Allister sal nie sommer verander; Italië kies vier nuwes

Eben Etzebeth

Eben Etzebeth

Met Eben Etzebeth wat beslis nie die naweek teen Italië sal speel na hy Saterdag teen Engeland die veld met harsingskudding verlaat het nie, weet ʼn mens darem een ding: daar sál ʼn verandering aan die Springbokspan wees.

Dit lyk of Allister Coetzee gelukkig is met sy onpeilbare wedstrydplan (watter wedstrydplan, wil-wil ʼn mens vra) en dat hy net hier en daar vir die toets sal skaaf.

Hy meen steeds daar is geen kans dat spanveranderinge beter as die huidige klomp sal vaar nie.

Moontlik is Coetzee reg, maar daar is immers net een manier om verseker te weet.

Verloor die veranderde span, is daar immers ʼn bietjie vernuwing vorentoe. Met die huidige kombinasies beweeg Suid-Afrika met elke toets ʼn stappie agteruit – en moenie die vertrek van jonges oorsee heeltemal uitsluit in hierdie regressie nie.

♦  Waag tog en verloor, en gee die jonges die ondervinding dat die Bokke aanstaande jaar darem hulle man sal kan staan. Vanjaar is reeds ʼn deurmekaar mislukking.

♦  Italië, aan die spanbou, het egter hulle span effens verander ná die pak wat hulle Saterdag van die All Blacks gekry het. Die telling was 68-10.

Italië verloor, ironies genoeg, twee spelers in die faset waar Suid-Afrika die sterkste is, die skrums. Die haker Leonardo Ghiraldini en die stut Andrea Lovotti is vervang omdat hulle nie in Florence kan speel nadat hulle beserings teen die All Blacks opgedoen het nie.

Hulle word in die toetsspan deur die stut van Treviso, Nicola Quaglio en Zebre se haker Tommaso D’Apice vervang.

Die twee ander veranderinge is Giovanbattista Venditti wat Angelo Esposito op linkervleuel vervang, en Francesco Minto word van die bank af na agsteman in die plek van  Maxime Mbanda bevorder.

Die Suid-Afrikaanse slot Andries Van Schalkwyk behou sy plek. Dié (normaalweg) losvoorspeler van Zebre, wat vir die Cheetahs, die Blou Bulle en die Lions gespeel het, sal teen die Springbokke in sy sesde toets uitdraf.

Italië se span –

15 Edoardo Padovani; 14 Giulio Bisegni, 13 Tommaso Benvenuti, 12 Luke McLean, 11 Giovanbattista Venditti, 10 Carlo Canna, 9 Giorgio Bronzini; 8 Sergio Parisse (kapt.), 7 Simone Favaro, 6 Francesco Minto; 5 Andries Van Schalkwyk, 4 Marco Fuser; 3 Lorenzo Cittadini, 2 Ornel Gega, 1 Sami Panico. Bank: Word later aangewys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Waghond ·

Wat moet nog gebeur voordat Allister wakker word en tot sy sinne kom?

Louis ·

Ons behoort maklik teen Italie te wen, en dit is juis die probleem. Dan sal die afrigter weer sê dat sy wedstrydplan werk en dat die spelers nou begin verstaan wat hulle moet doen en dat alles nou gedraai het en dat ons net geduldig moet wees en dat die bokke nou op n opwaartse kurwe is en dat die toer n sukses is en dat die maan van kaas gemaak is en dat zuma n eerlike mens is en dat………….
Ons is nie onnosel nie en weet wanneer daar groot fout is. Hou op om alles met verskonings en mooipraatjies beter te laat lyk as wat dit is.

Arie ·

Italië moet wragtig pateties wees om teen die bokke te verloor

Josua Keys ·

Allister gee vir my Warren, Franco Mostert, Combrink, Jantjies, Faf, Mapoe , JC Van Rensburg, en Jaco Kriel terug en vervang hulle met spelers van jou keuse ek maak my span op en gee jou drie proef wedstryde met jou bok span en ek belowe jou ek breek jou bok span in al drie wedstryde stukkend ek sal Carel du Plessis se raad volg. Ek sal net uit die Leeus en Cheethas n Span saamstel wat reeds n groot verandering sal brink in die bokke se uitslag ek kraak nie die ander spanne af nie maar noem dit omdat dit die enigste spanne is wat jy en die keurders dink die bokke veronderstel is om uit te bestaan maar dit werk duidelik lank al nie meer nie en ek sal jou wys waarom dit nie werk nie dalk sal jul oe dan oopgaan.

callie ·

Mense moet onthou toe springbokrugby sterk was het daar in 4 jaar 3 superrugby bekers in SA gestaan. In daardie 4 jaar was daar 2 keer wat slegs SA spanne in die finale was, Bulls en Sharks en weer Bulls en Stormers. Daar was in die ander 2 jaar ook meer SA spanne in die uitspeel rondtes en die Bulls het hom nog n keer gewen. Gaan nie nou oor wie hom gewen het nie maar oor die aantal spelers wat in daardie uitspeel wedstryde was. So onmiddellik het keuerder baie meer spelers gehad om van te kies. Gaan kyk ook, daar was nie regtig kwota spelers in die Bulls span nie. Die spelers van kleur daar het hulle plekke verdien. Terug na die Leeus se Super span die jaar. Ackerman het byna nooit aan die kwotas voldoen nie. Die selfde 3 gekleurde spelers in die agterlyn het elke wedstryd begin en klaargemaak tensy die Leeus ver genoeg voor was, dan het die 2 ander opgekom. Die pak voor was altyd wit, nooit n kwota in nie.
Dit bring ons terug by Janties, hy was al die wedstryde goed behalwe die 2 waar die Leeus se voorspelers nie oorheers het nie. Daar het die Leeus groot pak gekry.
Punt, nou is daar afdwingbare kwotas met om eerlik te wees n kwota afrigter met nog erger kwota hulp afrigters wat n span afrig met kwotas. Daar is nie soos by die Stormers meer n Rassie wat AC kon help nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.