Am bly eers Hoofhaai, al is Kolisi in Durban

Dr. Eduard Coetzee en Siya Kolisi. Foto: Twitter.

Die Springbok-kaptein Siya Kolisi sal vir eers nie die leisels by die Haaie vasvat nie.

Die 29-jarige – wat in 2019 saam met sy Springbokspan die Webb Ellis-trofee in Japan omhoog gehou het – sal voortaan sy provinsiale rugby saam met die KwaZulu-Natalse span in Durban speel.

Maar Lukhanyo Am sal egter steeds die span op die veld aanvoer. Dr. Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof, het die nuus bevestig.

“Die rede hiervoor is omdat ons ’n omgewing vir Siya wil skep waarin hy kan floreer. Lukhanyo doen tans uitstekende werk en ons wil vir eers nie ekstra druk op Siya se skouers plaas nie,” het Coetzee gesê.

Kolisi en die Westelike Provinsie se rugbypaadjies het vroeër vandeesweek ná meer as tien jaar geskei en hy het ’n kontrak met die Haaie onderteken.

“Dit is ’n ongelooflike dag vir Haai-rugby. Hy maak ’n regmerkie langs elke boksie waarvoor ons rugby staan. Hy is ’n wonderlike mens, die beste kaptein – iets wat hy bewys het toe hy ons land na Wêreldbeker-glorie gelei het – en ’n uitstekende speler.”

Op sy beurt is Kolisi tevrede met die feit dat hy nie die kaptein van die span is nie.

“Ek word nie soggens wakker en dink ek wil kaptein wees nie; inteendeel, ek is net mal daaroor om rugby te speel. Dit is die heel belangrikste vir my en daarom wil ek ’n Springbok wees,” het Kolisi gesê.

Siya Kolisi word deur sy spanmaats gelukgewens na sy drie teen die Hane op Kingspark in Durban op 17 Junie 2017. Foto: GB Jordaan

Hy het bygevoeg dat hy sy beste vir sy nuwe span sal gee, maar hy was eerlik om te erken dat sy spelpeil oor die afgelope ruk nie na wense was nie.

“Ek glo dat ek een van daardie spelers is wat vyf wedstryde agtereenvolgens moet speel, veral in die begin van die seisoen.”

Beserings en die wêreldwye Covid-19-pandemie het egter ’n stokkie daarvoor gesteek.

“Ek weet dat ek hard moet werk en vir my plek in die span moet veg. Niks gaan op ’n silwer skinkbord vir my gegee word nie. Ek moet ’n goeie voorseisoen hê en wanneer ek gereed is, sal ek ’n kans kry om te speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

MakersMark ·

Oor drie jaar is die sharks se rugby teen die planke soos die province nou is.

Anti-Verkramp ·

Hoe is WP se rugby op die planke? Selfs op ons vrotste speel ons steeds in halfeindstryde boonop het WP die grootste spelersfabriek van kwaliteit spelers in SA. Sonder WP is SA rugby niks. Pasop dat jy nie die gans skiet wat die goue eiers le nie.

MakersMark ·

WP is bankrot, bestuur het aanhoudende binnevevegte, hulle het ‘n goue geleentheid om ‘n internasionale aandelehouer en finansier te bekom laat val soos ‘n WP senter die bal op ‘n nat Nuweland. Nou is daar ‘n groot hofsaak teen hulle. En natuurlik is die vertonings op die veld van middelmatig tot power soos die seisoen gevorder het, maar dan het dit net die vorige kaptein se spelpeil en leierskap gevolg. So, in vergelyking met die WP van 6 jaar terug is hulle teen die planke. Blou Bulle was net so power twee jaar terug, maar sommer baie vinnig kry hul ‘n nuwe afrigter, skop die dooie hout uit, kry ervare spelers in, meng in ‘n paar opwindende jong spelers, maak seker die administratiewe en finansieele bestuur is goed, en kawoepa twee bekers…….

Michael ·

Kolisi het beslis nie die span na wereldbeker gelei nie-die meerderheid van ons weet en kon sien op die veld wie die eintlike kaptein was. Hy is uit en uit ‘n politieke keuse. Dit was briljant van Rassie om hom kaptein te maak en so die kommunistiese regime van sy rug af te kry-hulle het boots en all daarvoor geval. Rassie sal dit egter nooit in die openbaar erken nie en Kolisi weet dit ook

Die Wolf ·

Vraag, Hoekom het hy nog geen aanbiedinge van die buiteland gekry nie? Laat n mens dink?

Anti-Verkramp ·

As jy meer belese is, sal jy wel weet dat hy al aanbiedinge uit die buiteland gekry het wat hy van die hand gewys het. Bietjie meer lees en minder twak praat.

MakersMark ·

Die oorsese aanbieding was nie naby wat ander (beter) saffas kry nie. Maar met rocn se sponsorship by die haaie is daar nou geld om te koop. As ‘n man “nederig” in die pers verklaar hy het self die om en by 1 miljoen zar betaal om die provinsie te kry om hom te laat gaan kan jy maar weet daar is ‘n addisionele 5 m wat wag by die haaie te danke aan Jay-z. Dis hoekom hy in SA bly. As hy geoffer is wat Faf, pollard, koch en Etsebeth oorsee kry was die tassies lankal gepak.

MakersMark ·

Ha ha daar gaat ou trokkie ook Northampton saints toe. Hy het ‘n groter offer gekry as die kaptein…….province gaan planke toe.

MakersMark ·

Stem saam. Middelmatige speler, swak leier. Bok leiers in die wereldbeker was Pollard en Vermeulen. Die kaptein was daar vir liedjies in die tonnel en om die bankie warm te hou na 55 minute. En natuurlik om na die wereldbeker homself te verander in ‘n media superstar in plaas van om sy span te lei na ‘n currie beker titel. Nou het hy sy reputasie as ‘n stormers “familieman” nog erger laat ly deur na die Sharks te migreer after JZ se kniebuiger organisasie aan.

Anti-Verkramp ·

Jy’s ‘n grap, wanneer het hy homself verander in ‘n media superstar? Deur dit te se van ‘n speler wat waarskynlik een van die nederigste spelers in die land is, is regtig laag. Daar IS spelers in die nulle span wat die knie sal buig (ek het ‘n vermoede dat selfs jou hero Vermeulen ook sal). Weet nie hoekom jy net sekere provinsies uitsonder in die verband nie, maak nie sin nie.

MakersMark ·

Die enigste grap hier is die province se spel en die enigste nul in die trofeekas op nuweland (ook nie vir lank meer daar nie).

Anti-Verkramp ·

Verloor die argument nou spring jy rond soos ‘n dronk muskiet. LOL. WP verskuif na ‘n wereldgehalte stadion, kyk in watter backwater speel julle.

MakersMark ·

Watter argument verloor?

1). WP kaptein vertrek na saaks.
2). WP power vertoning deur die jaar, verloor 2 keer teen die Bulle ten spyte van al hul bokke en springbok “token” kaptein.
3). WP unie bankrot en sukkel om finansieele sekerheid te bekom.
4). WP se trofee boksie leeg……

Die is als feite so watter argument het ek verloor ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.