Allister kies onervare agterlyn vir die eerste toets

Andries Coetzee – een van die vier nuwelinge in die Bokspan, van wie drie Lionsspelers is. (Foto: GB Jordaan)

Vier spelers sonder toetservaring waarvan drie die agterste driehoek uitmaak, geen plek vir Jaco Kriel in die wedstryd-23 nie, en Franco Mostert wat in  die plek van Pieter-Steph du Toit in die opdrafspan is.

Dít is van die vernaamste kenmerke van die Sporingbokspan wat Allister Coetzee Donderdag bekend gemaak het. Daar was ook nie plek vir die twee oorsese spelers Frans Steyn en Francois Hougaard in die beginspan nie, en Steven Kitshoff, wat nou terug is as Suid-Afrikaanse speler ná hy pas sy oorsese kontrak voltooi het, sit soos dié twee op die bank.

Daar is sewe Lions in die span, insluitende die sogenaamde “ruggraat” van haker, agsteman en die skakelpaar.

Coetzee het ook die twee Bulls op senter as kombinasie gekies.

Die vier nuwelinge is almal agterspelers: die heelagter van die Lions, Andries Coetzee, sy spanmaats Courtnall Skosan (vleuel) en Ross Cronjé (skrumskakel), en die Cheetahs se vleuel, Raymond Rhule, wat reeds onder Heyneke Meyer ʼn amptelike Springbok geword het, maar nog nie die groen trui gedra het nie.

Die agterlyn het saam maar 54 toetse op hulle kerfstok.

Voorlangs het Siya Kolisi, wat vanjaar ongetwyfeld die vorm-losvoorspeler in die land is, die plek as oopkantflank gekry. Kriel, wat vanjaar nog kwalik gespeel het,  moes moontlik nie eers in die Bokgroep gewees het nie – en dit het niks met sy bewese vermoë te doen nie.

Hoe kan daar met sy wedstrydfiksheid en besering gewaag word? Wat vir Ruan Combrinck se weglating ná twee Superwedstryde geld, moet seker hier ook van toepassing wees, of hoe?

Op vaskopflank het Oupa Mohoje ook ʼn goeie seisoen agter die rug, en sy uitstekende lynstaanspel is moontlik die rede waarom hy bo die vurige Jean-Luc du Preez ingesluit is.

Dit beteken dat die Bokke benewens die twee slotte ook vir Mohoje en die kaptein Warren Whiteley as lynstaanopsies het.

Met die heelwat veelsydige opsies (Frans Steyn as heelagter/senter/losskakel), Francois Hougaard (skrumskakel en vleuel) en Dillyn Leyds (vleuel en heelagter) is dit miskien ʼn kans wat Coetzee misgeloop het deur nie twee agterspelers en ses voorspelers op die bank te kies nie.

Dit is tog immers voorlangs waar die Franse glo hulle kan die Bokke mak speel?

Die span –
15 Andries Coetzee, 14 Raymond Rhule, 13 Jesse Kriel, 12 Jan Serfontein, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Oupa Mohoje, 6 Siya Kolisi, 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Pieter-Steph du Toit, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Francois Hougaard, 22 Frans Steyn, 23 Dillyn Leyds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

heksie ·

Wil nie negatief wees nie, maar met Hougaard en Steyn op die reserwebank kan die bokke hul maar klaarmaak vir n nederlaag teen die Hane.

Hein ·

Nog n bloukie sal mos nou niks verander aan die land se alreedse vernederende toestande nie .
So ja enjoy maar wat voorle ons raak dit al gewoond na die game word daar net weer GELAG EN GESE EISHHHH SORRY .

Piet ·

Op Nuweland het Kriel Vir Kolisi en kie ore aangesit. Kolisi defnitief nie die beste in die land nie. Die Du Preez broers het hom ook oordonder in Durban. Se maar net.

willie ·

Piet, is jy dan ñ vreemdeling in Jerusalem? Hier gaan dit mos net oor kleur! Jammer vir die gekleurdes wat wel verdien om daar te wees! ai ai ai

Christo Visagie ·

Waar is Jaco Kriel en Ruan Dreyer ,,,,,,,,,,,,,, nie eers op die bank nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Rule op regter vleuel,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,wat ‘n grap. Dit gaan nie lank wees nie dan vat van die top spelers weer pad oorsee AC. Daar word nog steeds span gekies met oog klappe aan,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Anoniem ·

Mis duiker Rhule bo Leyds? Malherbe bo Dreyer? Serfontein en Kriel as senterpaar van die Flou Bulle wat vanjaar van drieë druk vergeet het? Mohoje bo du Preez of Kriel? Nee wat

Pieter ·

Kriel het op nuweland Kolisi en kie stil gespeel!! n beseerde Kriel is selfs beter!! Die Du Preez Broers het in Durban Kolisi en kie oordonder!! Kolisis defnitief nie die invorm losvoorspeler in SA nie!!!!!

Gideon ·

Waarom 4 lynstaanopsies? Dit is ‘n onsinnige argument. Dit sal puik wees as die 2 slotte hul balle wen. Watter een van die twee flanke is die baljagter? Dalk is baljag nie hulle doel nie, dalk is dit die senters se taak. Dalk het die afrigter ‘n meesterplan. Tyd sal leer. Dalk wen ons. Enigiets is moontlik. Ek dink ek moet die Lotto begin speel.

Louis ·

Nee wat die span is nie op meriete gekies nie , A C as dit jou span is virdie jaar dan wag daar groot probleme vir jou , alweer kwotas ! Verwyder daai speingbok kop en staan liewers bekend as die AN C proteas

Louis ·

Saterdag is loftus half vol , wie wil nou n kwota rugbyspan sien speel!

Jack Russl ·

Ja, dit sal ‘n goeie boodskap aan SARU, maar kan nie sien dat dit gaan gebeur nie. As die rugby daar is moet dit gekyk word, maak nie saak hoe groot grap dit is nie. Totdat die publiek nie die rugby boikot nie sal hulle maar so voortploeter. Wys hulle hoe maak hulle keuses die toeskouers minder.

Ek sal eers weer bok rugby begin kyk sodra AC weg is as afrigter

Callie ·

Eerlik. Kolisi en Mahoje tel nie eers onder die 4 bestes in hul posisie nie. Rhule het geen verdediging nie. Met dit gaan ons rugby net nog verder agteruit. Wen hulle die een glo almal weer bokke is op die regte pad. Glo my. Rugby in SA is tot niet

Henk ·

WAT het Malherbe op Coetzee dat hy aanhou om hierdie sukkelaar te kies?

Nico K ·

Ek dink dit is ‘n goeie span wat gekies is. Kolisi het vanjaar uitstekende rugby gespeel. Die 2 Bul senters is goed. Jaco Kriel was lank beseer (en hy het laasjaar vir die Springbokke gespeel en ek het hom in geen wedstryd iets sien doen nie.) Frans Steyn, en in ‘n mindere mate Hougard, het baie talent en dit is die tipe spelers wat ons teen die All Blacks nodig het. Ek kan nog nie verstaan hoekom ons nie ons oorsese spelers wil kies nie. Daar is baie talent daar. Die Springbokke kan hierdie een wen.

Christo Visagie ·

Nico K,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,ek wonder watse brille gebruik mense as hulle rugby kyk,,,,,,,,,,,,,,Kriel en sy maters het die Stomers stil gespeel, vra eerder waar was Kolisi,,,,,,,,,,,,,,,,,,, die twee senters van die Bulle het natuurlik die meeste drieë gedruk in Super rugby,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,wat ‘n grap, ooooo voor ek vergeet Serfontein was self lank beseer,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Fires ·

Daar is nou kwansuis so min toetservaring in die agterlyn, die ‘ervaring’ waarvan die skrywer praat is blykbaar is hoe om te verloor veral teen lande soos Japan en Italie

Danie ·

Die swart bal is nog nie gedink nie…..maar daar is altyd ń maar stem saam die span is nie op meriete gekies nie hel,dink wragtig hulle kon beter keuses gemaak het waar is van die kings spelers wat regtig klem afgedruk het rule ai ai swak keuse sal wragtig eeder vir mvovo inbring,die 2 flanke mensig liewe koos wat gaan ons maak rugby boikot soos ons spur boikot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.