Arende en Valke sorg vir bulstryd soos min

Voëls ofte nie, die Suidwestelike Distrikte Arende en die Valke het Vrydag in George vir ʼn bulstryd soos min in die finaal van die Curriebeker- Eerste Liga gesorg.

Die tuisspan het op die ou end ʼn opwindende kragmeting met 36-27 gewen (rustyd 15-27). Hy neem die titel by die Griffons oor, wat hy in die halfeindronde met 22-6 uitgeskakel het.

Die Arende het ʼn insinking in die eerste helfte beleef, maar die wedstryd met skitterende voorspel ná rustyd beklink.

Dit was ʼn genadelose botsing – kliphard, met ʼn goeie struktuur, maar met vaardighede en dissipline wat bietjie gelol het. Albei spanne het ʼn drie of twee met hanteerfoute weggegooi.

Die SWD was aanvanklik die Valke voorlangs oor, en het ook puik en aggressief verdedig. Hulle was ná 24 minute met 15-7 voor, toe die Valke kort ná mekaar met goeie hantering en ondersteuning twee langafstandrieë, afgerond deur die linkervleuel Etienne Taljaard, gaan druk het. Dit het die besoekers rustyd verdiend met 27-15 laat voor loop nadat hulle die beheer oorgeneem het.

In dié stadium van die eerste helfte het SWD se verdediging hom in die steek gelaat. Dit het ál na eenrigtingverkeer begin lyk toe rustyd aanbreek.

Ná die blaaskans was die Arende egter eenvoudig onstuitbaar voorlangs ‒ in die skrums, vaste los en met die effektiewe lynstaan-rolmaal waarvandaan hulle hul eerste drie gedruk het.

Die agsteman Wayne Wilschut het drie van die wenspan se vyf drieë gedruk.

Die Valke het deurgaans, ook nie eens altyd onder druk nie, te veel dissiplinefoute gemaak, en ná 65 minute reeds tien strafskoppe afgestaan.

Binne 28 minute ná rustyd het die Arende reeds drie doele bygevoeg om met 36-27 voor te loop.

Die Valke moes heelwat meer duikslae uitvoer, en was doeltreffend in dié opsig, met die Arende se dryfwerk hoofsaaklik die grondslag vir hul gebiedsoorheersing.

Die puntemakers –

SWD 36 (15) – Drieë: Wayne Wilschut (3), Marlo Weich, Wynand Grassmann. Doelskoppe: Divan Nel (4). Strafdoel: Divan Nel.

Valke 27 (24) – Drieë: Anrich Richter, Etienne Taljaard (2). Doelskoppe: Anrich Richter (3). Strafdoele: Anrich Richter (2).

♦ Die Griffons het die SA o. 20-kampioenskap die derde jaar op die ry af gewen toe hulle Vrydag in Middelburg die Pumas se o. 20-span in die eindstryd met 53-6 opgefrommel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.