As WB-bod dié keer slaag, sal dit miljarde vir land beteken

Jurie Roux voor hy Dinsdag SA se bod ingedien het om die Wêreldbeker in 2023 aan te bied (Foto: Getty Images)

Een uit vier, as jy 1995 se Wêreldbekertoernooi in ag neem. Dít is Suid-Afrika se rekord nadat hulle bod vir die 2011-, 2015- en 2019-toernooie aan onderskeidelik Nieu-Seeland, Engeland en Japan toegeken is.

Dinsdag het SA Rugby ook hulle bodvoorlegging vir die toernooi in 2023 ingedien waarvoor die keerdatum 1 Junie is. SA Rugby is baie optimisties dat dit hierdie keer hulle beurt is.

Grant Thornton, ʼn internasionale onderneming met ʼn netwerk van onafhanklike finansiële en konsulterende maatskappye, voorsien R27 miljard se direkte, indirekte en afgeleide ekonomiese impak vir die land waarvan R5,7 miljard na die laer inkomste-huishoudings sal vloei; die skepping van sowat 38 000 tydelike of permanente werkgeleenthede en sowat R1,4 miljard wat as belastingvoordeel na die regering sal vloei.

“Dit is ʼn groot dag vir Suid-Afrikaanse rugby. In November, wanneer besluit word wie die toernooi sal aanbied, hoop ons dit sal die begin wees van ʼn sesjaar-reis na ʼn klimaks in die Nasionale (FNB) Stadion voor 84 373 toeskouers van die grootste en mees skouspelagtige Wêreldbekereindstryd nóg,” het die uitvoerende hoof van SA Rugby, Jurie Roux, gesê.

Roux het die bod, bestaande uit 827 bladsye wat in drie bundels vervat is en 8,2 kg weeg, aan Wêreldrugby in Dublin oorhandig.

Roux wys daarop dat Suid-Afrika, benewens Engeland, die enigste land is wat al wêreldbekertoernooie in rugby, krieket én sokker aangebied het.

“Ons glo ons het die beste tegniese bod ingedien wat ondersteun word deur wêreldklas-stadia en uitstekende oefengeriewe in ʼn ideale klimaat.

“Spelers sal in die ideale omstandighede van ʼn droë en sonnige Suid-Afrikaanse lente kan speel.”

Roux is ook vol vertroue dat die kommersiële model in die bod moeilik geklop sal word. Daar sal  sowat 2,9 miljoen wedstrydkaartjies vir die toernooi beskikbaar sal wees.

Die ander lande wat in die wedloop is om die toernooi aan te bied is twee van die voorste wêreld-rugbykragte, Ierland en Frankryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ig ·

Teen 2023 sal die all blacks teen die All Blacks speel met n dawerende 500 toeskouers.

Johan. H. ·

Ja nooie die wereld hiernatoe,, Maar hulle moet vrywarings dokumente teken, Want hier word jou veiligheid nie gewaarborg nie,,,Jy staan ook n kaans om verkrag te word,, Dis nou te se as jy nie besteel word nie… As uiters gelukkig is tref net een van die goed jou,, En dit is die waarheid…

Johan ·

Opskrif moes anders gewees het…………”As WB bod die keer slaag, sal dit miljoene virJurie beteken” ……….. en die rugby sal steeds n cockup wees

Johann ·

En die naam Springbok, ek dag dit het geen handelswaarde meer nie. Dit sal ‘n skande wees as ons die karkasse op die veld laat draf, hulle is dan nou al klaar geslag. Proteas is die nasionale blom, wie wil ‘n stadion vol veldblomme sien. My roep is ons probeer heeltemal iets nuut. REK hulle, wat van die nasionale vis? Kom ons noem hulle die Galjoene.

Pierrè ·

Stem saam Johann, hulle bedoel seker miljarde rande se uitgawes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.