Allister se soveelste waagstuk

Daar is ʼn ou waarheid in rugby dat jy nooit spelers uit hul posisie moet speel nie.

Ja, die Bokke moes ʼn plan maak om die beseerde agtsteman Uzair Cassiem vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks op Nuweland te vervang.

Maar is dit nie ʼn groot waagstuk om die flank Francois Louw na agtsteman te verskuif en die slot Pieter-Steph du Toit, wat nog net twee keer, sonder welslae, in ʼn toets-opdrafspan toekantflank gespeel het, teen die All Blacks los te laat nie?

Wil die Bokke die All Blacks fisiek oorheers, veral omdat Lood de Jager bo die beweegliker Franco Mostert op slot gekies is?

Die rooikop-loskopstut Stephen Kitshoff, wat 18 keer in toetse op die bank was en toe opgestuur is, begin ook die eerste keer ʼn toets. Hy staan in vir Beast Mtawarira, wat volgens Coetzee persoonlike probleme het om na om te sien.

Wanneer is dié besluit geneem?

Die agterlyn bly darem dieselfde.

Op die bank is die groentjie-vaskopstut Wilco Louw, wat na alle waarskynlikheid sy buiging sal maak as Ruan Dreyer in die tweede helfte vervang word. Ook so Chiliboy Ralepelle … Gaan húlle die All Blacks laat bewe?

Is dié span vaardig genoeg, veral as daar teruggeval word op minder beweeglikheid?

Sal dit beter in die lynstane gaan, nadat die haker Malcolm Marx nie sy slotte in die toets in Albany kon vind nie?

Is daar genoeg vaart tussen die losvoorspelers? Gaan die agterste driehoek die verwagte lugaanvalle van Beauden Barrett en Aaron Smith kan trotseer? Is daar werklik ʼn baljagter?

Vrae, vrae, vrae en min antwoorde.

Die Springbokspan (toetse en punte tussen hakies) –
15. Andries Coetzee (8 toetse, 0 punte)
14. Dillyn Leyds (4, 0)
13. Jesse Kriel (24, 30)
12. Jan Serfontein (34, 25)
11. Courtnall Skosan (8, 10)
10. Elton Jantjies (19, 191)
9. Ross Cronje (5, 5)
8. Francois Louw (53, 40)
7. Pieter-Steph du Toit (28, 20)
6. Siya Kolisi (24, 20)
5. Lood de Jager (31, 20)
4. Eben Etzebeth (kaptein, 62, 15)
3. Ruan Dreyer (3, 5)
2. Malcolm Marx (10, 10)
1. Steven Kitshoff (18, 0).
Bank:
16. Chiliboy Ralepelle (22, 5)
17. Trevor Nyakane (33, 5)
18. Wilco Louw (0, 0)
19. Franco Mostert (14, 0)
20. Jean-Luc du Preez (9, 5)
21. Rudy Paige (11, 5)
22. Handré Pollard (21, 188)
23. Damian de Allende (25, 15).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jakes ·

Die veranderinge in die bokspan sal weinig verskil maak aan die uitslag. Nog n 50 tal teen ons is n gegewe. Om spelers uit posisie te speel het nog nooit gewerk nie en boonop is daar nie n plan B of C as dinge begin skeefloop nie. N afrigter met n wen persentasie van onser 50 persent gaan keer op keer dieselfde uitslag meebring. Sy hulp afrigters is ongelukkig ook nie suksesvol nie en soos op sosiale media verklaar is wen nie eintlik deel van hulle agenda nie.

Nico ·

AC verdien om aan stuur te staan van ‘n span wat verneder word want hy nly voortgaan met tonnel visie. Is daar regtig nie ‘n agtsteman wat gekies kan word nie. Hy is verder berug daarvoor dat hy spelers afbreek en nie opbou nie.

Gatvol ·

Hoe lui die spreekwoord – “benoude katte maak benoude spronge”. Wanneer sal die arme man leer – jy speel nie ‘n spesialis slot op flank nie, nog nooit gewerk nie!!

Adriaan ·

Ons lostrio beteken niks. Net Kolisi speel in posisie. Ons vaste 5, met miskien die Sharks se Ruan Botha as ‘n ander opsie is goed genoeg. Kies Ackerman op 8, Du Preez op 7, Kolisi op 6, Ross op 9, Pollard of Cronje op 10, gee vir Rohan Van rensburg die 12 trui en vir Frans Venter die 13. Mapimpi verdien ‘n kans op 11, en Leyds het nog nie veel verkeerd gedoen nie, los hom op 14. Bring vir Jesse in op 15 – hy is nie ‘n 13 nie en het geleentheid nodig om met spasie aan te val. My span gaan seker nie veel slgter doen a Toetie s’n nie…..?

LOL ·

@Adriaan: Ek stem saam met jou. Dankie vir die onpartydige kommentaar. Meeste kommentaar is vol provinsialisme.

rollie ·

Wie gaan die losballe wen in jou span, daar is nie ‘n baljagter in jou span nie en ook nie in die span wat gekies is nie.. Cane gaan weer baljaar.

Johanna Botha ·

Gee hom maar NOG n kaans ….al so MOEG vir verloor !

rollie ·

Ons het nog steeds net eenkeer verloor vanjaar maar more sal die tweede keer wees. Die AB’s is net ‘n beter span.

Darius Els ·

Maar die diahree vloei vrylik uit AC se mond! Gee floubokke n nuwe naam (springbok was nog altyd n trotse naam),verander die “kerriekoppie se naam,Donald Currie het klaar in sy graf omgddraai.En AS daar nog trotse rugbyspelers is ,want hulle word nou bestuur deur geld,WEIER om vir floubokke tespeel.Maak oorsee jul geld.As ons n regte AA span kry kan ons weer smile vir die krieket scores in rugby.

Christo ·

Wie van julle dink jantjies moet gepos word.hy jaag net aan.kan nie hardloop rugby speel nie.hulle se ons senters kan nie aanval nie maar kyk saterdag se gewese game.al sy pase was almal hospitaal pase.amper elkeen moes servontein spring om die bal te vang.as hy nie eers basics kan regkry niedan sal ons backline nooit kan aanval nie want senters se aandag afgetrek om te duik vir bal.dan kom daar nog chilliboy ook in.by die vorige coaches was hy ook sleg en nou moet hy speel.kry liewer vir pollard in en pos vir jantjies.kan nie n decisionmaker he wat nie eers weet hoe om ordentlik te lyk nog minder van speel nie.jy speel vir jou land.kry trots en lyk ordentlik man

Herman Goosen ·

Swak bestuur het menige goeie talent al gekelder. Aliatair is desperaat om “goeie” spelers in die span te sit deur hulle in slegte posisies te plaas. Hy is life daarvoor om sulke dinge te doen. Ongelukkig is spelers goed omdat hulle sukses behaal het in die posisie waarin hulle gewoond is om te speel.
Net omdat ‘n prokereur hoog geag as ‘n professionele mens kan jy hom nie ‘n rekenmeester laat wees en verwag dat hy die werk goed moet doen want hy is ‘n “professioneel” nie. Dit is die absurd besluite wat Alistair Coetzee maak.

Ek hoop die Springbokke kry weer ‘n goeie loesing want swak bestuur verdien om gestraf te word.

Callie ·

Eintlik begin alles in n rigting gaan. Die laaste tree van n futlose, negatief afgerigde span met n afrigter wat voel die publiek leef in n droomwereld as hulle glo bokke kan AB klop. Ek sal waarborg op die trant gaan bokke slegs vir 2023 wereld beker kwalifiseer as SA die beker aanbied.

bloues ·

Rugby op provinsiale vlak en boontoe se hoof afrigter is eintlik net n bestuurder.
Die spankeuses en spel patroon lê by die hulp afrigters.
Dit is waar ons Bokke se probleme lê, die hulp afrigters het nie genoegsame kennis of die vermoeè om die regte spelers te kies en dan die regte planne te implimenteer nie.
Dit is so eenvoudig soos dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.