Allister maak ommekeer ná Pieter-Steph se harsingskudding

Duane Vermeulen – terug in die Bokgroep (Foto: stormersrugby.com)

En toe maak die Springbokafrigter Allister Coetzee weer ʼn ommekeer.

Die ervare Springbok van die WP en die Stormers, Duane Vermeulen, is deur Coetzee nadergetrek en sou Maandag al by die Springbokke in Parys aanmeld.

Vermeulen se oproep volg ná die harsingskudding wat Pieter-Steph du Toit Saterdag teen Ierland opgedoen het. Dit is Maandagoggend bevestig dat dit hom vir seker uit die naweek se kragmeting teen Frankryk sal hou.

Die keuse van Vermeulen, wat vir Toulon speel en dus vinnig by die span kon aansluit, moet verwelkom word. Hy is genoem as moontlike Bokkaptein maar is verlede jaar teen die Iere tydens die Junie- inkomende toer beseer. Hy het die hele Rugbykampioenskap van 2016 weens die kniebesering misgeloop.

Vanjaar is hy ook kort voor die Rugbykampioenskap vir ‘n liesbesering geopereer.

Vermeulen sal ongetwyfeld stabiliteit en ook die krag oor die voordeellyn verskaf wat tans by die Bokke ontbreek.

♦  Die feit dat Vermeulen nou deur Coetzee opgeroep is, wys weer op die afrigter en bestuur se swak beplanning en spankeuse.

Toe Jean-Luc du Preez in die Curriebekereindstryd beseer en aan die toer onttrek is, het Coetzee vir Ruan Botha, die Sharks se slot, in sy plek gekies. Daar was glo volgens Coetzee genoeg losvoorspelers in die Bokgroep.

En nou?

♦  Die Springbokke se vaskop, Coenie Oosthuizen, is op pad Suid-Afrika toe ná sy ernstige kniebesering wat hom maande lank van die veld sal hou. Geen plaasvervanger is nog vir hom aangewys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris du preez ·

Wat van Kwagga Smit . Alister. Is Ollie le Roux nie dalk reg met sy kommentaar oor jou nie. Ek kan nie dink dat daar al meer bizare span keuses gemaak is nie. Saam met die regering mors julle SA rugby nou heeltemal op

Niklaas ·

Wel , slegter kan dit sekerlik nie gaan nie. Hoop daar is weer Bok oorwinning die naweek.

Albert ·

Vermeulen se rak lewe is verby, dieselfde ou storie ons kyk nie verder as ons neuse nie, wat is die belangrikste die wereldbeker of nou. Om die wereldbeker te wen moet ons soos die N Z maak kies jong manne wat wil en kan en lei hulle op om die beker te wen. Ek sou vir Kwagga getrek het en die los voorspelers sal Kolizy,Kwagga en Du Preez, wat n agsteman is en Kwagga wat op die grond werk en met vaart driee vir jou bring.

Louwrens ·

Ja nog n pak slae wat wag AC sal nooit kan leer nie. Combrink kan nie gekies word nie want hy moet eers wedstryd fiks word maar wragties Coenie is nog nie eers klaar met besering nie dan kry hy span nou nog Duane Vermeulen bo wereld kenners wat Kwagga sou kies.Daarby nog niemand wat Coenie kan vervang nie nee wat Allister

Callie ·

Almal mis die punt. Kwotas run die show. Kies hy Pollard moet Paige begin. Hy kan Beast nie los vir Kitshoff nie dan moet hy n ander losvoorspeler van kleur speel saam met Siya . Skosan het dit nie gemaak onder die hoe bal nie so hy moet n ander swarte daar kies. De Allende speel oor hy as kwota gesien word. Nou word Kriel afgebreek oor so binne senter. Dan sit jy met n baie, baie swak afrigter wat deur Kobus Wiese, Ashwin Willemse en Breytie in die span ingepraat is. Kan julle nie eers sterkte toewens nie

Frans C ·

.Derick Hougaard is werk kwyt omdat hy sy mond oor transformasie uitgespoel het.

Nasionale afrigters is besig met ‘n balansseer toertjie ,want aan die een kant moet hy die politieke base van SARU tevrede hou en terselfdertyd aan die rugbypubliek se verwagtinge voldoen.

Nou is dit in die lewe so dat as jy twee here probeer dien,dan dien jy een van die twee nie,
As jy gelyktydig op twee stoele probeer sit,beland jy gewoonlik op jou blaker tussen die twee.Dieselfde is op Provinsiale afrigters van toepassing, transforamasie is die wagwoord,waar kwantiteit op alle terreine bo kwaliteit gestel word.

As dit die realiteit van die dag is,moet ons as rugbypubliek, in die woorde van die ‘ou groot
krokodil -‘adapt or die’.Of ek daarvan hou of nie,ons lewe in ‘n ander demokrasie,met ‘n nuwe vlag,koeksister volkslied ens.

Laat ons daarom met die nodige eerbied en respek afskeid neem van die Springbok en Curriebeker.Eersgenoemde met eerbied begrawe en laasgenoemde ‘n ere plek in die rugbymuseum gee.

Want al wat tel is om ná die eindfluitjie soos Oom Boy Louw destyds te sê ‘Looks at the scoreboard’ . En die ‘scoreboard’ vertel die droewige verhaal van die Springbok se stadige maar sekere dood.

Laat ons dan opstaan en die bokkie uit sy lyding verlos ,want ek kan nie langer sy geblêr, verduur nie,

Anti - Anti ·

Frans C, ‘n lighartige, hartseer kommentaar maar…..(ongelukkig) o, so waar!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.