Allister se tameletjie al hoe taaier

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, se gryshare word al hoe meer namate die Lions in die Superreeks vorder.

Toe Coetzee aan die einde van Mei sy vergrote Bok-groep bekend gemaak het, was daar groot opgewondenheid.

Maar die Bokke se onindrukkende vertonings in die toetsreeks teen Ierland het Coetzee en sy mede-keurder, Peter Jooste, hopelik tot ander insigte gedwing, want hoe verder die Lions vorder, hoe taaier word Coetzee se tameletjie.

Kies hy bloot op huidige spelpeil, dan behoort Courtnall Skosan, Rohan Janse van Rensburg, Malcolm Marx en Warren Tecklenburg ook in `n vergrote Bok-groep vir die komende Rugbykampioenskap te wees.

Hoe nou gemaak met die spelers wat oorsee speel, soos Morné Steyn, Steven Kitshoff,  Francois Louw en Duane Vermeulen, wat laas in Junie gespeel het?

Wat van Bryan Habana, wat nie die Blitsbokke se sewesgroep vir die Olimpiese Spele kon haal nie? Wat van Cheslin Kolbe, wat ná die Spele (vroeg in Augustus) weer tot 15-manrugby terugkeer? Is Johan Goosen (Racing Metro 92) en Francois Hougaard (Worcester Warriors) in Coetzee-hulle se visier?

Is Vincent Koch nie `n beter vaskopstut as Frans Malherbe wat teen die Iere gespeel het nie? Verdien JP Pietersen en Damian de Allende (wat swak met Lionel Mapoe gekombineer het) nog hul plekke? Moet die onervare Garth April nog ‘n kans gegee word en wie sal in die beseerde Siya Kolisi se plek speel?

Hoe fiks is Trevor Nyakane, want die Curriebeker-reeks begin eers oor sowat twee weke.

Die Bokke se eerste toets in die Rugbykampioenskap is op 20 Augustus teen die Argentynse Poemas in die Mbombela-stadion. Dan volg die Wallabies op 10 September in Brisbane en die All Blacks op 17 September in Christchurch.

As die Lions na alle waarkynlikheid tot die eindstryd van die Superreeks  op 6 Augustus deurdring, sal Coetzee-hulle straks tot na die eindstryd met die aankondiging van die Bok-groep wag.

Gryshare, gryshare, gryshare

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tony ·

Ek glo werklik nie daar is so groot verskil tussen die spelers nie. Waar die groot probleem le is by die afrigting.. Die Lions spelers kan nie aanpas by die ou tradisioenele patroon nie.
Verander asb die spelpatronn. Saterdag met die stormers het Schalk amper die bal meer ontvang op loskakel as Du preez self. Dit werk lankal nie meer nie. Ek glo nie Coetzee gaan die probleem oplos nie

Callie ·

Kan enige regdenkende mens n plek vir Colby in sy toets span vind. Asb hou op daarmee. In hoeveel wedstryde word hy nie eenvoudig net met een hand uit die pad gevee nie. Hoe kies jy hom bo Jesse Kiel, Willie le Roux, Skosaan, JP Peterson, Ruhan Combrink, selfs van Wyk van die Stormers. Hy sal n kwota speler wees en hoe meer kwotas gepeel word hoe meer sal SARU moet kwota toeskouers soek. Mense asb, die paviljoene loop leeg a.g.v die aksies.

Ben ·

Die samestelling van die Springbokspan / oefengroep is eenvoudig. Daar moet weggekom word van die huidige denkrigtings. Dit beteken nie as jou oupa,pa,oom,broer of neef springbokke was, jy ook een is nie. Dit beteken nie as jou span die Super rugby of Currie beker of wat ook al wen nie, die span nou vrot van Springbokke is nie. Hierdie benadering tot span keuse word meer en meer gebruik.

Allister, asseblief word bietjie wakker. Moet nie dat koerante jou aan die neus rondlei nie. Gaan terug na Craven se dae en kies jou span nadat daar behoorlike proewe gehou is. Ja en as jy bang is dat daar nie genoeg swartes die proewe sal maak nie, hoef jy regtig nie te wees nie. Daar is baie van hulle wat beter as hulle wit eweknieë is. Ons is nie stupid nie, ons kan dit sien. Maar om net iemand in jou span op te neem omdat daar erens in die bloedlyn ‘n springbok was of omdat Mbalula so sê teken jy jou eie doodsvonnis. Sterkte!

Josua Keys ·

Callie, ek hoop jy het gisteraand Super Rugby gekyk dan sal jy verstaan waarom Cheslin Colby se naam genoem word, kyk wat doen die heelagter van die chief en hy is net so klein soos Colby ja daar is ouens wat al bo-oor hulle gehardloop het maar dit is een uit tien keer, ek is n totale Lions ondersteuner en ek belowe jou Willie Le Roux , Frans Malherbe, De Allende hoort huidiglik nie in die bok span nie JC Janse Van Rensburg wel, ja hulle was goed maar tye het verander, in my oë is daar drie wat die heelagter posisie verdien 1. Jaco VD Walt(Lions) 2. (Jessie Kriel) 3. (Cheslin Colby) hier vergelyk ek Skosan met Colby, sy verdedigging is ook nie wat wonders nie en die ouens het al bo-oor hom ook gehardloop maar die verskil is dat hulle uit niks iets kan doen en Skosan het dit Saterdag bewys ek sal selfs Jessie kriel linker vleul toe skuif vir die bokke. My keuse op heelagter is Jaco VD Walt en Colby op die bank, hulle alby verdien om die groen en goud te dra. Colby sou briljant by die Lions se spelpatroon ingepas het.

snuffels ·

Josua, is Jaco vd Walt ooit eerste keuse vir sy provinsie??? Nee hy is nie, so hoe kan hy die eerste keuse in die land wil wees…hy verdien dit beslis nog nie. En wat April aanbetref, April is een maand in n jaar, en mens kan een goeie vertoning n jaar kry, maar vir elf maande gaan jy lei. Ek sal hom glad nie in my club groep wil he nie!

Cjan ·

As n mens weet wat is Albaster se spelplan sal n mens n aanduiding kry wie moet speel of nie speel nie. My probleem le op binnesenter en heelagter. Mapoe jel nie met Da Allende nie. Willie, is n ? vir my. Die vorm 15 is Coetzee, maar die Leeu spelers gaan nie perform in Boktrui nie omdat Albaster n stampkar rugby speel en die Leeuspelers speel hardlooprugby. Konsentreer op spelers in SA, daar is genoeg. Louw die flank was goed…Jaco Kriel hardloop draaie om Louw en dan steel hy Louw se balle ook. Albaster moet by Akkers gaan kers opsteek hoekom die Leeus so suksesvol is. Daai Stick kerel ek weet nie of hy veel beteken nie. Maar los hom dat n mens sien wat gebeur. Kom Leeus wys wat sit in julle.

Tc ·

@callie …….tans is chelsin by verre beter as Willie
@josua……..stem 100% saam jou(Uit n Stormer se mond ja!);-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.