
Andries Coetzee – een van die vier nuwelinge in die Bokspan, van wie drie Lionsspelers is. (Foto: GB Jordaan)
Vier spelers sonder toetservaring waarvan drie die agterste driehoek uitmaak, geen plek vir Jaco Kriel in die wedstryd-23 nie, en Franco Mostert wat in die plek van Pieter-Steph du Toit in die opdrafspan is.
Dít is van die vernaamste kenmerke van die Sporingbokspan wat Allister Coetzee Donderdag bekend gemaak het. Daar was ook nie plek vir die twee oorsese spelers Frans Steyn en Francois Hougaard in die beginspan nie, en Steven Kitshoff, wat nou terug is as Suid-Afrikaanse speler ná hy pas sy oorsese kontrak voltooi het, sit soos dié twee op die bank.
Daar is sewe Lions in die span, insluitende die sogenaamde “ruggraat” van haker, agsteman en die skakelpaar.
Coetzee het ook die twee Bulls op senter as kombinasie gekies.
Die vier nuwelinge is almal agterspelers: die heelagter van die Lions, Andries Coetzee, sy spanmaats Courtnall Skosan (vleuel) en Ross Cronjé (skrumskakel), en die Cheetahs se vleuel, Raymond Rhule, wat reeds onder Heyneke Meyer ʼn amptelike Springbok geword het, maar nog nie die groen trui gedra het nie.
Die agterlyn het saam maar 54 toetse op hulle kerfstok.
Voorlangs het Siya Kolisi, wat vanjaar ongetwyfeld die vorm-losvoorspeler in die land is, die plek as oopkantflank gekry. Kriel, wat vanjaar nog kwalik gespeel het, moes moontlik nie eers in die Bokgroep gewees het nie – en dit het niks met sy bewese vermoë te doen nie.
Hoe kan daar met sy wedstrydfiksheid en besering gewaag word? Wat vir Ruan Combrinck se weglating ná twee Superwedstryde geld, moet seker hier ook van toepassing wees, of hoe?
Op vaskopflank het Oupa Mohoje ook ʼn goeie seisoen agter die rug, en sy uitstekende lynstaanspel is moontlik die rede waarom hy bo die vurige Jean-Luc du Preez ingesluit is.
Dit beteken dat die Bokke benewens die twee slotte ook vir Mohoje en die kaptein Warren Whiteley as lynstaanopsies het.
Met die heelwat veelsydige opsies (Frans Steyn as heelagter/senter/losskakel), Francois Hougaard (skrumskakel en vleuel) en Dillyn Leyds (vleuel en heelagter) is dit miskien ʼn kans wat Coetzee misgeloop het deur nie twee agterspelers en ses voorspelers op die bank te kies nie.
Dit is tog immers voorlangs waar die Franse glo hulle kan die Bokke mak speel?
Die span –
15 Andries Coetzee, 14 Raymond Rhule, 13 Jesse Kriel, 12 Jan Serfontein, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Oupa Mohoje, 6 Siya Kolisi, 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Pieter-Steph du Toit, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Francois Hougaard, 22 Frans Steyn, 23 Dillyn Leyds.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Wil nie negatief wees nie, maar met Hougaard en Steyn op die reserwebank kan die bokke hul maar klaarmaak vir n nederlaag teen die Hane.
Kom ons kyk maar wat gebeur.
Nog n bloukie sal mos nou niks verander aan die land se alreedse vernederende toestande nie .
So ja enjoy maar wat voorle ons raak dit al gewoond na die game word daar net weer GELAG EN GESE EISHHHH SORRY .
Op Nuweland het Kriel Vir Kolisi en kie ore aangesit. Kolisi defnitief nie die beste in die land nie. Die Du Preez broers het hom ook oordonder in Durban. Se maar net.
Waar is Jaco Kriel en Ruan Dreyer ,,,,,,,,,,,,,, nie eers op die bank nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Rule op regter vleuel,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,wat ‘n grap. Dit gaan nie lank wees nie dan vat van die top spelers weer pad oorsee AC. Daar word nog steeds span gekies met oog klappe aan,,,,,,,,,,,,,,,,,,,