Allister se soveelste blaps(e)

Jamba Ulengo - sal hy kans kry? (Foto: radionz.co.nz)

Jamba Ulengo – sal hy kans kry? (Foto: radionz.co.nz)

Wanneer ʼn Springbokafrigter en ook -keurders droogmaak, moet hulle maar die houe  op die kennebak vat.

Dus is daar geen verskonings  vir Allister Coetzee nie toe hulle die span gekies het wat Saterdag op Twickenham teen Engeland gespeel het, en met 37-21 verfomfaai is.

Hoeveel swakker sou Jamba Ulengo as JP Pietersen gevaar het? Is Rohan Janse van Rensburg werklik swakker as Damian de Allende? Is  Johan Goosen nie die oplossing op losskakel nie? Is Piet van Zyl nie die beste skrumskakel op toer nie? Is Beast Mtawarira se dae nie getel nie? Moet daar volstaan word met Adriaan Strauss as kaptein?

En dan die grootste droogmakery. Die insluiting van Pieter-Steph du Toit as flank.

Coetzee beweer die koppe sal teen Italië rol. Was dit nie die aanvanklike plan nie, om die spelers wat die duiksakke tot dusver vashou, kans te gee teen die Azzurri nie?

As bogenoemde veranderinge gemaak word en die Bokke draai die gety teen die loodvoetige Italianers, sal die span só teen Wallis behou word?

Daar bly nou net een uitweg oor, speel soos die Lions, speel soos die Vrystaatse Cheetahs, kap die ou hout uit, kies die manne met die beste spelpeil.

Om spelers buite posisies vir ʼn belangrike toets te kies, is om met vuur te speel.  Ek glo nie die Bokke sou die toets gewen het as Du Toit slot in Lood de Jager se plek slot  gespeel het nie, maar die Engelse skrumskakel Ben Youngs het darem te maklik soos ʼn laerskoolkind twee keer verby Du Toit gebreek om drieë aan te voor.

Jare gelede was ek ʼn tjokkertjie toe die Bokke teen die Franse in die Pam Brink-stadion in Springs gespeel het.

Die Bok-keurders het drooggemaak deur Frik du Preez as flank saam met Tommy Bedford en agsteman Doug Hopwood as lostrio te kies. Die slotte was Stompie van der Merwe en Gawie Carelse … groot, swaar en vurig … net soos Coetzee met Eben Etzebeth, Lood de Jager, Du Toit en Willem Alberts beplan het.

Du Preez het een van sy swakste toetse gespeel, want hy was nie ʼn flank nie. En die Bokke? Hulle het is met 6-8 verslaan.

As dit 50 jaar (in 1964) gelede gebeur het, hoekom leer ons nie die lesse van die verlede nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Will i am

Hierdie is nuwe S A. Hier maak ons soos die politiek sê. 8

hardus fourie

Weet of bok afrigter dit lees nie.solank jy jou braaimaatjie kies en spelers uit posisie kies en ander nie kans gee gaan jy weer slae teen italie en dis my voorspeling

callie

Almal wat kenners is vetel ons wat het Eddie Jones met Australie reggekry, Ackerman met Leeus, Franco met Cheetahs. Dan moet dit mos nou Allister wees met bokke. Hoekom wil Wynand Claasen en Superrugby aanbieders nou die blaam voor die deur van die raad of spelers plaas.

Ja-nee

Ek lees in ‘n ander berig Francios Venter vetel nou vir Allister hoe om te speel. Wat dink hy, wie is hy. Om nou die laaste 2 driee voor te hou hoe om te speel is belaglik. Toe was die engelse al verseker van die wen so toe het hulle nie meer voluit gegaan nie. As die engelse die laaste 20 min agter was sou ons nie 2 driee gedruk het nie. Jy speel vanaf die begin en nie net die laaste 20 minute nie. Laasjaar toe die Leeus die Currie cap gewen het was dit net Leeus en Ackermann… Lees meer »

#SpringbokMustFall

Die probleem is nie by spankeuses nie, dit lê veel dieper. Die rugraat van ons sport is verrot.