As die Bokke nou verloor, wie se skuld is dit?

Nou kan daar nie meer verskonings wees nie en sal die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, presies weet waartoe die Springbokke in staat is.

Erasmus het, dalk op een of twee uitsonderings na, die beste beskikbare span gekies vir Saterdag se toetswedstryd in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks in Wellington.

Die span toon drie veranderinge en ʼn posisionele skuif aan die een wat verlede Saterdag met 23-18 deur die Wallabies in Brisbane geklop is.

Die beseerde vleuel Makazole Mapimpi (hy word deur Jesse Kriel vervang), Lukhanyo Am wat Kriel op buitesenter vervang, Handré Pollard wat in Elton Jantjies se plek op losskakel speel en Malcolm Marx wat die haker Bongi Mbonambi vervang, is die veranderinge aan die opdrafspan.

Die All Blacks het ook hul beste beskikbare span gekies. Dit sluit tien veranderinge en nog vyf op die plaasvangersbank in vergeleke met die span wat die Argentynse Poemas verlede naweek met 46-24 in Nelson geklop het.

Al die All Blacks se ysters is terug en benewens Brodie Retallick (skouerbesering) en Sonny Bill Williams, wat die afgelope paar dae met mangelontsteking gesukkel het, is dit die keur van Nieu-Seelandse rugby.

Terug by die Bokke: Die skuld kan nie op transformasie geplaas word nie, want Aphiwe Dyantyi, Siya Kolisi en ook Am sal deur baie ondersteuners ook in hul spanne gekies word.

Die skuld kan ook nie meer op ʼn gebrek aan ervaring geplaas word nie, want die span het saam in 426 toetswedstryde gespeel (171 agterlangs en 255 voor) en die plaasvervangers spog met 235 wedstryde.

Daar is ook vyf spelers van die Stormers (Westelike Provinsie) in die pak, wat veronderstel is om goed saam te speel.

Die groep is sedert Junie nou al byna drie maande saam en Erasmus-hulle het meer as genoeg tyd gehad om hul planne agtermekaar te kry, proefnemings te doen en die koring van die kaf te skei.

Dit sal onrealisties wees om te verwag dat die Bokke die All Blacks kan klop. Daarvoor het die Nieu-Seelanders te veel brein- en spierkrag en ook die nodige vaardighede, maar hóé die Bokke speel, sal die pad vorentoe aandui.

Die spanne ‒

Suid-Afrika
15 Willie le Roux, 14 Jesse Kriel, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Beast Mtawarira, 18 Wilco Louw, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Ross Cronjé, 22 Elton Jantjies, 23 Cheslin Kolbe.

Nieu-Seeland
15 Jordie Barrett, 14 Ben Smith, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Ryan Crotty, 11 Rieko Ioane, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Sam Cane, 6 Liam Squire, 5 Scott Barrett, 4 Samuel Whitelock, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Karl Tu’inukuafe. Bank: 16 Liam Coltman, 17 Tim Perry, 18 Ofa Tu’ungafasi, 19 Patrick Tuipulotu, 20 Ardie Savea, 21 TJ Perenara, 22 Jack Goodhue, 23 Damian McKenzie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Willem ·

Die skuld kan onteenseglik op die skouers van die president van die land en die minister van sport gepak word. Sport is van laerskoolvlak, reg deur klubvlak tot in die boonste gestoelte benadeel. Die rugbyadministreateurs is ook geraak en hulle kan vergeet om dit reg te ruk. Die hele stelsel is besig om in duie te stort, stelselmatig.

Jacques ·

Stem saam. Maar ek dink net ons bestes is net nie meer goed genoeg om teen die bestes in die wereld te kompiteer nie. Rugby op alle vlakke het net te ver agteruit gegaan. Dit sluit in rugby van laerskool tot provinsiale vlak. Wanneer laas het enige Suid Afrikanse rugbyspan ‘n internasionale toernooi gewen?

Genieve ·

Een drie was gedruk en Jantjies het toe al die ander punte aangeteken wonder hoeveel punte Pollard gaan aanteken. Haal af vir Willie en sit Pollard op sy plek,.. vervang Faff de Klerk met Ross Cronje. Faff en Willie se spel was pateties regtig.

Ben ·

Faf is baie goei speler maar word verkeerd bestuur. Daar is ‘n ding soos die ligaam se energie stoor wat uit vet selle bestaan, Dit neem meer as 7 dae om die energie stoor te herstel na ‘n uitputtende wedstryd asook die klein beserings. Geen speler kan week na week voluit speel nie. Veronderstel jy speel op ‘n Saterdag ‘n harde wedstryd, julle verloor, Woensdag oefen julle dat biesies bewe, Saterdag is jou battery pap. Good luck.

ac ·

Ek stem saam met jou.Daar is die nuweling Embrose wat nou al die bank 3 wedstryde warm sit vir 80 minute lank Rassie dink nie eens aan hom nie ,hulle moet maar sien Saterdag.

Ben ·

Saterdag. Ek dink ons gaan verbetering in spel sien maar ons gaan nie genoeg balbesit he nie.

Danie ·

Daar kort nog baie
Net om 2 te noem: n Kwagga en n Combrink

Loon ·

Nie As nie, wanneer julle Saterdag verloor……kan ons maar die politiek se inmenging blameer….

bloues ·

Pieter dit is miskien di beste beskikbare span met spelers wat daar is.
Bokke het nie n baljagter losvoorspeler nie. Nie een van die senters kan reguit maak nie.
As Pollard reg is kan hy dalk die Bokkies met goeie lynskoppe op die voorvoet kry.
Nee wat met daai span gaan die Bokkies pak kry. Goeie oordentlikke pak slae

zack ·

As ons verloor is die Rassie se skuld. In vandag se koerant se hy duidelik hy bou aan ‘n span wat SA verteenwoordig. Dinge wat in die verlede verkeerd was wil hy regstel. So Rassie dis jou skuld as jy kwotas wil kies ten koste van ‘n sterk span wat op miriete gekies is. My span is die ALL Blacks en ons gaan met jou kwota spannetjie mors. Dis ‘n skande om ‘n kwota span op Nationale vlak te laat deelneem. Maar as jy nie ore het nie moet jy maar voel.

volla ·

Ek wil die skrywer krediet gee dat hy ook nou tot die slotsom gekom het dat die paar gekleurde spelers nie die rede is dat die Bokke verloor nie. Nie een van die gekleurde spelers het die span sover in die steek gelaat nie. Natuurlik is Rassie verantwoordelik, werk so met enige afrigter van ‘n professionele span oral te wereld. Hy sal geweeg word soos enige Bokafrigter voor en na hom, op RESULTATE.

Gustav ·

@volla. So jy dink nie Mbonambi se 7 punte blaps ingooi het die span in die steek gelaat en ń aandeel gehad aan verlede week se verloor nie?

volla ·

Alle spelers maak foute party meer as ander soos Pollard, Willie, Du Preez, noem maar op. Sover ek weet was daar nog heelwat tyd oor toe die insident plaasgevind het so waarskynlik nee, dit het nie invloed gehad op die uitslag nie. Du Preez se flater in beseringstyd teen Wallis het egter.

nico k ·

Stem nie saam met jou nie Gustav. Marx het al baie swak ingooie by lynstane gehad. Dit is sy swakpunt. Dit is ongelukig dat Mbonambi se een swak ingooi ons ‘n drie gekos het. En as ons die afrigter gaan afdank omdat ons in NZ verloor, kan ons maar ophou afrigters aanstel. Ons verloor altyd in NZ die afgelope 28 jaar!!

Gustav ·

Ek het nie Marx met Mbonambi vergelyk nie en ek stem saam dat Marx gereeld nie sy springers vind nie. My argument is dat daardie 7 punte flater die verskil tussen wen en verloor was.

Frans C ·

Weet nie hoe goed dit vir enige speler se moraal is,as jy een week in en
dan die week daarna uit is.Die Argentyne het die Bokke pak gegee,die All Blacks laat skrik omdat hul as ‘n eenheid deur die Super 15 saamgespeel het.
Om ‘n internasionale span in die super 15 toe te laat is nog ‘n voorbeeld van SARU se slim planne,net so slim om te verwag dat ‘n Unie wat uigeskop is nou goed is om sommer twee spanne in die veld te stoot,een oorsee en een plaaslik.

Ons kan nie internasionaal meeding nie want ons Super 15 spanne is nie goed genoeg nie.Waar die All Blacks talle Crusaders en spelers van hul voorste super rugbyspanne kan inspan,lewer die Lions 3 op met een op die bank en kom die res uit spanne wat niks kon uitrig nie
en onder die laaste spanne geëindig het.

Net so’n tong in die kies gedagte,kom ons skryf die huidige Bokspan,netso in vir volgende jaar se Super 15,dalk wen hul dit,wat goed is vir die Argentyne moet mos ook vir Suid Afrika kan werk.

Smirre ·

Help nie daar is debatte oor watter speler van kleur die span teleurstel of nie. Probleem is dit bly ‘n kwota span. Vergelyk vorige wereldbeker wenner spanne ’95 en ’07. Is daar ENIGE kwotas teenwoordig van afrigter tot die reserwe bank? Maak jou eie afleidings. Kwota=onderprestering.

volla ·

Daar was twee kwotas in die 2007 wereldbeker wenspan op die dag. Een van hulle word wyd beskou as die beste Bok-vleuel ooit (definitief meeste driee gedruk). Sover ek kan onthou was AC ook hulpafrigter. So ‘n kwotaspan het inderdaad die 2007 wereldbeker gewen, veels geluk.

Hennie ·

Kom ons wees nou werklik patrioties en wees nie so negatief teenoor die huidige bestel in die land nie, geen speler is mos deesdae kwota nie. Laat ons groot genoeg wees en die blaam plaas waar die hoort … op die AB en die ander spanne teen wie ons nog vorentoe gaan verloor.

Callie ·

Ouens soos volla sal en wil nie verstaan nie. Die eerste kwotas n paar jaar terug het die standaard dadelik laat sak. Dit het ook veroorsaak dat top spelers loop. Die volgendes het weer die standaard laat sak. So het dit aangehou en nou en dan as ons spanne goed doen in n game dan glo die kwota ontkenners sake is reg. Oor die hele spektrum is rugby op n baie laer standaard. Dit is nie net nou se kwotas nie. Onthou die algemene standaard is laer so die wit speler se standaard is ook laer. Gaan kyk net na die aanslae en swak besluitneming. As jy dan nog anders dink, geniet jouself met verloor rugby as jy vir SA ondersteun

Henry ·

Dankie Callie.
Betwyfel dit dat kwota kommintatorre jou uiteensetting onder die knie sal kry, maar daar is heelwat ander piete wat jou wel sal verstaan.

volla ·

Whiteley, Willie, Pollard, ens. laat definitief die standaard sak. Ek lag lekker vir jou as jy vir my se ouens soos Chester Williams, Paulse, Habana, Pietersen, Beast, ens. het die standaard laat sak. Ha,ha.

Willem ·

Ek is geneig om verby die spiere van die manne te kyk en die vaardighede te waardeer. Dit waar die AB en die ander ons ore aansit.

Albert ·

As julle albei wedstryde Saterdag gekyk het sal jy gesien het dat die AB, Pumas sealgemene spel ver bo ons en die Ausies is. Dit is hantering, verdedeging, skop, skrum , lynstaan spel en die belangrikste die besluitneming. Ons kan praat tot ons blou is dit gaan nie help nie ons rugby is besig om n stadige dood te sterf, hoekom die stelsel veroorsaak dit. Gaan kyk klub rugby by die klubs wat nog bestaan dan sal jy sien wat daar gespeel word. Al hoe die gety gestop kan word is bly weg van die stadions af, so sal die borge sien die rugby publiek is nie dom nie.

Ruben ·

Die berig gewer skryf am en kolisi sal in meeste mense se span wees nee wat..nie een hoort daar nie…Bismarck en frans steyn het voor die engelse toer besluit hulle gaan nie deel van die sirkus wees…was die regte besluit deur hulle…

Niklaas ·

Laat ons hoop op Bok verrassing Saterdag. Maar my verstand sê hier is een onoorwinlike AB span en arme Bokke gaan swaar leef. Ek sou Esterhuizen instede van Am laat opdraf het , maar Rassie weet beter en het sy redes. Kwotas gaan nie n rol speel Saterdag. Ons gaan sukkel weens bal vaardighede wat vreeslik vrot geraak het. Kyk maar Saterdag hoeveel foute maak ons , in vergelyking met NZ se span

Trane die rol oor jou Bokkie ·

Die politiek het Springbokrugby lankal gekelder en die skande wat dit oor die glorieryke geskiedenis van Springbokrugby gebring het is ‘n hartseersaak. Voordat daar verdere skandes oor die Springbok gebring word en die legende van Springbokrugby verder veronteer word, rig ek ‘n pleidooi dat die Springbok, in figuurlike terme, die finale doodskoot toegedien word en dat die Springbokkop saam met die foto van Frik Du Preez (waar hy vir Chris Laidlaw van die ALL Blacks in die toets in 1970 in die grond smeer) in die argief “aftree”. Los maar die protea embleem op die trui, dis ‘n embleem wat met die kwota era vereenselwig word

Charles ·

Weet jul wat, ek gee nie meer om. Toe curriebekerreeks nie meer die belangrikste is, het als verander maar daar gelaat . Hoop spelers lees die komentaar want al hoe meer mense gaan nie meer komentaar, nie meer kyk, nie meer omgee…

Conrad ·

Die Argentyne speel met krag en verstand. Lekker om te sien hoe vloeiend hulle spelpatroon is en enige rugbyondersteuner geniet die passie en ook dissipline in hulle spel. Dit is wat by die Bokke ontbreek. Meeste Bokke speel soms briljante rugby. Net soms. Wanneer ons spel vloeiend verloop is dit bloot toevallig. Die Bokke se samespel bestaan eenvoudig níé. Dit is ‘n kenmerk van ons rugby. En almal weet dit.

Smirre ·

@volla: gaan lees tog weer wat ‘n “kwota speler” is. Dit verwys nie noodwendig na spelers van kleur nie, maar na spelers van kleur wat in die span is omdat daar reels is wat dikteer dat daar ‘n sekere hoeveelheid spelers van kleur in die span moet wees. So in 1995 en 2007 se wereld beker wen spanne was daar geen kwota spelers nie omdat daar nie kwota doelwitte was nie. Die spelers van kleur wat daar was is gekies op meriete en nie politiek nie. Hoop jou 75 verstaan dit.

Hennie ·

Uit die perd se bek of Siya die beste kaptein is:

Rassie Erasmus sê, per ‘n berig in Beeld vanoggend, Siya Kolisi verbeter elke week (groei) in sy rol as Springbok-kaptein, maar moet leer uit sy foute.

Hy is tevrede met die weeklikse vordering wat Siya Kolisi as Springbok-kaptein toon, maar ná slegs ses toetse wil hy Siya nog nie die finale stempel as sy Wêreldbeker-kaptein gee nie.

Paul ·

Sê dit nou nie als nie, dit laat ons mos met geen argumente oor nie.

Boet ·

Wag maar en kyk, as bokke verloor gaan daar gesê word daar is te min swart spelers in die span.

volla ·

Wel daar is Saterdag net 4 gekleurde spelers in die opdrafspan. Ons sal beslis vrae moet vrae as daai amper leliewit span verloor.

Paul ·

Volla, ons rugbystelsel is besig om van graad 1 af te disintegreer. Ons is nou al verby die punt om oor kwotas te spekuleer. Kwotas is nou al in ons hele stelsel ingeskryf.

Kareltjie ·

Kom ons sit die probleem van kwotas gou op sy. Die groep spelers word geklasifiseer as profesioneel en speel al meerderheid van hul lewens rugby. Rugby kom gepaard met basiese vaardighede. Vang die bal. beskerm die bal. hou die bal styf vas en moet hom nie laat val nie. Tackel die ander bra en druk n drie. Moet nie die bal op die grond vashou nie. Ens ens. As die bokke nie eers daai basiese goedjies kan reg kry nie dan kan n mens nie net die afrigting blameer of die kwotas nie. Begin die probleem op los by skole rugby. Kry weer trots in die span. Trots kan n mens nie op skuld koop by Clicks nie.

Ben ·

Vir vaardighede is die oplossing skole rugby – met ander woorde die spelers moet van kleins af die vaardighede aanleer. Van die probleme wat ek raag gesien het was 1) Die seuns het begin hokkie speel as gevolg van die politieke inmenging, 2) Die Skole het nie afrigters nie. Ek het gesien hoe onderwyseresse wat geen kennis het van rugby, nog nooit rugby gespeel het nie, die seuntjies met tjol afrig. As jy hulle probeer help. nou ja……. 3) Party ouers koop hulle kinders in die spanne in. Wie se skuld is dit nou? Ek het gesien hoe 0nder 15s ens nie eers ‘n bal kan vang of uitgooi nie. Dit is nie die Springbok Afrigter se werk om hulle hierdie basiese vaardighede te leer nie! Die blaam is SA Rugby, Skole programme en ouers wat will he hulle kinders moet rugby speel maar self ook geen rugby vaardighede besit nie. Miskien moet befondsing gekry word vir Rugby Skool wat basiese vaardighede leer in Vakansie tye of Na skool. Dit moet amptelike instituut wees wat oordentlik befonds word. As die regering sy neus in Rugby wil steek dan moet hy ook bydra. Kwotas spelers in die Springbok Span is ‘n No, No.

Wie se skuld is dit? ·

Dit is die All Blacks se skuld as ons verloor.

Sandy ·

Bo en behalwe al die geldige en minder geldige kommentaar hier gelewer, bly die hartseer waarheid as volg – vir baie sportliefhebbers is dit nie moontlik om die wedstryd te sien nie. DSTV is myns insiens onbebekostigbaar en hoe kan jy ondersteuning verwag vir ‘n span wat jy nie kan sien nie. Boonop kan mense dit ook nie eers meer op die SABC se radiosstasies hoor nie, want die uitsaairegte kan nie bekom word nie.Dit is haas onmoontlik om ‘n ware gees van ondersteuning en samehorigheid te skep wanneer die “game” vir baie ontoeganklik is. Derhalwe , as ek dan nou ‘n paar rand moet spandeer om iewers in ‘n restaurant te gaan sit ten einde die wedstryd te sien, dan ondersteun ek ‘n span van ‘n land waar die sport vir almal wat dit graag wil sien en ondersteun moontlik is, sonder om ‘n arm en ‘n been daarvoor op te dok. En boonop het ek jare laas ‘n “slegte” sportnaweek gehad. Die All Blacks doen die spel eer aan en ek gun hulle elke oorwinning van harte !

Bertus ·

Asb haal die eens trotse springbok af van die trui sodat ons die goeie kan onthou. Die springbok embleem word nou erg verneder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.