Allister se soveelste blaps(e)

Jamba Ulengo - sal hy kans kry? (Foto: radionz.co.nz)

Jamba Ulengo – sal hy kans kry? (Foto: radionz.co.nz)

Wanneer ʼn Springbokafrigter en ook -keurders droogmaak, moet hulle maar die houe  op die kennebak vat.

Dus is daar geen verskonings  vir Allister Coetzee nie toe hulle die span gekies het wat Saterdag op Twickenham teen Engeland gespeel het, en met 37-21 verfomfaai is.

Hoeveel swakker sou Jamba Ulengo as JP Pietersen gevaar het? Is Rohan Janse van Rensburg werklik swakker as Damian de Allende? Is  Johan Goosen nie die oplossing op losskakel nie? Is Piet van Zyl nie die beste skrumskakel op toer nie? Is Beast Mtawarira se dae nie getel nie? Moet daar volstaan word met Adriaan Strauss as kaptein?

En dan die grootste droogmakery. Die insluiting van Pieter-Steph du Toit as flank.

Coetzee beweer die koppe sal teen Italië rol. Was dit nie die aanvanklike plan nie, om die spelers wat die duiksakke tot dusver vashou, kans te gee teen die Azzurri nie?

As bogenoemde veranderinge gemaak word en die Bokke draai die gety teen die loodvoetige Italianers, sal die span só teen Wallis behou word?

Daar bly nou net een uitweg oor, speel soos die Lions, speel soos die Vrystaatse Cheetahs, kap die ou hout uit, kies die manne met die beste spelpeil.

Om spelers buite posisies vir ʼn belangrike toets te kies, is om met vuur te speel.  Ek glo nie die Bokke sou die toets gewen het as Du Toit slot in Lood de Jager se plek slot  gespeel het nie, maar die Engelse skrumskakel Ben Youngs het darem te maklik soos ʼn laerskoolkind twee keer verby Du Toit gebreek om drieë aan te voor.

Jare gelede was ek ʼn tjokkertjie toe die Bokke teen die Franse in die Pam Brink-stadion in Springs gespeel het.

Die Bok-keurders het drooggemaak deur Frik du Preez as flank saam met Tommy Bedford en agsteman Doug Hopwood as lostrio te kies. Die slotte was Stompie van der Merwe en Gawie Carelse … groot, swaar en vurig … net soos Coetzee met Eben Etzebeth, Lood de Jager, Du Toit en Willem Alberts beplan het.

Du Preez het een van sy swakste toetse gespeel, want hy was nie ʼn flank nie. En die Bokke? Hulle het is met 6-8 verslaan.

As dit 50 jaar (in 1964) gelede gebeur het, hoekom leer ons nie die lesse van die verlede nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Will i am ·

Hierdie is nuwe S A. Hier maak ons soos die politiek sê. 8

hardus fourie ·

Weet of bok afrigter dit lees nie.solank jy jou braaimaatjie kies en spelers uit posisie kies en ander nie kans gee gaan jy weer slae teen italie en dis my voorspeling

callie ·

Almal wat kenners is vetel ons wat het Eddie Jones met Australie reggekry, Ackerman met Leeus, Franco met Cheetahs. Dan moet dit mos nou Allister wees met bokke. Hoekom wil Wynand Claasen en Superrugby aanbieders nou die blaam voor die deur van die raad of spelers plaas.

Tony ·

Callie, stem 100% met jou saam. Wat het coetzee al as afrigter bereik.Om SA rugby te red pos hom so vinnig moontlik

Ja-nee ·

Ek lees in ‘n ander berig Francios Venter vetel nou vir Allister hoe om te speel. Wat dink hy, wie is hy. Om nou die laaste 2 driee voor te hou hoe om te speel is belaglik. Toe was die engelse al verseker van die wen so toe het hulle nie meer voluit gegaan nie. As die engelse die laaste 20 min agter was sou ons nie 2 driee gedruk het nie. Jy speel vanaf die begin en nie net die laaste 20 minute nie.
Laasjaar toe die Leeus die Currie cap gewen het was dit net Leeus en Ackermann voor en agter en noudat die Cheetals die Currie cap gewen het is dit net Cheetals en Franco.
Die oplossing is: ervare afrigter en span op meriete.

#SpringbokMustFall ·

Die probleem is nie by spankeuses nie, dit lê veel dieper. Die rugraat van ons sport is verrot.

Shane ·

Ek inie ñ rugby Kenner nie, Maar dis tog ook nie regte rugby nie. Dis ñ skop gemors waarna ons Kyk. As dit nie die scrum skakel is nie, Dan is dit die los skakel of hakker of vlank, Maar iemand sal skop. Wat ñ planlose game. Hoekom skop as niemand wil Chase nie. Maak nie sin nie. As dit ons plan is om die bal weg te skop sodat ons kan defend, maak jy groot fout Alister, want ons kan nie defend nie. Elke span Ken nou al ons game plan. Hulle weet ons gaan skop en nie Chase nie. Hulle sal die heeltyd teen aanval en ons seer maak. Kan Jy dit nie raak sien nie. Raak ontslae van die has beens. Is JP Pietersen nou rerig beter as Jumbo. Is Pat Lambie nou rerig die beste wat ons het. Damien de Allende ai jai jai jai jai. Game na game wys hy ons hy is klaar. En ja. Rudie is so stadig die voorspelers moet sy balle uit die scrums optel. Rudie wil so graag ñ Joost wees Maar hy skop ons net time and again in die moeikheid in. Nou wil ons kamtig naam maak teen Italia. Ons as spectators wil ons geld mors om te sien hoe die bokke die big guns ñ go gee. NIE net wen nie Maar at least a go. Nou gaan ons jam on die bek gesmeer word Deur te wen teen Klein spannejies. Die spring bokke het altyd ñ goeie naam gehad. Ons was legends.

Callie van der Merwe ·

SARU en AC gee nie n flenter om nie. Solank hulle elke week n nuwe verskonning kan uitdink is als reg! Sat was my laaste rugbykyk! Ek is klaar met die Springbokke en die politieke amptenare wat rugby probeer bestuur en afrig! Julle het toe daarin geslaag om die eens gevreesde en gerespekteerde Springbok te verwoes! Nou kan julle julle maaitjies almal in die span sit! Verander tog net die embleem en die trui asseblief!

Arie ·

Ja nee Callie ek stem saam, die bokke laat net my humeur opvlam en dis heel onnodig en ‘n mors van tyd

Waghond ·

Ek stem saam met Shane se opmerkings oor spankeuses. Ek sou die senterpaar vd Leeus gekies het en die geleentheid gebruik om twee jongelinge as flanke in te span, want Alberts rig niks uit nie en Stef is beslis nie ‘n flank nie.

Eens_'n_Trotse_Suid_Afrikaner ·

Callie ek het na die NZ vernedering ophou Springbok rugby kyk, maar dit is steeds met hartseer wat mens die berigte volg en kommentare lees. Dit is jammer hulle het nie maar toe hulle wou die embleem, naam en alles wat ons aan die Springbok herinner het en waarop ons trots was verander nie, dan sou ons met goeie herinneringe kon terugdink aan die Springbok rugby era…. Ek voel jammer vir die oud Springbokke wat die span en die land se naam vir so lank hoog gehou het en wat nou deur naam met hierdie sirkus verbind word. Hulde aan die ware Springbokke van die verlede, rugby liefhebbers sal julle altyd onthou!

callie ·

Stem. Het klaar gereel om sommer goedkoop dstv pakket te vat. Kan regtig nie langer so kwaad word vir sport nie. Ook, kan Kobus en Aswin net eenmaal hulle aandag toespits daarop om van die bok embleem ontslae te raak. Soos “eens trots” dit stel, die wat so lank die naam werd was verdien nie wat nou gebeur.

Deon ·

Ek ga nou vir daai grootbek sportsministertjie van onse land bel….en ek gaan hom se dat hy moet sorg dat ou Toetie ELKE dag onse koerante en onse maroela lees……
Dan dink ek Toetie sal verstaan waaroor rugby eintlik gaan……en watter span hy moet kies….en wat hy moet se en nie moet se nie…..hy klink al gans te veel na ou Div na n verloor game…..hap bubbles….ai ai…..
Dis nou as daai ministertjie nie te besig is op twitter om met SV te baklei nie…..

Kobus ·

Begin by die begin. Dit is daar waar die einde van bokrugby is. Vandat kwota gedrewe spankeuses begin het. Op skoolvlak. Die spanne by die Crawen week moes helfte gekleurd wees. Tydens proewe het my kind vir my gevra hoekom kies hulle dan die anderkleuriges. Hy is dan beter as hulle. Moeilik om vir n kind te verduidelik dat alles gaan oor ras en nie oor uitmuntendheid nie. Solank hulle die raskaart speel en spanne vanaf skooldae verpolitiseer, kan ons maar vergeet om weer n rugbymoontheid te wees. Almal kan nou wat sê, AC sal nie verander aan spankeuses nie. Daar moet n Beast en Pietersen wees. Ouens wat al lankal hul rakleeftyd gehad het, solank die kleur reg is. Skryf Springbok rugby af. Ek het. En skree vir Neeu Seeland. Moet nie rugby kaartjies koop nie. Laat SARU tot niet gaan. Kyk of politiek hulle gaan uitkoop.

Pietser ·

Al die gekleurde spelers in die beginspan is op meriete daar. Ok vreemd dat jy net die gekleurde ouens as “ouhout” wil uitgooi. Noem ‘n bietjie ouens soos Alberts, le Roux en Strauss ook asb.

Kobus ·

Alberts,le Roux en Strauss hoort ook nie daar nie.
Daarmee stem ek ook saam.

Kobus ·

Nie al die gekleurde spelers in beginspan is op meriete nie.

kobus ·

JAAARE terug, was Pieterse en Beast iets. Nou is hulle ou hout nes Willie en Kie

Pietser ·

Eerstens, superrugby en curriebeker is nie toetsrugby nie, jy kan nie soos ‘n afkophoender van jou doellyn af hardloop teen die top toetslande nie. Jy kan ook nie soos die Lions verdedig in ‘n toets nie (so ver ek onthou was hulle een van die spanne wat die meeste driee afgestaan het in superrugby). Mense wat al die Leeus Bokke wil maak moet weer dink – verloor met twintig punte teen NS provinsiale span in die eindstryd (ek reken dit sal so sestig punte plus wees as hulle teen die AB’s moet speel gegewe hul powere verdediging). Boonop het die Lions spelers wat wel vir die Bokke gekies is bloot middelmatig vertoon (Jantjies en Mapoe was egter useless). Oor die Cheetahs wil ek nie eers uitbrei nie want ons weet mos nou hoe vrot hulle in superrugby was en toe ‘n erg afgewaterde CB gewen het. Wie is die manne met die beste spelpeil? Is dit nou die ouens wat nie eers ‘n saamgeflanste Barbarian spannetjie kon klop nie of die wat nie eers die Engelse Saxons in SA kon klop nie? Ek dink nie daar is eintlik beter spelers as die wat tans in die beginspan is nie (behalwe as jy nou weer vir Vermeulen en kie wil terugbring). My agterlyn: Lambie, Combrink, Rhule (Senatla), Venter, De Allende, Goosen, Van Zyl.

Josua Keys ·

Pietser jy het duidelik nie n idee waarvan jy praat nie die leeus het die minste Driee afgestaan in die jaar se Super Reeks, om jou reg te stel die leeus het teen 12 All blacks gespeel in die eindstryd die jaar in die Super reeks en dan was drie van die Leeus se spelers nog beseer ook gewees Carel Du Plessis het nou die aand op Toks en Tjops gese dat as hy die afrigter was sou hy die met die Leeus span begin het en n paar veranderinge gemaak het net vir ervaring en dieselfde het Nick Mallet gesê m.a.w die ouens weet nie waarvan hulle praat nie. Jammer maar jou veite is verkeerd. Groete Josua

Pietser ·

Josua, jy is duidelik nie lekker by nie. Die Stormers en Hurricanes het die minste driee afgestaan (28) gevolg deur die Sharks met 30, ens.. Ek kry nie die Lions se statistiek nie maar weet dis veel meer, jy hoef net na die algehele punte verskil (punte vir/punte teen) kyk om te sien dat die Lions nie eintlik verdediging hoog opprys stel nie.. Lions het die meeste driee gedruk maar kan nie tackle nie, iets wat jy nie kan bekostig in ‘n toets nie.

Johann ·

Kleur is rugby is nou ‘n feit en wie ookal homself as afrigter beskikbaar tel moet daarmee saamleef maar kies tog net spelers op vorm en in posisie. Elke posisie vereis sekere vaardighede met basiese beginsels wat nagekom moet word. Losvoorspelers het bepaalde hardlooplyne vanaf 1 ste fases en behoort daarna die spel te “lees” en ten minste spoed te hê om by die punte uit te kom. Saterdag se trio was dood gebore.
Spelers kies hulself nie maar dan is miljoene Suid – Afrikaanse rugby liefhebbers ook nie pampoene nie. Swak keuses = swak spel.
Taktiese skopwerk is ‘n kuns wat aangeleer en geoefen moet word deur spelers wie die groter prentjie op die veld moet leer lees, anders word besit eenvoudig weggegee. Ken ons spelers die verskil tussen stadige en vinnige besit, wanneer om grond toe te gaan en wanneer om op jou voete te bly, die bal vir ‘n spanmaat aan te gee wie van die bal af ‘n gaping aanval ens ens. Kies op vorm spelers en gaan doen die basiese goed reg ………

Pietser ·

Absoluut, De Allende beste agterspeler oor die naweek. Rohaan is belowend maar moet nog leer om te tackle. Basies speel hulle dieselfe spel, albei “bashers” wat nie ‘n gat kan slaan nie. Daar is geen senter in SA wat ‘n gap kan vat nie, dis ‘n probleem.

Pietser ·

Johann, wie’s die sogenaamde “op vorm” spelers? Die naasbestes wat wel gespeel het teen die Barbarians (meeste mense het gedink, ja dis nou die manne) kon nie eers die Barbarians klop nie en so het ons naasbestes ook teen die Saxons onder Ackerman se afrigting hier in SA verloor. Ek moet vir jou se ek is redelik mismoedig, dit lyk envoudig asof ons spelers net nie goed genoeg is nie. Ek het gedink SA het diepte maar die uitslae vertel ‘n ander storie. Dis kommerwekkend.

Johann ·

Jy’s reg Pietser. Ek het eintlik bedoel dat ‘n klomp nie daar moes wees nie.

Gerrit ·

Die vraag is hoe lank gaan die Springbokke nog in hulle eie liega moet speel? Die ander Internationale spanne speel net Rugby. Die Springbokke speel Rugby-Plus. Vir die ouens wat nie weet nie, Rugby-Plus is waar ń span Rugby moet speel sowel as Politiek. In die Rugby-Plus liega is die Springbokke nr. 1. Dit los ons dan met ń tweede vraag, hoe lank gaan die Springbokke toegelaat word om Rugby-Plus op Internationale vlak te speel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.