Dis maklik, en heeltemal tereg ook, om ʼn rugbyafrigter te kritiseer wanneer dinge verkeerd loop.
As die Bokke Saterdag op Twickenham teen Engeland verloor, sal die Bok-afrigter, Allister Coetzee, ʼn wenrekord van slegs vier uit 10 toetse hê.
Tot dusver is dit twee neerlae teen die All Blacks, en een elk teen die Wallabies, Poemas en Iere en dan ook ʼn gelykopuitslag teen ʼn afgewaterde Barbarianspan. Dit plaas Coetzee ʼn rapsie voor John Williams (20 %), Ian McIntosh (33.33) en Carel du Plessis (37.5), maar onder Rudolf Straeuli (52.17), Harry Viljoen (53.33), André Markgraaff (61.54), Peter de Villiers (62.5), Heyneke Meyer (66.66), Jake White (66.67), Nick Mallett ( 71.05 ) en Kitch Christie (100%) – en by hulle is nie-toetse nie in aanmerking geneem nie.
As ʼn mens die lysie deurgaan, wys dit dat die tydsberekening en omstandighede rondom ʼn afrigter se aanstelling ʼn baie groot rol speel.
Williams het Noord-Transvaal tot ongekende hoogtes afgerig en so ook het McIntosh wondere by die destydse Natal verrig.
Hoekom het hulle as afrigters op die wêreldverhoog misluk? Was dit hul geykte speelpatrone, die kies van verkeerde spelers? Daar was geen inmenging van buite af nie, hulle kon kies en speel soos hulle wou, tog het hulle tekort geskiet.
Du Plessis se kort termyn is gekenmerk deur sy klaarblyklike onvermoë om sy spelpatroon aan die spelers oor te dra, Markgraaff se loopbaan is tot ʼn einde geruk met ʼn gewraakte bandopname.
Mallett, en later White, het met die rugbybase gebots en Straeuli se termyn was propvol omstredenheid.
Meyer het die eerste keer nóg teen Japan en Argentinië verloor en kon die All Blacks net een keer in vier jaar klop.
De Villiers … nouja.
En nou staan Coetzee ook voor daardie deur. Die jaar is gekenmerk deur swakkerige spankeuses, ʼn onervare span hulpafrigters, verkeerde taktiek en ʼn klaarblyklike besluiteloosheid of spelers wat oorsee speel, vir die Bokke in aanmerking moet kom.
Die huidige jaareindtoer moes as weerligleier dien, maar kan heeltemal ontspoor as die Bokke weer verloor.
Ek se weer, moenie te veel verwag nie. Die probleme is te diep gewortel om binne drie weke uit te sorteer. Bokke gaan met 25-30 punte verloor.
Die gewese, Springbokke, nou Blesbokke gaan Staerdag weer verloor.
A C moet die regte span keuses maak anders is dit nag Saterdag , los de Allende, los habana ,los j p en KIES vir ULANGA, VENTER , jANSE VAN RENSBURG EN COMBRINK op heelagter, en bly weg van stampkar rugby
Loskos jou kommentaar is in die kol. Hou assebief by die senters en vleuels van verlede Saterdag. Willie le Roux is die enigste heelagter wat kompeteer met die hoë balle. Voorspoed Bokke
Yes- HavanA is uit. Waarom nie maar vir Elllende huistoe gestuur nie.. Willie mowt net onthou om te speel en te onthou dat daar nog 14 ander ouens op die veld. Paige moet onthou om nie te two step nie, dan sal die bal kan vloei. Sterkte vir die span- hulle kan wen.
Hoeveel keer moet Allister Coetzee nog geweeg word om te bevestig dat hy hopeloos te lig is vir die pos van afrigter van die Springbokspan? Verbeeldingloos, amateuragtig, swak strategie, verkeerde spankeuses. Met hom aan die bewind van sake le^ daar ‘n donker toekoms vir Springbokrugby voor. Met goeie spelermateriaal maar swak afrigting gaan die Springbokke nerens, maar absoluut nerens kom nie.
Gaan huis toe Alister jou vrou mis jou
Allister is gister weer geweeg en weer eens te lig gevind!