Italië?

Hy moet met ʼn skoon lei begin en die vernederende nederlaag  teen Italië (die eerste ooit) probeer versag. Hy moet bewys dat daar tóg hoop vir Springbokrugby is ná die eerste nederlaag ooit teen Ierland in Suid-Afrika; die slae teen die Poemas in Argentinië; om die eerste keer in 10 jaar deur Engeland geklop te word; en om met ʼn rekordtelling teen  die All Blacks te verloor.

Die Bokke was al voorheen teen die planke, maar het opgestaan en teruggeveg.

Dink maar terug aan die sewe agtereenvolgende toetse wat die Bokke in 1964/’65 verloor het. In die volgende reeks in 1967 teen die Franse is dit reggestel toe die Bokke die eerste twee toetse met 26-3 en 16-3 en ook die reeks gewen het.

Daar was die betogertoer van 1969/’70 in Brittanje toe die Bokke deur Skotland en Engeland geklop is en gelykop teen Wallis en Ierland gespeel het. In die daaropvolgende reeks, enkele maande late in 1970 teen die All Blacks, het die Bokke  die wiel laat draai deur een van die beste All Blackspanne bloedneus in die reeks  te gee.

Dink maar terug aan 2002 toe die Bokke ses uit sewe toetse verloor het, onder meer met 3-53 teen Engeland, maar in 2003 die eerste vier toetse (twee elk) teen Skotland en Australië gewen het.

Die Bokke sal vandeesweek nie behoorlik kan oefen nie, want dit reën en reën in Cardiff.

Saterdag sal die dak van die Principality-stadion toe wees en die veld droog wees.  Dus sal die Bokke drieë moet druk om te wen.

Coetzee sal nie met die ou hout kan voortgaan nie. Hy sal die jongelinge wat vier weke lank die duiksakke moes vashou, teen Wallis moet kans gee.

Want as die Bokke weer verloor, is dit ʼn maklike besluit vir Coetzee ….

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

LOUIS ·

Maak diespelers deel van die game plan en moet nie jou idees afdwing op die spelers nie. Sorg dat die kaptein en spelers alle opsies verstaan sodat die kaptein sy span se planne kan aanpas indien nodig. Kies die beste spelers en vergeet van provinsiale voorkeur

callie ·

Dalk moet AC vir die game totaal ontrek. Los vir Franco, laat hy die span kies en die gameplan bepaal. Hoe gouer daar n lig opgaan dat AC die ondergang van SA rugby is hoe beter. Gaan kyk weer, die tyd wat hy darem curriebeker sukses behaal het was Rassie daar met raad en daad.

Pietman ·

AC kan kies net wie hy wil. In die die bokke nie die voordeeellyn met spoed aanval nie sal daar nie resultate kom nie. Laat die skakelpaar spelskeppers wees. Jy kan nie vir die stilstaande haker die bal gooi 10 meter agter die loskrum nie . Kyk na Ben Youngs se vertoning teen die bokke. ‘n skrumskakel kyk vorentoe in hedendasge rugby nie terug nie. Spoed spoed spoed. Rugby is ‘n vinnige spel, dis die enigste manier om drieë te druk.

Louis ·

Hy het net een keuse ja. HY MOET BEDANK EN SY HULPAFRIGTERS SAAM MET HOM VAT. Die spelers verdien n beter afrigter. Al is die beste spelers moontlik nie in die span nie, is hulle nie verantwoordelik vir swak afrigting nie. Ek kry vir Franco jammer, hy is nou deel van die gemors.

Waghond ·

Wedstrydplan, watter plan? Frik du Oreex het nou die dag op TV gese in hul dae was daar nie so iets nie. Noord Transvaal en die Bokke het gespeel soos die spelers die situasie tydens die wedstryd opgesom het.
AC moes al lankal ontslae geraak het van die ou hout. Die wedstryd teen Italie was ‘n guldige geleentheid om die jongelinge wat wil (en kan) speel aan toetsrugby bloot te stel – tog het hy volhard met spelers wat verby hul “sellby date” en uit vorm is. Voorts was sy kombinasies en kies van spelers buite hul posisies (bv. Stef du Toit op flank) hoogs debateer word.
Wallis slyp seker hul tande, want die Springbokke “is there for the taking”!

Wollie ·

Die bokke het swak gespeel, punt. Klim tog net af van van ou soustrein on te verwys na spelers wat te oud is. Die 3 goed wat dringend moet verander is:
a) Laat die minister van sport loop.
b) Gee Alister en sy hele spul helpers die trekpas
c) Haal kwotas heeltemaal uit sport ek kies die beste speler in daardie posisie.
Meeste van ons spelers sit in die buiteland. Wie wil in SA bly as ‘n jong speler en dan moet terug staan vir iemand ander wat nie so goed soos hy is nie. Daar is genoeg spelers van SA oorsee on 2 springbokspanne te met reserwes te kies.

Ek is jammer om te sê, maar daar is te veel politiek en boetie-boetie agter die skerms. Ons sal nie weer sommer met die bestes in die wêreld kan meeding nie.

Hannes ·

Ek wil graag hoor wat jul mening is hieroor.
Daar word naarstigtelik gesoek na die oorsaak van ons patetiese rugby vertonongs.
Ek is nie n rasis nie, maar kan die volgende dalk bygedra het tot die probleem.
Op skole vlak is die provinsiale spanne verplig om spelers van kleur vir die spanne te kies (ons almal weet van sulke gevalle) met die gevolg dat baie van ons beste talent nie gekies kan word nie. Van die seuns gaan speel dan maar Bokkie rugby of hou op rugby speel – om plek te maak vir gekleurde spelers. Maak ons nie daarvan n gewoonte om nie ons beste spelers te kies nie? Kon dit bydra tot die situasie waarin ons vandag is? Sou julle dink dit moet by die rugby indabas bespreek word? Indien wel – wie sou mans genoeg wees om dit te opper, of is daar nie een van die ouens op hoë vlak wat voel dat dit nie n bydra lewer tot die probleem nie.
So baie redes gehoor vir die payetiese vertonings van rugby kommentators, sport joernaliste, maar niemand kan regtig sê wat die probleem is nie – of wil hulle nie die probleem erken nie.
vra maar net!

Parrie ·

AC se keuses is beperk deur kortsigtigheid maar waar ek met hom saamstem is dat sy wedstrydplan werk en daar is niks mee verkeerd nie. Hy beplan immers heel week lank om Saterdag se wedstryd te verloor en noudat dit werk kritiseer ons hom.

Nico ·

Wollie daar is genoeg spelers in SA maar soos elke afrigter wil hulle hul eie mense hê en in AC se geval flop dit geheel en al. Dit is juis die gebruik van huur soldate wat dit maklik maak vir jong spelers om ook oorsee te gaan want hulle weet hul kan hul brood aan alkant botter. AC is berug daar voor dat hy ‘n briljante speller in die afgrond in afrig. Kyk maar wat het hy van Jantjies en Taute gemaak toe hy hulle na die Kaap gelok het. JH het Jantjies weer reggekry maar Taute het bly val. Selfde het hy nou met ander spelers gedoen. As ‘n speler nie speel soos jy wil speel nie hoekom kies jy hom en forseer hom om anders te speel omdat die afrigter tonnel visie het. Selfde het met bv. Jan serfontein gebeur. Hy was ‘n brijante senter maar toe het HM hom naatstigtelik gesoek en sy rugby opgemors deur van hom ‘n stamkar te maak. ‘n Afrigter wat ‘n speler nie kan aanend op sy spel waarmee hy gekies is nie hoort nie ‘n afrigter te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.