Argentyne wag nou vir Blitsbokke in kwarteindstryd

Die Blitsbokke is goed op dreef in Tokio. Foto: Twitter.

Die Suid-Afrikaanse sewesrugbymasjien is nog nie by die Olimpiese Spele in Tokio gestuit nie. Die Blitsbokke het vanoggend die VSA met 17-12 geklop om as die wenners van Groep C uit die stryd te tree.

Neil Powell se span het die groepfase onoorwonne afgesluit nadat hulle gister met Ierland (33-14) en Kenia (14-5) klaargespeel het. Argentinië wag nou in die kwarteindstryd vir die Suid-Afrikaners.

In die VSA-wedstryd het Selvyn Davids en Stedman Gans vir die punte gesorg, maar die Suid-Afrikaners se verdediging was oudergewoonte weer die groot verskil tussen die twee spanne.

En met Nieu-Seeland en Fidji ook nog in die wedloop om die goue medalje, sal daardie verdediging besonder handig te pas kom.

  • Die kwarteindstryd begin vandag om 11:30 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
  • Ander kwarteindstryde: Nieu-Seeland teen Kanada; VSA teen Groot-Brittanje; Fidji teen Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Uitgeskakel deur ‘n 6-man Argentynse -span. Te lig in die broek, gesukkel met verdediging in al hul wedstryde. Geen medalje nie, kom maar huis toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.