Allister se soveelste waagstuk

Daar is ʼn ou waarheid in rugby dat jy nooit spelers uit hul posisie moet speel nie.

Ja, die Bokke moes ʼn plan maak om die beseerde agtsteman Uzair Cassiem vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks op Nuweland te vervang.

Maar is dit nie ʼn groot waagstuk om die flank Francois Louw na agtsteman te verskuif en die slot Pieter-Steph du Toit, wat nog net twee keer, sonder welslae, in ʼn toets-opdrafspan toekantflank gespeel het, teen die All Blacks los te laat nie?

Wil die Bokke die All Blacks fisiek oorheers, veral omdat Lood de Jager bo die beweegliker Franco Mostert op slot gekies is?

Die rooikop-loskopstut Stephen Kitshoff, wat 18 keer in toetse op die bank was en toe opgestuur is, begin ook die eerste keer ʼn toets. Hy staan in vir Beast Mtawarira, wat volgens Coetzee persoonlike probleme het om na om te sien.

Wanneer is dié besluit geneem?

Die agterlyn bly darem dieselfde.

Op die bank is die groentjie-vaskopstut Wilco Louw, wat na alle waarskynlikheid sy buiging sal maak as Ruan Dreyer in die tweede helfte vervang word. Ook so Chiliboy Ralepelle … Gaan húlle die All Blacks laat bewe?

Is dié span vaardig genoeg, veral as daar teruggeval word op minder beweeglikheid?

Sal dit beter in die lynstane gaan, nadat die haker Malcolm Marx nie sy slotte in die toets in Albany kon vind nie?

Is daar genoeg vaart tussen die losvoorspelers? Gaan die agterste driehoek die verwagte lugaanvalle van Beauden Barrett en Aaron Smith kan trotseer? Is daar werklik ʼn baljagter?

Vrae, vrae, vrae en min antwoorde.

Die Springbokspan (toetse en punte tussen hakies) –
15. Andries Coetzee (8 toetse, 0 punte)
14. Dillyn Leyds (4, 0)
13. Jesse Kriel (24, 30)
12. Jan Serfontein (34, 25)
11. Courtnall Skosan (8, 10)
10. Elton Jantjies (19, 191)
9. Ross Cronje (5, 5)
8. Francois Louw (53, 40)
7. Pieter-Steph du Toit (28, 20)
6. Siya Kolisi (24, 20)
5. Lood de Jager (31, 20)
4. Eben Etzebeth (kaptein, 62, 15)
3. Ruan Dreyer (3, 5)
2. Malcolm Marx (10, 10)
1. Steven Kitshoff (18, 0).
Bank:
16. Chiliboy Ralepelle (22, 5)
17. Trevor Nyakane (33, 5)
18. Wilco Louw (0, 0)
19. Franco Mostert (14, 0)
20. Jean-Luc du Preez (9, 5)
21. Rudy Paige (11, 5)
22. Handré Pollard (21, 188)
23. Damian de Allende (25, 15).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jakes

Die veranderinge in die bokspan sal weinig verskil maak aan die uitslag. Nog n 50 tal teen ons is n gegewe. Om spelers uit posisie te speel het nog nooit gewerk nie en boonop is daar nie n plan B of C as dinge begin skeefloop nie. N afrigter met n wen persentasie van onser 50 persent gaan keer op keer dieselfde uitslag meebring. Sy hulp afrigters is ongelukkig ook nie suksesvol nie en soos op sosiale media verklaar is wen nie eintlik deel van hulle agenda nie.

Nico

AC verdien om aan stuur te staan van ‘n span wat verneder word want hy nly voortgaan met tonnel visie. Is daar regtig nie ‘n agtsteman wat gekies kan word nie. Hy is verder berug daarvoor dat hy spelers afbreek en nie opbou nie.

Gatvol

Hoe lui die spreekwoord – “benoude katte maak benoude spronge”. Wanneer sal die arme man leer – jy speel nie ‘n spesialis slot op flank nie, nog nooit gewerk nie!!

Adriaan

Ons lostrio beteken niks. Net Kolisi speel in posisie. Ons vaste 5, met miskien die Sharks se Ruan Botha as ‘n ander opsie is goed genoeg. Kies Ackerman op 8, Du Preez op 7, Kolisi op 6, Ross op 9, Pollard of Cronje op 10, gee vir Rohan Van rensburg die 12 trui en vir Frans Venter die 13. Mapimpi verdien ‘n kans op 11, en Leyds het nog nie veel verkeerd gedoen nie, los hom op 14. Bring vir Jesse in op 15 – hy is nie ‘n 13 nie en het geleentheid nodig om met spasie aan te… Lees meer »

Johanna Botha

Gee hom maar NOG n kaans ….al so MOEG vir verloor !