Almal gee nou vir Rassie raad

Peter de Villiers – hou by Springbokke se tradisionele sterkpunte, is sy raad aan Rassie Erasmus (Foto: Facebook)

Wanneer sake vir ʼn rugbyspan reg verloop, het ʼn afrigter baie vriende en oënskynlik min vyande. Maar wanneer sy span begin verloor en die druk begin teen hom opbou, sal hy al hoe meer raad van langs die kantlyn af kry.

Dis heeltemal normaal. Die kritiek is dikwels geregverdig en in baie gevalle opbouend, hoewel die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sekerlik die papelellekoors sal kry as hy dit lees.

Die oud-Springbok-afrigter, Peter de Villiers, wat in sy afrigtingstermyn moontlik die beste Springbokspelers en -span geërf en toe afgerig het, het dié week in ʼn onderhoud op stuff.co.nz gesê die Bokke moenie die All Blacks probeer na-aap nie en moet volgens hul tradisionele sterkpunte bly speel.

As jy die regte spelers het wat die nodige vaardighede van jongs af geleer het, stem ek 100% daarmee saam.

Ook wanneer daar nie druk van bo af is om transformasie voorop te stel nie.

De Villiers het van alle Bok-afrigters die beste vertoningslys teen die All Blacks sedert 1992 (Kitch Christie uitgesluit, want hy het in sy termyn die Bokke net een keer teen die All Blacks afgerig toe hulle in 1995 die Wêreldbeker-eindstryd met 15-12 gewen het).

Onder De Villiers het die Bokke die All Blacks die eerste keer nóg in Dunedin geklop en die jaar daarna ook in Hamilton. Onder De Villiers het die Bokke vyf oorwinnings in 11 toetswedstryde teen die All Blacks behaal, vir ʼn wenpersentasie van 45,5%.

Maar onthou gerus dat De Villiers wêreldbrekers soos ʼn jong Beast Mtawarira, Bismarck du Plessis, Bakkies Botha, Victor Matfield, Schalk Burger, Juan Smith, Heinrich Brüssow, Joe van Niekerk, Fourie du Preez, Jean de Villiers, Jaque Fourie, Frans Steyn en Bryan Habana gehad het om uit te kies.

♦ Brendan Venter, die oud-Springbok-senter en die Springbokke se afrigterskonsultant onder Allister Coetzee, lig in sy weeklikse rubriek wat in Nieu-Seeland verskyn het, drie punte uit hoe om die All Blacks te klop.

Volgens Venter kan Saterdag se toetswedstryd in Wellington die waterskeiding vir Erasmus se afrigtersloopbaan wees. Die gety het juis erg teen Coetzee in 2017 gedraai toe die Bokke met 0-57 in Albany vermorsel is en nog só ʼn vertoning kan ook Erasmus se kop eis.

Venter sê die Bokke het dié dag van hul wedstrydplan afgewyk en dit kan nie bekostig word nie. Hulle moet takties ook net so goed soos die All Blacks skop en hul besit soos kleinood beskerm.

Sodoende kan die All Blacks verhinder word om hul dodelike teenaanvalle te loods.

En dan, die heel belangrikste: Erasmus moet vir die volgende drie toetswedstryde (twee keer teen die All Blacks en een keer teen die Wallabies) nie meer proefnemings doen nie en sy beste span kies.

Ja, dis wat almal wil hê, hoewel die Bokke steeds tekort kan skiet om die All Blacks te klop, omdat die erosie van swak afrigting op laer vlakke jare gaan neem om te herstel.

Uit Nieu-Seeland word daar juis bespiegel dat Erasmus dit na alle waarskynlikheid sal doen, maar dit sal baie interessant wees om te sien hoe dit aanvaar sal word as daar net vier spelers van kleur in die beginspan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Paul ·

Hier is nog een, lees Dok Craven se boek, maak dit jou eie, koester dit.

Andre ·

Peter het met Jake White se ou span gewen. Wie onthou sy / ons Wêreldbeker? Wat was oor toe hy loop?

volla ·

En so ook HM maar laasgenoemde kon nie dieselfde resultate teen NZ behaal as snorre nie.

Rugbykenner ·

Heeltemal korrek. Die sukses wat De Villiers met die Springbokke behaal het, was die oorblyfsels van ‘n span wat Jake White gebou en tot Wêreldbeker kampioene ontwikkel het

Devill ·

Ek sê nog steeds die skeidsregter het die Bokke verneuk in daai vedstryd teen Australie.
Peter de Villiers kon ‘n Wêreld Beker gehad het!

Albert ·

Hy kan nou sy nek uitsteek want hy het n baie goeie springbok span geerf wat al reeds geweet het wat om te doen. Gaan kyk die spelers wat daardie tyd gespeel het.

LHS ·

WIE GAAN VIR ERASMUS DIE TREKPAS GEE, HYSELF AS DIREKTEUR VAN RUGBY? HY DOEN MAAR NET PRESIES DIT WAARVOOR SARU HOM AANGESTEL HET.

Gollie ·

Hy moet loop soos die ander afrigters geloop het,wie is hy dan nou?

Albert ·

Hy kan nou sy nek uitsteek met raad want hy het n baie goeie springbok span geerf van die vorige afrigter. Gaan kyk die kwaliteit spelers het gespeel en hoeveel kwota spelers was in sy span gewees.

Frikkie ·

NIEMAND sit op Rassie se kop NIE! Daar is nie plek nie! Die minister van sport sit reeds daar!

alida ·

Wel ek weet nie veel van rugby af nie maar kies die beste spelers ongeag kleur. Kleur speel ‘n te groot rol in rugby en die afrigter moet dit net ignoreer. Kies jou beste spelers en klaar.

koos1 ·

Mmmm…. so Pieter het ‘n goeie span geerf, en hy het nie nodig gehad om hulle af te rig nie? So die spelers was goed en daarom het hulle gewen (wereldbeker wenners).
En wat het met die Bokke gebeur na 1995 (wereldbeker wenners). Hulle het ‘n insinking gehad onder Markgraaf en du Plessis. As die kommentaar hier bo water gehou het, moes die span mos aanhou wen, ongeag die afrigter?
White was ‘n goeie afrigter, maar neem in ag dat Pieter meer gewen het as Rassie, en nee ek is nie ‘n de Villiers fan nie, maar wat reg is is reg en Rassie moet alle raad wat na sy kant toe kom ter harte neem! SA Rugby is in die gemors, en sak dieper en dieper weg daarin.

Sandra ·

Die All Blacks gaan ongetwyfeld die wedstryd wen – ons weet nog net hoe ver nie.

Rugbykenner ·

Baie ver. Ten minste 50 punte verskil. Ek voorspel ‘n nuwe rekordtelling vir die AB’s teen SB’e

OUTOPPIE ·

Hiers goeie raad vir Rassie : BEDANK voor jy gefire gaan word.

Willem ·

Ek dink dit is nou tyd dat ouens soos Chester of Breyton ingebring word. Wat van Paul True?

Rugbykenner ·

Om wat te doen? Seker om te speel, nie om af te rig nie

Willem ·

Rugbykenner, ek is ernstig, ek dink werklik dis nou tyd om die Bok te groet, as hulle sou belangstel.

rugby ·

Ons gaan nog verder op die ranglys val – gee net kans……

Rugbykenner ·

Ek stem saam. Gelukkig kan ons nie nog baie ver val nie. Daar is nog net twee plekke onder ons op die lys

Gertryda ·

N verloorspan het horde kantlyn afrigters
Die bokke is te ver heen om gered te word bou maar aan span vir2023

Rugbykenner ·

Hi Gertryda, klink my jy weet baie van rugby af en weet wat die probleem is? Met watter kleur bakstene stel jy voor moet die span vir 2023 gebou word?

Phillie ·

@rugby kenner
Nasty is nasty
Seker gaan Gertryda bou met die bakstene wat jy verskaf

chris noordkus ·

Koop vir Rassie ‘n flits vir kersfees want hy tas in die donker

Niklaas ·

Ja, niemand sal geld wed op Bok oorwinning nie. AB s is net strate voor al die ander , wat vir rugby nie te gesond is nie. Rugbylande wil eintlik nie meer speel teen hulle ,want jy wen nooit. Maar gaan ons darem kraai van lekkerte as NZ n groot afdag beleef , te oorgerus ook is en Bokke wen met verwoede poging. Mens kan darem droom ook !!

Gareth ·

Hier kom n verassing,ek voel net die bokke is klaar plat wat kan hulle verloor deur hul harte en liggame stukkend te speel vir SA

volla ·

Wat jy eintlik sê, is dat gekleurde SA atlete swak is in sport en dat ‘n leliewit-span altyd die beste sal wees omdat daar net witspelers speel. TWAK,. MAN. Ek kry so lekker as ouens soos Habana, Rabada, Wayde ens. julle verkeerd bewys. So terloops, dis definitief nie tans die minderheid gekleurde spelers in die Bok-span wat die span laat verloor nie. Hopeloos te veel USELESS wit ouens in die span.

Zack ·

Daar se Rassie weer in vandag se koerant” Ons bou ‘n span verteenwoordigend van SA” Vir my se dit dat die beste spelers nog steeds nie gaan geskies word nie. Kwotas is in orde van die dag. Word wakker SA. Dis tyd is al lankal hier dat ons ons beursies toehou wat rugby betref. Dis tyd dat die Springbok moet begrawe word. My raad aan Rassie is om nie teen Nie-Kwota spanne soos AB en Aus te speel nie. Jy beledig hulle on met ‘n tweedehandse span teen hulle te wil speel. Go ALL BLACK’S

volla ·

Ou Rassie help ook nie homself met sy vreemde spankeuses nie. Nou verbreek hy weer die senterkombinasie (het De Allende en Am al ooit saamgespeel?) en speel ‘n senter uit posisie op vleuel. Eish.

Koos ·

Korrek Volla en ook Pieter Step is NIE ‘n flank nie. Die All Black losvoorspelers en agterlyn gaan Saterdag die boerbokke na gekke laat lyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.