‘Allister, jy’s gepos’ … gaan dit waar word?

Sal Allister Coetzee die kontraktuele valbyl vryspring? (Foto: Youtube)

Dit het al ʼn paar keer vantevore gebeur en die Springbokafrigter, Allister Coetzee, kan hom maar daarop voorberei dat hy dieselfde paadjie kan stap.

Coetzee, wat ʼn wenpersentasieklousule van 65% in sy kontrak het, kan vanjaar op 61,5% eindig as die Bokke sy oorblywende twee wedstryde teen Italië en Wallis wen.

Dit volg nadat die Springbokke Saterdagaand in Parys die Franse met 18-17 geklop het. Coetzee se wenvertoningslys vir vanjaar staan op 54,5% en dit kan tot 61,5% verhoog word.

Gaan dit genoeg wees om aan te bly, veral nadat hy verlede jaar net 4 uit 12 toetse met ʼn wenpersentasie van 33,3% kon wen? As Coetzee se vertonings saamgevoeg word, kan hy hoogstens op 44,5% na die twee jaar eindig.

Toe die Bokke in 1994 van hul Nieu-Seelandse toer af teruggekeer het, is die destydse Bok-afrigter Ian McIntosh, met ʼn plakkaat begroet: “Mac, dis jou skuld”.

Sy vrou, Rhona, was briesend vir die joernaliste wat die span op die lughawe ingewag het, maar soos een teruggekap het: “Rhona, wie het span afgerig?”.

Dit het gevolg nadat die Bokke die reeks teen die All Blacks met 0-2 verloor het nadat die derde toets met 18-elk gelykop geëindig het.

Die besluit was reeds deur die destydse rugbybaas dr. Louis Luyt, geneem en hy het dit aan Rapport laat uitlek. Al wat nog moes gebeur het, was dat Luyt die volgende oggend die faks sou aanskakel en aan Ian Mac sou stuur.

Terloops, McIntosh se wenpersentasie was 33,3% nadat die Bokke ook net 4 uit 12 toetse kon wen.

En toe die Bokke op 23 Augustus 1997 van hul Pretoriase hotel na Loftus Versfeld gery het, is Carel du Plessis met plakkate teen die lamppale begroet: “Carel, jy’s gepos!”

Die Bokke het die Wallabies daardie dag in die Drienasiesreeks met 61-22 geklop, maar die besluit was ook reeds geneem.

Nou lê die toetse teen Italië en Wallis die volgende twee naweke voor.

As ek Coetzee is, kies ek ʼn hele nuwe span, probeer die Italianers met 50 of meer punte klop om darem iets die toer te put.

Maar die kans dit sal gebeur, is darem baie, baie vergesog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frik ·

#alistermust go
Hoekom so lank gewag? Swak se afrigter ooit!
Ry op rug van ander. Stel Rassie dadelik aan, hy is mos terug! Gee Alister n top Varsity Span soda they die ook kan opneuk. Baai baai Alister. Mooi loop.

Veritas ·

Die gemors in Bokrugby is nie die afrigter se skuld alleen nie. Hy word nie toegelaat om sy span op meriete te kies nie. Dít alleen maak dit feitlik onmoontlik om die span te laat presteer. Alvorens SARFU en die regering nie ophou inmeng met afrigter-
en spankeuses nie, sal Bokrugby maar aan die agterspeen bly suig. Suid-Afrika is die enigste land wat gemiddelde prestasie as aanvaarbaar beskou.

Johan ·

Ek stem saam, maak nie saak WIE jy kies nie, die kniehalter, armbande, bly daar om enige afrigter te kwaam. Jammer om dit weereens te uiter, maar so lank as wat n regering besluit Wie vir die bokke speel, so lank sal die ellende aan gaan.

wesley ·

Jy kan Allister die All Black span gee om af te rig, hul sal nogsteeds so swak vertoon soos wat die Bokke nou doen. Kwotas en regering het dalk die bootjie op daai reis gesit, maar die manne op die stuur ry dit nou rotse toe. 2007 was daar ook n regering. 2009 was daar ook n regering. Jake en Divvy het goed gevaar, maar HM het begin met die moeilikheid, en dit raak net erger.

Lucas ·

Die base. Dis nou die rassistiese ANC sal nooit toelaat dat daar weer ‘n blanke afrigter aangestel word nie !! Allister is veilig of hulle sal iemand anders soek wat aan TRANSFORMASIE kwota voldoen !!

Willie ·

Did Maklik boikot Rugby… ek doen daarsonder… did een teleerstelling op n ander! Raak hul aan die sak…

MPN ·

Al wat ons moet doen is om weg te bly van die wedstryde, dit nie meer oor TV kyk nie en dit ook nie langs braaivleis vure bespreek nie – net so vir `n seisoen. Hulle sal gou by die regte span uitkom.

Manie ·

Pateties verby, ek het actually Saterdag vir die Franse geskree.

Justice ·

Ek wens dat Jacques Pauw `n boek wil skryf oor wat regtig in Suid Afrikaanse rugby aangaan – ek waarborg hom nog `n top verkoper wat almal sal laat regop sit.

Willie ·

Ek het inteendeel nie gekyk nie… my belangstelling is weg… SA rugby op alle vlakke strort in duie…van Super rugby tot Currie cup… mens benadeel net jou bloedruk, en ondersteun n Unie, wat ons geld vedoesel… ek koop niks rugby gewyse nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.