Amper klop Springbok Franse klub op sy eentjie

ʼn Springbok het Sondag amper daarin geslaag om die klub Toulon op sy eentjie in die Franse Top14-reeks te klop.

Vir die grootste deel van 77 minute het Morné Steyn daarin geslaag om Stade Français aan die voorpunt te hou – toe druk Toulon die wendrie.

Steyn het al 15 Stade se punte met vier strafdoele en ʼn skepdoel op die telbord geplaas.

Rory Kockott, ʼn Franse toetsspeler wat Superrugby vir die Sharks en die Lions gespeel het, het drie strafdoele vir Castres teen Lyon behaal, in hul wedstryd wat laasgenoemde met 31-12 gewen het.

Pro D2-liga

Donderdag het die Namibiese toets-agsteman PJ van Lill sy tweede drie in soveel wedstryde vir Bayonne gedruk (voordat hy ʼn geel kaart op die lyf geloop het), en Willie du Plessis het met twee doelskoppe geslaag.

Grenoble het Bayonne egter met 26-21 verslaan.

Du Plessis het Superrugby vir die Cheetahs gespeel.

Montauban het Vrydag met die hulp van twee Suid-Afrikaners met 28-12 met Mont de Marsan klaargespeel.

Pellow van der Westhuizen, ʼn gewese SA o.19- en o.21-haker, wat Curriebkerrugby vir die Luiperds en die Pumas gespeel het, het ʼn drie vir die wenspan gedruk; en Riaan Swanepoel, ʼn gewese Superrugbyspeler van die Sharks, het met ʼn strafdoel geslaag.

Nog ʼn gewese Superrugbyspeler, Jacques-Louis Potgieter, het Sondag ʼn strafdoel vir Perpignan teen Beziers behaal.

Beziers het met 21-8 gewen.

Fédérale 1-liga

In die Franse derde liga het die plaasvervanger-senter Jeff Perkins ʼn drie vir Roval Drôme in sy sege van 46-27 oor Rouen gedruk.

Perkins is een van drie broers wat by geleentheid saam vir die Valke in die reeks om die Curriebeker gespeel het.

Die slot Pierre Greyling het ʼn drie vir Tarbes gedruk in sy nederlaag van 16-23 teen Limoges.

Hy is ʼn produk van die Sharks se akademie, en het die bond op o.19-vlak verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

STOFFEL BRAND ·

Is daar nie ‘n AFRIKAANSE WOORDEBOEK wat vir EPOSSE skryf gebruik kan word nie.
DANKIE.

STOFFEL BRAND ·

Is daar ‘n woordeboek vir eposse skryf se gebruik beskikbaar.
DANKIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.