Amerika kies vier met SA bande vir ARK

Amerika het vier spelers met Suid-Afrikaanse bande in sy span vir die komende Amerikas-rugbykampioenskap (ARK) ingesluit.

Gary Gold, ʼn gewese hulpafrigter van die Springbokke, is die span se nuwe afrigter in die plek van John Mitchell, wat nou by die Bulls betrokke is.

ʼn Nuwe naam op die spanlys is die skrumskakel Ruben de Haas, wat die afgelope paar jaar in die Amerikaanse junior spanne uitblink.

Sy pa, Pieter, en oupa, Gerard, het albei Curriebekerrugby in Suid-Afrika gespeel.

Shaun Davies (skrumskakel) het Amerika reeds 12 keer verteenwordig, en Hanco Germishuys (losvoorspeler) twee keer.

Davies is in Durban gebore en het aan Westville Boys High gematrikuleer; Germishuys het Griekwas by die o.13-Cravenweek verteenwoordig.

Die Australiese haker James Hilterbrand, wat al in 13 toetse gespeel het, was ʼn wyle aan die Kings verbonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.