Allister se rekord sal onder die mat ingevee word

Allister Coetzee (Foto stuff.co.nz)

Allister Coetzee (Foto stuff.co.nz)

Wanneer die Suid-Afrikaanse rugbybase oor ʼn paar dae oor die toekoms van die Springbokafrigter, Allister Coetzee besin, sal hulle baie diep moet nadink.

Ondanks die rommelstatus waarin die Bokke hulle nou bevind, sal Coetzee nie afgedank word nie, want hy het nog drie jaar van sy van sy termyn van vier jaar oor. Volgens alle aanduidings is daar nie ʼn prestasieklousule (vir sy eerste jaar) in sy kontrak nie.  Daar sal glo gekoukus word, daar sal glo planne gemaak word, daar sal glo self-ondersoek gedoen word.

Vergeet dus maar van die Bokke se wenrekord van 33.3%. Vergeet maar van al die blapse wat begaan is, en van die powere vertoningslys van net  vier oorwinnings in 12 toetse; van die swak spankeuses; die beheptheid met spelers soos Damian de Allende en die kies van oorsese spelers; en  vergeet ook maar van sy wedstrydplan.

Dit sal alles onder die mat ingevee word wanneer daar oor die toekoms gesels word.

Die Bokke kan verder afskuif op die wêreldranglys en hul swakste posisie beklee sedert 2003 toe die ranglys die eerste keer opgestel is. Hulle loop nou die gevaar om, wat hulle in rugbyterme noem, in ʼn ‘Groep van die Dood’ vir die volgende Wêreldbekertoernooi geloot te word.

Kom ons kyk na die harde werklikheid en ontleed die vordering wat die ander toplande gemaak het.

♦  Nieu-Seeland: steeds eerste op die wêreldranglys, net een wedstryd vanjaar verloor, met ʼn nuwe wêreldrekord van 18 agtereenvolgende toetsoorwinnings, en verskeie nuwelinge wat ontwikkel word en na vore tree.

♦  Engeland: onder Eddie Jones  was die Engelse vanjaar in 13 wedstryde onoorwonne. Hulle is tweede op die wêreldranglys, is die Sesnasies-kampioen, klop Australië met 3-0 in die reeks in Australië, met borrelende talent wat na vore tree.

♦  Australië: derde op die wêreldranglys en tweede in die Rugbykampioenskap. Hulle behaal byna ʼn ‘Grand Slam’ op die jaareindtoer en die swakste Wallaby-span in jare lyk ewe skielik nie meer so swak nie.

♦  Ierland: vierde op die wêreldranglys. Hulle klop die All Blacks die eerste keer in 11 jaar, klop die Bokke die eerste keer ooit in Suid-Afrika en draf ook vir Australië kaf.

♦  Wallis: klop die Bokke met 14 punte in Cardiff … slegs die derde keer in 32 toetse dat hulle teen die Bokke wen.

♦  Italië: klop die Bokke die eerste keer ooit.

♦  Argentinië: klop die Bokke die eerste keer in Argentinië.

En die Bokke?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Henry ·

Pieter Kruger se vermoede dat SARU en veral hul jongste blaps – Coetzee se aanstelling – uiteindelik saam met al die ander ou wolmanne onder die mat ingevee gaan word, is mynsinsiens binne innie mirril vannie kol in.
Met ‘n regime aan bewind wat binne enkele jare hierdie droewe land tot rommelstatus laat daal het, laat weinig twyfel oor dat rugby dieselfde afdraande pad volg.

Deon ·

Die twee hoogste – mees dringendse – prioriteite is: GEEN politieke inmenging met betrekking tot spankeuses nie en slegs oud-spelers (op die hoogste vlak) moet vir aanstelling op die Raad oorweeg word. Afrigters met bewese rekord – ook oorseese belangstellendes – moet oorweeg word. Verder moet die verslag van Nic Mallett wat enkele jare gelede aan die bestuur voorgelê is, uit die snippermandie opgediep, afgestof en ernstig oorweeg word. Punt.

Etienne ·

Ai tog – en weer sal ons dom Afrikaners soos slagskape tou staan om toetskaartjies te bekom ? HUH – soos ek voorheen gesê het – hou op om transformasie te subsidieër deur die politieke rugby te ondersteun ! Leë stadions sal harder skree – wêreldwyd as enige ander vorm van media …..

Waghond ·

Feit is: Die skade is reeds aangerig en AC sal nooit weer vertroue onder die spelers kan inboesem nie. Hy moet waai!

callie ·

Regtig grap van jaar. Alle rugbykenners vertel ons hoe goed is Ackerman, het leeus van niks tot bo in SA gevat , Franco Smit, vat patetiese cheetahs en maak hul curriecup champs, Eddie Jones, var Lancaster se patetiese Engelse span 13 wenne later.
Nou hoe de mo…… kan AC nie kwalik geneem word nie. Vat SA van 3de plek in wereldbeker laasjaar na 3 uit 12 gewen vanjaar. As die liggie nie vir jou aangaan oor waar die groot probleem is nie, het jy dalk ook hulp nodig

Rita ·

Hoe kan die man terug kom en ons nog in die oe wil kyk. Sies man..kry jy nie skaam nie ?

boemmie ·

is dit nie nou die tyd dat die Proteas gebore word nie en dat Springbok rugby vir altyd daarmee heen is nie.
laat ons Springbok rugby onthou sooos wat dit was, hierdie planlose,doel lose getjommel is net soos diegene wat die land regeer.

JOHN COX ·

n Gebroke en verdeelde nasie sal nooit goeie spanne in enige vorm van sport kan lewer .
Rugby pluk nou die vrugte van ras gedrewe sport politieke bedeling

Waghond ·

AC is nes JZ. Hulle het nie die ruggraat om die regte ding te doen deur self te bedank nie ondanks die skade wat hulle berokken het.

Herman Goosen ·

Ek twyfel of die polities gemotiveerde Springbok bestuur sal erken dat hulle beleid verkeerd is deur Alistair af te dank. Inteendeel hulle sal net meer geld agter hulle rampspoedige rassistiese beleid inploeg om dit “reg te forseer”

Die oplossing van ons kant af is eenvoudig – BOIKOT HIERDIE RASSISTE WAT JOU GELD VAT EN GEBRUIK OM TEEN JOU TE DISKRIMIKEER! Ondersteun oorsese spanne. Daar is geen rede waarom jy rugby moet opgee nie. Daar is hope ander goeie spanne daarbuite wat een derde in ieder geval uit voormalige Suid Afrikaners bestaan wat noodgedwonge weens diskriminasie ‘n ander heenkome moes vind.

Arie ·

Coetzee sal nie bedank nie, hulle is mos nooit skuldig nie – kyk na zumpie. Maar eintlik moet die hele Sarfu skoongemaak word en wegdoen met die kwotas. Die ander oplossing is hou op kyk, het Saterdag vir my gewerk, was heel rustig mos geweet hulle gaan verloor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.