Allister-hulle trap al hoe dieper in die gat

Ruan Combrinck – wat is die ware rede waarom hy nie gekies word nie?  (Foto GB Jordaan)

Ruan Combrinck is nie in die Springbokspan nie omdat hy te min speel.

Rêrig?

Is daar werklik ʼn tandemuis? Wat van Vader Kersfees?  Is daar ʼn ooievaar?

Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, het Maandag in Bloemfontein antwoorde probeer verskaf waarom Combrinck nie vanjaar by die Bokke betrek is nie.

Volgens Coetzee het Combrinck sedert die Superrugby-uitspeelwedstryde nog net drie keer sy verskyning (van die bank af) vir die Japanse Kinetsu Liners gemaak en dís hoekom dit moeilik is om sy spelpeil te beoordeel.

Rig Jimmy Stonehouse, Dawie Theron, Frans Ludeke, John McFarland en Jake White dan nie ook in Japan af nie? Wat sê of hoor hulle van Combrinck?

Vergeet van die twee toetse verlede jaar teen Ierland, vergeet van die twee toetse teen Argentinië, van die drie toetse op die toer aan die einde van verlede jaar. Was Combrinck werklik só swak?

Vergeet van vanjaar en verlede jaar se Superreekse, en vergeet van beroemde oud-Bokke wat almal vleuel gespeel het en self afgerig het, soos Pieter Hendriks, Ray Mordt, Chester Williams en Carel du Plessi,s en wat hul koppe in ongeloof skud omdat Combrinck dit nie kan maak nie.

As vanjaar se Superrugby-statistiek as maatstaf gebruik word, het Combrinck meer keer die lyn as Raymond Rhule gebreek, meer duikslae gebreek, meer suksesvolle duikslae uitgevoer, verder met die bal gehol en verder geskop. (En sekerlik minder op die verdediging verbrou).

Wat van Handré Pollard, Damian de Allende, Rudy Paige en Chiliboy Ralepelle wat ewe min speel, hoewel húlle by die Bokke is?

Hoe meer verskonings daar gemaak word, hoe meer daar gesystap word, hoe dieper raak die gat waarin Coetzee-hulle trap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ben ·

Ek wens die sogenaamde afrigter wil eerder sy mond toehou want as hy praat is dit nonsens en dink hy dat die publiek ape is.Ons het almal gesien hoe swak Rhule se verdediging is al sedert die Superrugby maar hy bly kies hom.Onthou dat Cheslin Kolbe drie driee teen hom vir die Stormers in Bloemfontein gedruk het terwyl hy seker die kleinste vleuel in wereldrugby is.Volgens my het Rhule gladnie so n goeie wedstryd teen die Aussies gehad nie.Die ergste is dat Coetzee en die keurders nou na meer as dertig toetse agterkom dat volgens hulle Hougaard nie n internasionale skrumskakel is nie,maar Paige,Rhule,Ralepele en Dreyer is internasionale spelers.Hy word nou die skuld gegee vir die All Black verloor terwyl die helfte van die span uitgegooi moes word. Waar was Rhule om te verdedig toe die All Black vleuel Ioanne die eerste drie gaan druk het?

Veritas ·

As ek hy is emigreer ek Japan toe. Hy is nog jonk en kan binnekort vir Japan uitdraf. As ek reg onthou het Japan, Suid-Afrika in die laaste botsing tussen die twee lande, geklop. As hy nog ‘n alleenloper is, kan hy gou-gou met ‘n Japanese poppie trou en dan sommer volgende jaar al vir Japan uitdraf. Aan die ander kant sal SARU seker ‘n stokkie daarvoor steek aangesien hy reeds Springbok is.

Jack Russl ·

Hy mag nie vir Japan speel nie aangesien hy reeds vir ‘n senior SA span gespeel het.

Jack Russl ·

AC het seker nie die memo gekry dat Combrinck Sondag se wedstryd begin het nie.

Hy praat ook nou so goed van Louw, ‘n oorsese speler. Verlede jaar was dit juis die oorsese spelers se skuld dat die bokke verloor het omdat hulle nie fiks genoeg was nie.

Jacques ·

Dis maklik mense, hou op stadions toe gaan, boikot die springbok toetse en laat hulle by lee stadions speel

Jack Russl ·

Die mense sê te maklik hulle boikot die bokke, maar as jy weer kyk stroom hulle by die stadium in en die winkels is vol mense in groen geklee. Woord en daad is nie dieselfde nie

Piet Pille ·

Jacques, jy is 100% reg. Mense bly weg en boikot ook sommer die TV uitsendings. Sokker word gebeeldsaai op al wat ‘n kanaal is, en dan is die meeste stadiums dol leeg, maar vir rugby moet jy Supersport 1 besit.

Josua Keys ·

Allister is besig om die finale spyker in die doodskis van Suid Afrikaanse rugby in te slaan, Franco en Brendan is onskuldig by dit betrek met die hoop dat hulle wel hul ding kan doen en ons rugby terug kry waar dit eens was. Almal was gaande oor die besluit om hulle aan te stel maar ek dink dit was net om die publiek ‘n rat voor die oë te draai want dit gaan vir die keurders meer oor hoeveel geld hulle uit televisie uitsaai regte ens kan maak asom SA rugby uit die rioolplaas te red. Die ouens wat tans daar speel probeer wel hul bes maar kom nie die mas op nie. Waarom het Ackerman oorsee gaan afrig wil ek graag weet? want hy het geweet sou hulle hom kies sou presies dieselfde gebeur het, keurders kies afrigters wat die publiek wil hê mits hulle instem maar teen sekere voorwaardes, jy sal na ons luister en ons riglyne volg en doen wat ons vir jou sê en dit is juis waarom ‘n eens magtige en erkende Springbok span nou in die selfde lyn gesien word as bafana bafana ‘n groot “Joke”. Die enigste kans wat ons teen die All Blacks gehad het as 95% van die Springbok span uit die Leeus bestaan het want dit is die enigste Super reeks span wat die All Black spanne kon troef. Looks at the scoreboard as proof, nou sukkel van die Leeu spelers om in die sirkus in te pas.

Chris Noordkus ·

Om te se dat 95% van die Springbokspan uit die Lions moet bestaan is belaglik, hulle was in elkgeval gelukkig om die Sharks in Jhb te wen, hoe lyk die samestelling van die All Blacks? wat wel ‘n feit is ,is dat AC nie ‘n clue het wat hy doen nie , Springbok rugby sal nooit weer wees wat dit was nie en ‘n mens het nie ‘n kristalbal nodig om dit raak te sien nie , hoe gouer die springbok embleem van die trui verwyder word hoe beter, dit doen in elkgeval aan die Springbokke van weleer,’n oneer aan ,soos daar nou met die trui op die veld gesmous word

Josua Keys ·

Chris wie sou jy daar wou sien as jy nie saamstem nie, al die spanne in SA het n kans gehad om teen die Lions te speel en die spelers wat toe moes uitstaan was heeltemal stil gespeel ek wil nie eens name noem nie en onthou ek sê nie die ander spanne se spelers is nie goed genoeg nie em sê wel moenie n goeie speler vervang met n minder goeie speler nie, Skosan sukkel by die bokke, hoekom want hulle neuk rond met die mense se normale spelpatroon, dit geld vir Jantjies, Andries, Jaco, Ross, Franco ens die Leeus se senters het kringe om die spanne gehardloop maar nie een van hulle is op die bank eers nie as die Lions blou, blou en wit, swart gedra het sou 95% van die bokke beslis uit hulle bestaan het. Ek weet almal soek hul helde daar maar wraggies net ten koste van n beter speler nie, gaan n paar jaar terug en gaan kyk toe Jannie de Beer sy kans gekry het en die keurers hom nie raak gesien het nie toe verniel hy die Engelse, Gavin Johnson was dieselfde geval en hoe lank het sy rekort nie bestaan nie, Ruan Jansen van Rensburg, saam Herold Vorster is die beste senter paar in SA maar Kriel en Serfontein speel en dan kry Jantjie die skuld Hougie is lank al nie meer op standaard nie maar nou is die agterste drie die oorsaak wat n grap.

Rianto ·

What is AC se Job description nou eintlik? Moet hy die spelers kies en die ander rig af? Ek wonder of sy opinie oor die 2 Ruans dieselfde sou wees as hulle vir WP gespeel het.. verstaan my reg asb ek dink AC is nie net provinsialisties nie… hy bewys homself as onbevoeg hoe langer hy aanbly….

Die beste van als is die spelers weet dit ook.. hulle speel mos teen en saam mekaar en weet wie is tot wat instaat. Weet ook wie kan verdedig en wie nie…

Net so dink ek weet Rhule ook hy hoort nie daar nie…

N goeie eienskap van n Afrigter is om eerlik met n Speler te wees en net soos jy hom vertroue gee moet jy hom ook kan terugstuur na die vlak waar hy hoort.. Rhule hoort verseker nie in die Groen en Goud nie… en AC as jy so groot waardering het vir daai trui soos jy se Sal jou spankeuses dit wys!!

Mamparra van der Brul ·

AC is werklik ‘n verleentheid vir die land. Pollard het letterlik jare laas ‘n volle wedstryd gespeel. Die bokgroep is blykbaar nou ook ‘n rehabilitasiegroep. Beseerdes het nou ‘n uitstekende kans om die span te haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.