Allister skiet van die heup af

Wat? Kan dit waar wees?

Altesaam 11 veranderinge aan die Springbokgroep wat Italië geklop het vir Saterdag se toets teen Wallis in Cardiff?

Ja, maar kom ons doen ʼn bietjie huiswerk en dan kom ons agter dat daar nie rêrig aan die uitsoekspan geskommel is nie.

Net een Bok, die linkervleuel Courtnall Skosan, is ná sy soveelste middelmatige vertoning gepos en word deur die talentvolle Warrick Gelant vervang.

Die loskopstut Beast Mtawarira is beseer en Steven Kitshoff speel in sy plek; en Francois Louw en Duane Vermeulen is nie beskikbaar nie omdat die toets buite die toetsvenster val en word onderskeidelik deur Siya Kolisi, wat van vaderskapverlof af terugkeer, en Dan du Preez vervang.

Die haker Bongi Mbonambi, wat in die beseerde Malcom Marx se plek gespeel het, keer weer terug bank toe.

Die groot veranderings is op die bank … ses van hulle, en dis sekerlik om die insluiting Lukhanyo Am, Louis Schroeder, Oupa Mohoje en Ruan Dreyer in die toerspan te regverdig.

Die Bok-afrigter, Allister Coetzee, sê die span het goed voorberei en is reg vir die aanslag wat Wallis gaan stel.

Wat? Wallis, gestroop van hul beste spelers en sewende op die wêreldranglys?

Dis nogal ironies dat daar net drie spelers van kleur in die uitdrafspan is (een minder as verlede week), maar ses ander op die bank.

Met die swaard van afdanking wat oor sy kop hang, wou Coetzee seker nie waag nie. Hy sou beslis vandag se berigte onder die oë gehad het dat Deon Davids van die Southern Kings in die ry staan om by hom oor te neem.

Kom ons kyk maar wat gebeur.

Suid-Afrika –

15 Andries Coetzee, 14 Dillyn Leyds, 13 Jesse Kriel, 12 Francois Venter, 11 Warrick Gelant, 10 Handré Pollard, 9 Ross Cronjé, 8 Daniel du Preez, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth (kaptein), 3 Wilco Louw, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Trevor Nyakane, 18 Ruan Dreyer, 19 Oupa Mohoje, 20 Uzair Cassiem, 21 Louis Schreuder, 22 Elton Jantjies, 23 Lukhanyo Am.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rupert Ashford ·

Die spelers en afrigtingspan het gister ‘n kinderhuis in Wallis besoek: “Dit was so hartseer om hulle gesiggies met geen hoop wat daaruit straal nie te sien” het Gareth, 5 jaar oud, te se gehad na afloop van die besoek…;-)

Bernard ·

Van Pieter de Villiers na Allister Coetzee en nou dalk Deon Davids…….. Wanneer gaan Suid Afrika OOIT weer ‘n ordentlike afrigter kry wat die bokke hehoorlik kan afrig en ook wanneer gaan die regering ophou inmeng in die spankeuses met hulle belaglike kwotastelsels.
Ons HET die regte afrigters, ons HET die regte spelers om weer ‘n wêreldkrag in rugby te word soos voorheen maar dan moet die regte afrigters aangestel word en die BESTE spelers moet gekies kan word, ongeag hulle kleur.

Piet Pille ·

Ja, van Coetzee na Davids, nou wat wil jy nou meer. Gaan definitief ophou Springbok of te wel Bontbok-rugby kyk.

Poot ·

En wat van Dillan Leyds? Sy spel is net so power. Het hoegenaamd GEEN indruk in die span gemaak nie.

Kabous ·

Poot ek stem saam en so het toets stelselmatig al die stormers in die span ingewurm .Ek hoop julle so called springbokke word Saterdag goed op ge m……JAmmer vir Marx en n paat Tawerira moet asb asb nou gaan hy kos ons n paar toetse al Pleeeeese!!!!!

Leon ·

Whaat is deeze Teeng called Raggeby?
Ek sal in elk geval eers weer kyk op voorwaarde Ernie Els kolf eerste!

Willie ·

Wel hulle voel dit aan hulle sake, toeskouers bly in SA, koop nie meer Springbok goed nie!

Gerhard ·

Dit is tyd dat rugby privatiseer! Iets soos die IPL krieket ! Die eienaars het dan die sê.

LHS ·

Kan iemand asb. ons net inlig wie of wat is die Deon Davids, verbeel ek my of word genoem iets van Southern Kings, is dit nie die outjies wat danksy hulle vrot afrigters nie eers hond haaraf sal maak in skole 3e liga nie, is die Davids iets van hulle? Indien wel het Leon Schuster n nuwe tema vir n komedie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.