Allister kan nou rustig slaap oor Combrinck se weglating

Ruan Combrinck – weer beseer (Foto: GB Jordaan)

Nou kan die Springbokafrigter Allister Coetzee rustig slaap. Hy hoef hom nie meer te bekommer oor die kritiek dat hy Ruan Combrink nie vir die Bokspan kies nie.

Combrink het Sondag in ʼn klubwedstryd vir die Kentetsu Liners teen die Munakata Sanix Blues in Japan sy skouer beseer, volgens berigte en twiets in Japan en Suid-Afrika.

Hy moet ʼn operasie ondergaan en sal dus waarskynlik nie vir die Springbokke se jaareindtoer beskikbaar wees nie. Combrinck sal vir die operasie na Suid-Afrika terugkeer.

Hy sal waarskynlik ook nie deel van die Lions se voorbereiding vir die geherstruktureerde Superreeks van 2018 wees nie.

Die Lions se vleuel, wat verlede jaar in Junie sy buiging vir die Bokke gemaak het, is tot dusver vanjaar strykdeur deur Coetzee oor die hoof gesien. Sy verskonings waarom dit gedoen is, hou nie water nie en was tot dusver in sommige gevalle nie feitelik korrek nie.

Raymond Rhule en Combrinck se spanmaat by die Lions, Courtnall Skosan, en nou ook Dillyn Leyds is voor hom vir die agt toetse tot dusver in Junie teen Frankryk en daarna in die Rugbykampioenskap gekies.

Combrinck, een van die min konstante uitblinkers in verlede jaar se deurmekaarspul wat betref spankeuse en afrigting, het vanjaar eers in Mei begin speel nadat hy in verlede jaar se heel laaste toets teen Wallis ‘n kraak in die skouergewrig opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PHILIP GERSBACH ·

COMBRINK WAS BO GEMIDDELD GOED GENOEG OM VIR DIE BOKKE TE SPEEL!!! MAAR SOOS ONS ALMAL WEET NIE SWART GENOEG NIE!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.